Wicus Luwes. Jou rewolusie of myne?

‘Jou rewolusie of myne?’, is die vraag wat by baie mense opkom wanneer daar gepraat word oor die ‘struggle’, Bloedrivier of die nuutste hof-aansoek deur vakbond-leiers of ander belange-groepe. Die soeke binne plaaslike en oorsese howe na geregtigheid is nie ‘n nuwe verskynsel nie.

“Since mine own doors refuse to entertain me,

I’ll knock elsewhere, to see if they’ll disdain me”

– William Shakespeare, The Comedy of Errors

Daar is ‘n man wat ongeveer ‘n honderd jaar gelede oorsee is om te baklei vir iets wat van hom af weggeneem is. Hy is Londen, Kanada en Amerika toe om te praat met invloedryke mense en groepe. Hy het verduidelik watter uitwerking die huidige besluite en menings op sy mense en op sy land sou hê. Hy het teruggekom na Suid-Afrika en maniere aanhou soek om sy staanplek in die gemeenskap terug te kry. Hy was nie ‘n voorstaander van geweld nie en was ‘n toegewyde Christen. Hy het tydens sy werk as hof-tolk geleer hoe om woorde en die betekenis van woorde uit die mond van die een persoon oor te dra na die verstand van die ander. Sy naam was Sol Plaatje en hy het onder andere baklei vir stemreg en eiendomsreg wat van hom en sy mense af weggeneem is.

 

Sol Plaatje is ‘n bekende figuur in ‘n post-1994 era vir beide literêre en politieke redes. Sy naam is gekoppel aan die Sol Plaatje EU poësie-prys en prys vir vertaling, ‘n menigte geboue en ook aan ‘n munisipaliteit. Een van die dae sal sy naam ook bo-aan ‘n universiteit in Kimberley pryk. In Kimberley het die stadsvaders dit dus goedgedink om hom te vereer met ‘n standbeeld. Die gees van die dag het egter gemaak dat die skywer met ‘n gebalde vuis voorgestel is. Toe die familie van Plaatje kort ‘n week of twee voor die opening hiervan ingelig is, het hul hulself van die standbeeld gedistansieër. Sol Plaatje was nie ‘n aggressiewe of opruiende persoon nie. Die feit dat hy opgestaan het vir sy mense kan nie ontken word nie, maar sy manier verskil van die hedendaagse prentjie van ‘n rewolusionêre persoon. Die plek waar die standbeeld moes staan, is gevolglik steeds leeg, met net die klip wat daar staan sonder ‘n standbeeld.

[Foto-bron: http://www.sowetanlive.co.za/sowetan/archive/2008/09/25/row-over-anc-hero_s-statue]

Om sy literêre voetspoor na te volg, kan ‘n mens begin by die menigte Tswana-spreuke wat hy help vertaal het uit Tswana na Engels:

1. Eating without sharing is like swearing with your mouth.

2. Eyes can see widely: They can cross a river in full flood.

3. Famine hides under the granary.

4. He who offended forgets, but he who suffered from the offense does not.

5. If you are too smart to pay the doctor, you had better be too smart to get sick.

6. Plenty is like the mist.

7. The cripple is fair in its mother’s eyes.

8. The mother is she who catches the knife by the blade.

9. The quick one may not win; the enduring one will.

10. To give away is to make provision for the future.

 

Plaatje het ook onder andere sy eie boeke, getiteld ‘Mhudi’ en ‘Native Life in South Africa’ geskryf en was redakteur van drie koerante: Koranta ea Becoana (Bechuana Gazette), Tsala ea Becoana (Bechuana Friend) en Tsala ea Batho (The Friend of the People).

Sy boek ‘Native Life in South Africa’ open met die woorde:

“Awaking on Friday morning, June 20, 1913, the South African native found himself, not actually a slave, but a pariah in the land of his birth (21).”

Hy het dus die swaarkry van sy mense aan die wêreld vertolk op die manier wat vir hom sin gemaak het.

Sy rol as tolk (of vertaler) in die hof en in die politieke sfeer was egter nie sy enigste vertaalwerk nie. Hy het ook die Tswana-bevolking voorgestel aan die werke van Shakespeare met die verskyning van Diphosophoso (Comedy of Errors) in 1930 en Dintshontsho tsa bo Juliuse Kesara (Julius Ceaser) in 1937. Een kommentaar skryf dat die vertaling bloot akademies van aard was en dat dit geen noemenswaardige invloed op Tswana as ‘n taal, of die sprekers daarvan, gehad het nie. Dit mag dalk so wees, maar as leier het Plaatje toegang gehad tot ‘n arsenaal wat groter was as die blote oog kon sien met stellings uit Shakespeare se werke:

“Nor stony tower, nor walls of beaten brass,

Nor airless dungeon, nor strong links of iron,

Can be retentive to the strength of spirit;

But life, being weary of these worldly bars,

Never lacks power to dismiss itself.” (1.3.93)

– William Shakespeare, Julius Caesar

Ek dink weer terug aan die toer was ons as gesin iewers tussen 1995 en 1996 deur die Sammy Marx-museum geneem het. Die gids het ons na die klein biblioteek geneem waar daar ‘n boek met die titel ‘The New South Africa’ was. Almal in die groep het gelag, want die boek was in 1910 uitgegee en ons was besig om gewoond te raak aan ons eie ‘New South Africa’.

 

In Kimberley is een van die toerisme-aantreklikhede die spookroete. Dit neem jou na monumente, ou teaters en begraafplase. As die mense ooit sou moeg raak vir die bekende spoke, moet hul miskien een maal ‘n jaar in die aand gaan stilstaan by die klip waar Sol Plaatje se standbeeld moes staan. As hul mooi luister sal hul miskien ‘n figuur op die klip sien staan en ‘n toespraak lewer. Die vuiste in die lug sal miskien minder sigbaar wees as wat moderne rewolusionêres sou wou hê en miskien sal die wind iets soos volg fluister:

“Vriende, Noord-Kapenaars en mede Suid-Afrikaners, luister asb na my:

Die sleg wat mense doen leef steeds nadat hulle reeds gesterf het,

Die goeie, word dikwels saam met hul in ‘n kis begrawe…”

Miskien haal die wind dan Shakespeare aan in elke toer-ganger se eie taal en vertel elkeen dan iets wat hy miskien dalk reeds weet:

“For I have neither wit, nor words, nor worth,

Action, nor utterance, nor the power of speech,

To stir men’s blood: I only speak right on;

I tell you that which you yourselves do know;”

– William Shakespeare, Julius Caesar

Die oeroue vraag is of ons diep binne onsself werklik weet wat reg en verkeerd is.

Uit die hoek van die oog sal party mense die figuur vir ‘n laaste keer gewaar en hoor afsluit met die volgende woorde:

“We came into the world like brother and brother,

And now let’s go hand in hand, not one before another.”

– William Shakespeare, The Comedy of Errors

Miskien skep ons meer spoke as wat ons graag sal wil toegee en miskien is die interessante dat die rewolusies binne ons en buite ons nooit regtig verby is nie. Die stadsvaders het ‘n volgende standbeeld van Sol Plaatje gemaak en hierdie keer was hy sittend agter ‘n lessenaar met ‘n pen in sy hand. Daar is ‘n paar stemme wat opgaan dat dit nie die gees van ‘n rewolusionêre leier verteenwoordig nie. Ek dink tog dat die tweede standbeeld nader is aan die erfenis wat hy die Tswana mense van die Noord-Kaap en aan sy mede Suid-Afrikaners sou wou agterlaat.

[Foto-bron: http://www.sowetanlive.co.za/sowetan/archive/2010/01/12/sol-plaatje-rises-up-from-history]

Ek wonder wat van ‘n Sol Plaatje sou geword het as hy nie die geskrewe woord gehad het nie. Dit het menigte mense se gees al bevry uit die sel waarin hul aangehou is. Matthews Phosa is nog ‘n politikus wat sy lyf al digter gehou het. Phosa se bundel ‘Deur Die Oog Van ‘n Naald’, gee ‘n nuwe dimensie aan die rol van die tolk deurdat die vertolking in een taal plaasvind. Dit is dus die gedagtes wat getolk word en nie verskillende tale nie.

 

Hoe

hoe moet ek praat

wat moet ek sê

hoe kan ek praat

in hierdie vierkantige kamer

dat die wêreld kan hoor

hoe kan ek die waarheid oopvlek

voor mense wat dit so haat

hoe kan ek praat

my saak stel

duidelik vir almal

wat moet ek sê

om ministers en senatore te behaag

moet ek leuens vertel oor myself

hoe kan ek

hoe?

 

Party vrae is moeilik om te antwoord, alhoewel jy die antwoord miskien ken. Aan wie word die vrae in Matthews Phosa se gedig gestel? As daardie vrae vandag deur die leser gevra sou word, wonder ek of die antwoord veel sou verander. Die spreukwoord lui: Die pen is magtiger as die swaard, maar in ‘n hedendaagse konteks en met ‘n bietjie genade, is die pen miskien steeds magtiger as die gebalde vuis. Dit bly miskien jou rewolusie, maar miskien word dit eendag myne.

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Wicus Luwes. Jou rewolusie of myne?”

  1. Wicus :

    Gedig pas ontvang van die Sol Plaatje Museum:
    A TRIBUTE TO SOL T PLAATJE – by JOE A DANIELS

    Our Advocate:

    Thy labours not ended, thy work still undone,
    The Great Master called, and thou had to be gone.
    We knew not the hour;
    nor saw we a sign,
    But find, without warning that we are left all alone.

    Our Shield:

    Thy work here was ceaseless, thy task often hard,
    Few praises, no laudits were ever thy part,
    But, now, we know
    That wherein we failed
    Was to value and appreciate you at the start.

    Our Defender:

    Though the battle still rages, thou has gone to thy rest,
    Our Defender in heaven knows perhaps that’s best,
    But we, we weep
    For our mouthpiece gone
    And the voice and the pen that is now suppressed.

    Come Friends:

    Come! Countrymen – let us stand fast,
    Let us not undo the work of his past,
    Let us not consider
    His ceaseless toil
    And hasten to redeem the time at last.

  2. Renée du Toit :

    Dankie vir jou huldeblyk aan Sol Plaatje

  3. Wicus :

    Met dank aan Mnr Johan Cronje van die Sol Plaatje-museum, sluit ek hierdie hoofstuk af met die gedig van Plaatje se dogter oor haar pa:

    In Memory of Sol T Plaatje
    by VN Plaatje

    The shock was felt by multitudes!
    The blow severe turned hearts to ice!
    For the demise of noble Sol,
    Was a great sacrifice.

    One who for others strived to live;
    His people’s rights his foremost thought
    Discouraged often in his toils,
    Great battles though he fought.

    A lot has he achieved. But Ah!
    A lot has he left incomplete
    It is for those he left behind,
    To further and complete

    His pen he wielded forcibly,
    His weapon always was the Press.
    Speaking from public platforms too.
    The people to address.

    And though his earnings were but scant,
    Strife won for him fame and reward.
    For here was one devoid of wealth,
    but buried like a lord

    Your struggles have been very hard –
    Sleep on and take your well-earned rest!
    Your efforts we appreciate,
    May you be ever blest

    Source: Bantu World – 24 June 1933

  •