Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 October 201313 October 2013

Plekgedig 52: Marie Bredenkamp. Calvinia

Calvinia

 

moenie vrae vra

of eens bespiegel

hóé ver terug kán ‘n kind onthou:

 

want oogpisters in die geut

neffens die koestering

van ‘n oop werf se wildevy

nestel nóg

(warm soos moederliefde)

as ek laatmiddag

verby die boekehuis ry

en pennielegging om die kerk

en tiekie-aande

flits in foto’s onbeperk verby

 

daar is name wat my vasmaak

in bloed en wéét

klipwerf en kotjieskolk

slingerfontein en matjiesvlei

die bloukopkoggelmander

wat my dophou

priem-dreigend van die platterkrans

van anderkant die drif

waar ek voëls moet verskrik

onder die soetpruimboom

se doekkombers

 

keelseer op die puts

en die sagte troos

van skuinskoek en gedrukte vy

die reuk van dassiepis

legendes oor oupa klaas honderd

en groot toren se louws

 

calvinia

is die hantam

met die ruimer vlaktes

die geiler somers

die yler winters

en lentes

wat angste uit jou hart  kom ruk

en ‘n herfsgety

wat jou tong laat woorde maak

 

jy klim steiltes teen rebunie

en hoor hoe ma nog sê

met die vloed

het die sakrivier

soos mofskaap oor die land gekom

 

kambro en botterblom

kaktus en turksvy

die growwe grein

van wingerdblaar

as jy korrel-korrel

steel van die prieel

 

met ál die geure

van melkkos en kaneel

in my geheue vasgemaak

bly dit die plek

van lewensdrif en aardse rou

 

daar het ek léér sien én hoor

leer bid

soos lammervanger en dassie

soos rodin se denker

op leiklip rondgesit

 

die wydsheid van my wêreld

het ‘n horison sonder soom

dáár het vers en poësie

soos die ewigheid

binne my kom woon

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

17e gedagtes oor “Plekgedig 52: Marie Bredenkamp. Calvinia”

  1. marie bredenkamp says:
    16 October 2013 at 23:02

    Baie dankie Sakkie: hoe nuuskierig word ‘n mens nou om almal algter die name te kon ‘sien’! Groete, M

    Reply
  2. sakkie says:
    16 October 2013 at 17:06

    Puik! Treffend! Dis waar ons groot geword het.

    Reply
  3. Ananda says:
    15 October 2013 at 06:21

    Gedig het my meegevoer en ek het sommer weer klein gevoel.

    Reply
  4. marie bredenkamp says:
    15 October 2013 at 00:58

    Baie dankie aan een en almal vir jul meelewende en positiewe kommentare op my gedig … dis vir my baie lekker om te dink julle kon saam met my die ruimtes van my kontrei ervaar. Baie dankie ook aan Versindaba vir die “boost of confidence”!! En natuurlik aan Cordis Trust wat hierdie geleentheid geskep het – hierdie dag het vandag ‘n eie lingua franca gespreek. Groete, M

    Reply
  5. Uysie Alberts says:
    14 October 2013 at 09:59

    Uitstekend; die vers roep met klank en beeld ‘n skildery van Calvinia en sy streek met vele fasette op… en die heimwee na ‘n grootwordstreek.So mooi!

    Reply
  6. saline robberts says:
    14 October 2013 at 06:41

    Marie….dit is skitterend geskryf…!!!

    Reply
  7. marieta says:
    8 October 2013 at 11:09

    Calvina – nostalgies onthou ek weer vandag “my liewe lekker Hantamwyk”

    Reply
  8. Dudley Cato says:
    8 October 2013 at 06:21

    Pragtige beelde wat selfs geruik en geproe kan word!

    Reply
  9. Judith van Dyk says:
    8 October 2013 at 00:53

    ‘n Lieflike ,beeldende en klankryke vers …met die lees (en herlees,omdat dit sulke pragtige herinneringe oproep)leef ‘n mens jou in elke faset van die lewe en lekkerkry as kind in.Pragtige vers met ‘n treffende slot!

    Reply
  10. Adam says:
    7 October 2013 at 07:06

    Ongelooflik hoe hierdie gedig jou laat voel asof jy self in Calvinia grootgeword het. Mens voel so eie met die gedig. Skitterend gedig!!

    Reply
  11. Ilne Stander says:
    6 October 2013 at 17:16

    Hierdie gedig praat met my deur ryk beelde en emosie..

    Reply
  12. Elize says:
    6 October 2013 at 14:49

    Dis pragtige gedig vir die mooie Karoodorp. Dis waar mense nog plat op die aarde opgte mense is.Die gedig beskryf dit net so opreg. Dink nou sommer aan die Groot Posbus en die Hantamhuis. Dis ook een van die belangrikste sentrums van wolproduksie in Suid-Afrika. ‘N Bedrf waarby ek lank betrokke was as Redakteur. Meer oor die dorp: Daardie sinagoge met sy kenmerkende art-déco-boustyl verwys na die belangrike rol wat Joodse inwoners vroeër in die gebied gespeel het. Dit huisves nou die Calvinia-museum.

    Reply
  13. Monica Muller says:
    5 October 2013 at 08:58

    My kinderjare-herinneringe aan Calvinia speel deur hierdie vers opnuut voor my af. Briljant!

    Reply
  14. Hannelie du Plessis says:
    4 October 2013 at 18:45

    Dit is die soort vers (as ek dit so kan stel) wat ek van hou! Baie beskrywend. Kan myself op daardie plek plaas!

    Reply
  15. Elsabe Otto says:
    4 October 2013 at 18:44

    Calvinia Ongelooflike mooi beskrywende sielsgedig!

    Reply
  16. Irene van Vuuren says:
    4 October 2013 at 17:35

    Hier kan jy Calvinia sien, ruik, hoor, voel en proe. ‘n Baie suksesvolle pleknaamgedig!

    Reply
  17. Madeleine Spies Eilerd says:
    4 October 2013 at 09:47

    Calvinia:’n Gedig so na my hart!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d