Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 September 201320 July 2024

René Bohnen. ʼn Gehekelde kruispad

Vandag net  ʼn kort blog oor iets wat ek gister gesien het – en ek weet nie wat dit beteken nie.

 My kopie van Adonis se “Selected poems” het Vrydag in die pos gearriveer. Suiwer vreugde (dankie vir daardie blog van jou, Louis). Saterdagaand kry ek kans om rond en bont daarin te lees, net eers vir die proe, voordat ek die bundel chronologies sal lees.

Sondag, 29 September, gaan ek na die FNB Art Fair in Sandton. Daar was taamlik baie mense, veral waar die nuutste kontroversiële skildery van Ayanda Mabulu hang. Dit is mos eers verwyder,as synde moontlike steen des aanstoots vir ʼn staatsdepartement. Toe haal die kernkunstenaar van die fees, David Goldblatt, sy werke van die mure af in protes. Teen die tyd dat ek daar kom, is die Mabulu skildery én die Goldblatt werke terug op hulle plek – en almal neem foto’s van die Mabulu werk. Een ma verduidelik lank vir haar agtjarige dogtertjie wat in die skildery aangaan – ʼn riem onder die hart, dink ek, want hoe jonger ons teen belaglike sensuur kan redeneer, hoe beter.

Doelloos drentel ons van uitstalling na uitstalling; planloos, sommer soos die lus ons lei. Boekies en pamflette word orals uitgedeel, vorige uitgawes van heerlike kunstydskrifte is te koop teen R20 per eksemplaar. Later by die huis sal ek al die kunstenaarsverklarings en verduidelikings gaan lees.

Willem Boshoff se gedetailleerde werk vang die oog, ek hou van die klein kubusse met letters en kolletjies.

Willem Boshoff (detail)

 En skielik staan die gedaante daar, soos ʼn verskynsel uit ʼn ander dimensie. Hy – is dit ʼn hy? – sê niks, reageer ook  nie op vrae nie. Sy hele lyf is bedek deur ʼn helderkleurige, gehekelde kleed. Iets wat vir my in my huidige Adonis- frame of mind oombliklik na ʼn burka lyk. Hy sien dat ek hom afneem en draai na my toe, wag dat ek die foto kry. Ek beduie “baie dankie”, wil hom gaan vra of die stelling wat hier gemaak word dallk die ene is wat ek in my kop formuleer. Maar soos blits verdwyn hy agter ‘n gordyn en toe ʼn deur in. Weg. Geluidloos, net weg. En vir die res van die middag het ek gekyk en gesoek, maar hy het nooit weer te voorskyn gekom nie. Ek kan ook niks te lese kry in enige van die pamflette by my nie.

Die burka wat my boei

Diep getref deur iets wat ek nie verstaan nie, het ek die hele nag gedink aan burka’s wat lyk soos tradisionele Afrikaanse gehekelde komberse van my ouma. En aan Josef se helder kleed, die prentjie wat ek my as kind daarvan verbeel het. Maar bowenal het ek gewonder en wonder ek nog steeds hoe woorde en beelde mekaar ontmoet op innerlike horisonne. Ek ken die Koran nie goed nie, maar ek weet daar staan : “The ink of the scholar is more sacred than the blood of the martyr”. En Adonis se gedig huiwer in die gemoed, soos ʼn stil skim in ʼn andersins malende kunssaal:

THE BEGINNINGS OF POETRY

 

The best thing one can be is a horizon

               And the others?              Some will think you are the call

                             others will think you are its echo.

The best thing one can be is an alibi

               for light and darkness

where the last words are your first.

And the others?                Some will see you as the foam of creation

                               others will think you the creator.

The best thing one can be is a target –

                             a crossroad

                              between silence and words.

(Adonis.  Selected poems 2010)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Louis Esterhuizen. Twee digters onder gunstelinge vir Nobelprys vir Letterkunde
René Bohnen. Nat bome →

8e gedagtes oor “René Bohnen. ʼn Gehekelde kruispad”

  1. René Bohnen says:
    26 October 2013 at 15:26

    Aaaa, ‘n klein “clue” gekry: “Barend de Wet was the first artist to be censored at the JAF, when he knitted in the buff at the Blank Projects stand a number of years ago. Artlogic stopped his performance. Presumably in reference to that event and his protest against what had occurred with Mabulu, the artist floated through the fair underneath a garish striped knitted blanket-cum garment – a signature of his work. No one tried to lift it to see if De Wet was in fact concealed beneath and possibly naked, yet it was quietly subversive.” volgens ene corrigall se blogspot.

    Reply
  2. René Bohnen says:
    2 October 2013 at 20:13

    Dankie, Maria – jy verstaan die misterie van die verskynsel heeltemal reg! Dis veral die allure van die “absolute ander” wat momenteel die “ek” aktiveer, ja in daardie wonderlike Stockenstroom-beeld, wat so ‘n blywende indruk maak.

    Reply
  3. Maria says:
    2 October 2013 at 18:55

    ‘n Baie mooi blog! ‘n Lieflike provokatiewe entr(el)acement (Derrida wat speel met Emmanuel Levinas se voor-letters en filosofie) van diskoerse (van die burka tot by “tradisionele Afrikaanse gehekelde komberse van my ouma”), spore van spore van iets wat nooit daar was nie, ‘n sekere absolute ander, ‘n smaak vir die geheim/”secret”/seperasie(van wit lig?)/sekresie – ‘n “skatkis vol splinterheerlikheid” (Stockentström)!

    Reply
  4. René Bohnen says:
    2 October 2013 at 07:55

    Geniet Adonis, Nicolette!

    Reply
  5. Nicolette van der Walt says:
    1 October 2013 at 16:59

    Ek het ook my kopie van Adonis se “Selected Poems” ontvang, Rene. Ek drink sy woorde en joune in. Meesterlik en mistiek…

    Reply
  6. René Bohnen says:
    30 September 2013 at 21:35

    Dankie vir die kommentare, Marie en Lieze – Adonis se woorde en die reënboog-figuur was vir my so ‘n evokatiewe ontmoetingspunt van kuns dat ek nog lank daaroor sal nadink. Ek hou tog my oë oop vir moontlike inligting oor die “boodskap” (al dan nie) van die uitrusting En is Adonis se gedig nie lieflik nie?!

    Reply
  7. Lieze Stassen says:
    30 September 2013 at 20:56

    Ek het nou sommer weer ‘n tweede keer kom lees om seker te maak ek het reg gelees … en reg gesien … die reenboog-burka figuur. Jy verwoord dit so vreeslik mooi hier Rene.

    Reply
  8. Marie Bredenkamp says:
    30 September 2013 at 20:00

    Al wat ek op hierdie oomblik kan sê, is dat jy my ingetrek het in JOU belewenis, maar dat die horison ook op die oomblik vol “burkas” is …en dat “die ink van die geskrewe woord heilig is…”

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d