Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 September 201313 October 2013

Plekgedig 34: Carina Stander. Volmaan, Nature’s Valley

VOLMAAN, NATURE’S VALLEY

 

bo vanaf die bergpas die strand wagtend, gloeiblou;

‘n koue oseaan onder ‘n brandende maan

 

kronkel-kronkel afwaarts soos ‘n boomslang

en dan die dorp: ‘n straatligafwesige habitat

‘n tussengrond

van see en berg en woud – hierdie woud, vroeëre woude

asof jy slaap langs ‘n oeroue maagd

 

nie juis aartsonskuldig nie:

 

‘n bobbejaan het ure gelede die bure se roomys

en hoender uit die vrieskas gedief

en boonop die parfuum gedrink;

toe het kees, met ‘n fyn sin vir simboliek

‘n hengse hap uit Raka gevat

 

byna alles is vergeefbaar in die maanlig

wanneer die vallei vreet en verteer soos ‘n dier

aan jare se vrese, die uur vir uur gedruk van ‘n oor

teen die venster van ‘n stadshuis, tevore

die stip geluister na voetvalle

of skril versplinterende glas

(in die begin is die bosvark op die grasperk

vir ‘n inbreker aangehoor)

 

‘n bosboktrop skemer deur die mistigheid

in die kloof agter die huis bebaarde bome

wat ná agthonderd jaar steeds weier om te sterf

rooi loerievlerke

en tussen takvingers

die sagblou skrotums van slapende ape

 

hoeveel spesies onontdek

hoeveel grysaards wat hulself hier vermink

skiet vergiftig verdrink

asof, as jy net eenmaal migreer,

dit dié plek is om heen te swerf

 

op elke werf verbrokkel ‘n boom

stilweg tot baie bome,

had ‘n ou tuinier vertel

 

vanaand sal die strandmeer

aangevuur deur die maan

weer in vlamme opgaan;

die kind sal tuin toe gaan

vol afwagting

‘n swerm flikkervlieë deur sy arms laat vlieg

kortsluitings in die kleine;

sy ma sal nie sê: ek het jou gesê nie

sy pa glo nie als wat getykaarte voorspel nie

hulle weet dié kusbos is vir insekte en kinders

die duine vir afskeid

sekelrûe van haaie in ‘n sloepie

silwer dolfyne in ‘n boog gestring

 

ook aan die ander kant van die aarde sing walvisbulle

in agt oktawe

 

dit is byna volmaan in die kusdorp – die uur van vermeerdering

in die straat, ‘n reënwind

in die huis, hunkering

in die liggaam, saad

 

op só ‘n aand neem sy jou in

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

9e gedagtes oor “Plekgedig 34: Carina Stander. Volmaan, Nature’s Valley”

  1. Nini Bennett says:
    16 October 2013 at 11:02

    Baie geluk, Carina!

    Reply
  2. Carina Stander says:
    15 October 2013 at 09:24

    Dankie, Trienke! En moenie die slapende ape wakker maak nie:).

    Reply
  3. Carina Stander says:
    14 October 2013 at 20:49

    Baie dankie, Johann!

    Reply
  4. Johann de Lange says:
    14 October 2013 at 19:46

    Geluk Carina.

    Reply
  5. Trienke Laurie says:
    14 October 2013 at 12:35

    Ek het gehou van ‘die sagblou skrotums van slapende ape.” Vol atmosfeer. Geluk!

    Reply
  6. Carina Stander says:
    14 October 2013 at 11:52

    Susan, dis vriendelik van jou, dankie!

    Reply
  7. Susan Smith says:
    14 October 2013 at 07:53

    Baie geluk, Carina! Jou gedig is meesleurend en gevoelvol. Welgedaan!

    Reply
  8. René Bohnen says:
    13 October 2013 at 23:31

    Treffergedig, baie geluk Carina 🙂

    Reply
  9. Niek says:
    24 September 2013 at 20:01

    So mooi en aards.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d