glenhove (her-)besoek
i.l. de v
grondbesit is wortelskiet van (londense) plataan
:sneltreintonnels is tydgebonde
waar die afstand tussen neweskikkende voeg-
woorde enkelvoudig is
en die vreemdeling
vervreemd
in binnekringe
en sirkelspore aanhoor:
don’t mind the step!
