Potchefstroom
“Stad van Deskundigheid”
Jy vloei haar binne op hoofpad Mooirivier
Die ryweg kloof die dorp in twee
soos ʼn gesplete pampoen
Een helfte ʼn ryk oranje
Die ander vrot en bruin
In die brawe daglig
staan hoopvol studente
hulle hou handboeke soos gewere
Vuiste in die lig onder ʼn confetti reën
Maar as die son sak
skeur noord-wes weerlig die blou nag flenters
en die kroegligte begin flikkerend lewe kry
met die draai van die lang wyser
word skuifelende voete se tempo stadig haastig
Dan kry die dorp bene en sy kom koer vir jou
Jy vat aan haar been en sy vat jou by die hand
Julle verdwyn in haar stegies
Aardklop in jou are tot ʼn ritme van twee

I liked the images of the
“ryweg kloof die dorp in twee
soos ʼn gesplete pampoen”
and the image with the weerlig wat die blou nag flenters skeur.
Beautifully written.
Die teenstelling van verskeie konsepte laat mens dieper dink oor die alledaagse, want niks is so eenvoudig soos ons geneig is om te dink nie.
Maak my verlang na my studente land- potchefstroom!