Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 September 201313 October 2013

Plekgedig 38: Jeanne Fourie. op Randfontein

op Randfontein

 

nog vis nog vlees

nog stad nog dorp

nog platteland nog plot nog plaas

nog informal watsenaam

 

as die rooidag breek

is meeste al op pad

of taxi of trein of voete

na josi

of tonnels

 

en vanaand

vanaand as die vaak al diep in die lyf is

kies die kar se ligte

die afdraaipaadjie na die huis

 

so is dit

op hierdie slaapdorp

van ons

 

waar die aarde skud

en waar die witsand waai en waar die fonteine

suur uitsyfer

waar crime lê en loer

en loer

saans  (of bedags) kry jy hul in jou huis

of as jy gelukkig is

‘n leë stofkol sonder tv

 

met ‘n mall en al

word daar naweke

getwis en opgemaak

ons hier en hulle daar

en soms deurmekaar

 

nog vis nog vlees

tussen mynhope en graansilos

tussen vashou en laat los

 

waar die grond

omgedolwe

skagte gegrawe word

en tonnels

oopgebreek word

miertonnels

tonnels tonnel ons

tot

die aarde waaruit voedsel moet kom

oopgebreek

uitgedolwe

vol gate gelos is

 

met sy hande

breek die mens

rotse

keer die dieptes van die aarde om

grawe gange

agter klaterskatte aan

ertse vol leë drome

 

stop waterare toe

los alles vol gate

sandhope

met ‘n handvol niks

 

goud in die grond

geen brood op die tafel

goud in die dorp

geen hartlikheid

kry nie reg om tonnels

na mekaar te bou

hoofstraat aangelapte

besighede

goud in die land

geen vrede

oorlog op oorlog

jaar na jaar

goud in die beursie

goud in die bank

(van Engeland)

mense kom bedel ses koppies sop

by die kerk

 

Randfontein is wit en goudbruin en kwarrierooi

stofwit

goud

vuilgoud

rooi

bloedgestorte rooi

maar randfontein

is mooi

kindermooi mensemooi

ons kuier

en bou aan drome en mynhope

 

nola en delmas en aranda

grondboontjie en mayonnaise

komberse en pellets

baie baie karre secondhand

 

mere en gifwaters

fonteine wat doodborrel

nog rand

nog geld

 

Randfontein

amper iets

amper niks

 

gatsrand  gate  sinkgate

 

Randfontein

en sy geskiedenis

sing ‘n snaakse deuntjie

 

westergloor  toekomsrus  mohlakeng,

kocksoord  middelvlei  finsbury  brandvlei

 

zenzele  jabulani  badirele  orthambo

 

helikonpark culemborgpark  west porges

robinson lake  riebeeckmeer  greenhills  homelake

 

loumarina  elandsfontein  randgate  boothaplotte,

connie mulder sirjb robinson siralbert robinson dick cooke

 

geen elande geen fontein geen vlei geen meer meer

 

geen visvang geen pieknieklewe

– klein dogtertjies word hier vermoor

vir ‘n selfoon –

in randfontein meer nie

 

Randfontein

amper  iets

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d