Herinnering aan Hanover
my lief
dit reën op Hanover
en die geur van klam kakiebos
swymel deur die nag
soos die grasvars neus van sauvignon blanc
my lief
dit reën vanaand op Hanover
en as ons die druppelspoor
in die droë sand sou volg
vind ons dalk weer ‘n stukkie ewigheid
in hierdie dor karoo
