Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 October 201320 July 2024

René Bohnen. Nat bome

Saterdag het dit hier by ons in die voorstede gehael en gister het dit gereën toe ons die pad vat na Melville. In Johannesburg beteken sulke weer deesdae meermale dat die krag af is. Die dooie verkeersligte dwarsoor die stad was dus ʼn vroeë aanduiding dat warm koffie ons nie eintlik gaan inwag in Sewendestraat nie. Ons was ʼn kleinerige, maar baie waarderende groepie wat opgedaag het vir die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys aan Hennie Nortje. Glase sjerrie en witwyn moes instaan vir die koffie (ons laat ons nie afskrik nie) en die nat straat, sluiers mis oor die jakarandas, die kinders met turkoois sambreeltjies en rooi skoene, die blonde dogtertjie en die reën teen die ruit het vreemd mooi gepas by die omslag van “in die skadu van soveel bome”. Immers was ons hier in ʼn woud van woorde, immers ken ons op die Hoëveld koors- en doringbome.

Henning Pieterse het in gesprek met Hennie Nortje, die debuutdigter se pad verken na pryswennende bundel. Invloede, voorliefdes en ontvlugting het ter sprake gekom (name soos Boerneef en Opperman is genoem) en ʼn hele aantal gedigte is deur beide Henning en Hennie voorgelees. Dit was ʼn rustige, gemaklike gesprek met intelligente verkenning van die dokter-digterskap. Ek het agterna gesels met mense uit die gehoor (een dame van 75-jaar het my verseker dat sy die geleentheid “vir niks sal mis nie”) en almal was dit eens dat die bundel verrykende leesstof is. Welgedaan en nogmaals geluk, Hennie Nortje, dit was lekker om jou te ontmoet en te hoor praat!

Volgende aan die beurt was vier manne wat as digters van die omgewing deel was van die daglange, derde Melville Poetry Festival. Christo (JC, Johannes van Jerusalem) van Staden het bekoor met sy reeks verse oor die sanguiniese element en Charl-Pierre Naudé het splinternuwe verse uit sy pen voorgelees. Die Nuwe Stemme 5-digter, Izak du Plessis  was volgende, met Jo Prins wat ewe beskeie ʼn drietal of so gedigte lees om die sessie af te sluit.

Ons hang nog bietjie rond en maak geselsies, drink nog ʼn wyntjie en dit is net na een toe ek uitstap op die sypaadjie, miskien boekwinkel toe, so tussen sessies deur. En daar gaan al die verkeersligte in Melville aan. Aaa, net betyds vir lekker warm oggendkoffie!

Respyt van die gewone stadsgejaag, hierdie nat Sondag, maar iewers in die week, wanneer die son weer skyn, sal die gedig ons herinner:

Koorsboom

(Acacia xanthophloea)

Eens was jy

akasia van die laagtes

waar trekkers tot die dood toe

die gevreesde koors kon kry.

 

Nou staan jy

as sierboom van die voorstad

en pendel ons morsdoodmoeg

in koorsagtigheid verby.

                            (Hennie Nortje)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hennie Nortjé wen die Ingrid Jonker Prys 2013
René Bohnen. Nuwe boek, nuwe besem, New Coin. →

5e gedagtes oor “René Bohnen. Nat bome”

  1. Marie Bredenkamp says:
    22 October 2013 at 01:28

    Enige iemand wat nie so ‘n geleentheid kan bywoon nie, vind beide troos en blydskap in so ‘n skrywe: dankie Rene!

    Reply
  2. René Bohnen says:
    21 October 2013 at 22:02

    Ag, ek dink jy sal so ‘n Melville fees geniet, Carina! Dit is taamlik organies, ons dryf so van venue tot venue, dis ‘n bontspul van ouderdomme en tale en dis heerlik. Ek geniet die rustige geskakeerdheid in Hennie Nortje se bundel; die skielike wendinge.

    Reply
  3. René Bohnen says:
    21 October 2013 at 22:00

    Dankie, Everline, ek het ook besluit om Boerneef weer te gaan opdiep – sodra ek Hennie Nortje herlees het (en ek is ook nog nie klaar met Adonis nie!)

    Reply
  4. Carina van der Walt says:
    21 October 2013 at 19:10

    Die sfeerbeskrywing van Johannesburg en die poësiefees daar is so goed, René, dat ek hoop om eendag ook deel daarvan te kan wees. Skielik wil-wil die verlang deurslaan. Geluk aan Hennie Nortje met hierdie toekenning. Ek het nog nie die bundel gelees nie, maar “Koorsboom” beïndruk my.

    Reply
  5. Everline van Dyk says:
    21 October 2013 at 09:08

    Dankie vir die inloer by die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys aan Hennie Nortjé en so ‘n klompie verdere mooi indrukke. Melville in die reën. Ek was nog altyd mal oor Boerneef en skielik is hy weer baie op die voorgrond. Bly daaroor. Sal graag Hennie se bundel aanskaf.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d