Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 September 201313 October 2013

Plekgedig 48: Ada Serfontein. Valsrivier deur Kroonstad

Valsrivier deur Kroonstad

 

Om en deur oerwater deur drif (van rivier)

ontstaan bestaan verloop lewe ook hier

 

Nie die patriargale piëteit van Sarel Cilliers

nie on-vals eerwaarde water van stroom-op Lindley

nie annale kenbaar vasgepen deur tannie Dot

nie haar landelik-liriese odes aan jou vreugdes

deur haar en Pennie ook vasgevang in water!verf

nie Antjie se onthutsend-roerende rooigras-godsdiens

nie haar neither nugter nor verleë rioolplaas-rede

nie Max se paradoksale ontnugterde optimisme nie

kon deesdae se drifsels mensedrek à la Esegiël

van jou weer

 

Nie meer baljaar damgangers in bote en op ski’s

nie meer kampeer san en jan wieseman elke jaareind

in Kroonpark en vaar europees-idillies op ‘n rivierboot

(how green was my valley)

nie meer was armes witdorp-verby wasgoed in jou

kan beeste stroom-af op jou walle wei en suip nie.

Dis steeds uitheemse wilgers wat lentegroen stoot

weerskant kuile want dis vir twee jaar al so droog

en die waters wat verby is? Deur onverstoorbare onvermoë

verlore verloop om rou riool weg te spoel

tot volgende keer

 

So wat’s anders in ons landers? Die aarde vol bevuil

vervals die mens juis die w/Water wat hom lewe gee

word water en werpsel na gelang van sofistikasie bestuur

(wel is leweloos-onvrugbare water van Jerigo

deur dubbelgesalfde Elisa met sout geheilig ) –

elkedagse drinkers uit die valsrivier voel aan:

daar’s ‘n roering in die water, die Gesalfde is aan kom

sy Elias en Elisas solank die sout-ontsmetting

ook soos Petrus gesif tot goeie saad en deur gebed bewaar

gesaai om te sterf aan self sodat die oes kan kom

en dan kom Hy weer

 

die Rivier van waarheid en lewe

kom besit sy kroon-stad

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d