Louis Esterhuizen. Gedigte van anderkant die stilte

 

Nou ja, kyk. Die Franse het dit nou al omtrent deel van hul volksidentiteit gemaak: die drif om ‘anders’ te wil wees. En dit is veral in hul digkuns waar dié aweregse ingesteldheid hom laat geld … Soos dit nou weer die geval is met Claude Royet-Jornoud, die Franse digter waarop Poetry International Web met hul nuutste uitgawe fokus. Dié innoverende digter word soos volg in die oorsigartikel aangekondig: “One of France’s most important post-1968 poets, Claude Royet-Journoud developed a spare style that explores the implications of the page as a stage for a poetics of immanence […] Michael Palmer once said that ‘Chief inspector Royet-Journoud’s famously elemental drama of the page – the word, the body, the book – is like no other. At the site of a language shorn of metaphor and conventional poetic device arises a multi-dimensional narrative, one not imposed but gradually disclosing itself. The tale resides as much in the silences as in the signs’.”

 

Omslag

Wat absoluut fassinerend is, is egter die megaande artikel “The world is everything that happens”, wat deur John Olson geskryf en deur Keith Waldrop vertaal is. In dié artikel word daar pertinent na Royet-Journoud se tetralogie, Four Elemental Bodies, gekyk (2013: Gallimard Press). “The ability to write a clean line with no shadow or metaphor is a testament to the ineffable grace of the Real, to the unrepresentable. There can be an object so real in a poem that it cannot be anything but itself, and so intensely itself, that the mystery of it leaves one speechless. Such is the work of Claude Royet-Journoud,” skryf Olson in sy inleidende paragraaf. “To the poet acting at once as observer and instrument the scientific standards of physical measurement are only the beginnings of images of poems… The poet, no less than the scientist, works on the assumption that inert and live things and relations hold enough interest to keep him alive as part of nature.”

Maar hoe om dit alles in ‘n taalkonstruksie soos ‘n gedig tuis te bring? Olson haal Royet-Journoud sélf aan. In ‘n onderhoud met Eric Pesty het hy glo soos volg geantwoord: “There is always a play between representation and the unrepresentable. Yes, the unrepresentable. There is always this limit to language. This impossibility of at once being before and behind. One is always in language, one can never extricate oneself, it’s impossible. So, what can one do along this wall, without ever managing to get around it? One is effectively returned to this limit.”

Hierdie ingesteldheid manisfesteer hom dan soos volg in die digkuns, aldus Olson: “The strategies Royet-Journoud employs for dealing with this dilemma are a reversal of the usual poetic devices. He eschews metaphor, assonance and alliteration. He writes in a tone of scrupulous neutrality, effacing the sovereign voice of the author and assuming the aspect of an elusive cicerone or phantasmal counterbalance to the reader’s or listener’s attention. His fragmentary lines have the flatness of surface to be found on a tabletop or sheet of paper.”

Sjoe. Gaan lees gerus die volledige artikel. Daar word veral gekyk na die invloed van Ludwig Wittgenstein en Maurice Merleau-Ponty se invloed op Royet-Journoud se digwerk.

 

Claude Royet-Journoud

By wyse van verdere verleiding, die volgende uitsprake wat deur ander skrywers oor Royet-Journoud se digkuns gemaak is. Met daarna, soos gebruiklik ‘n gedig ter illustrasie. (Die oorspronklike teks – en ook ander gedigte – kan by Poetry International Web gevind word.)

“Words from the far side of silence”
—Edmond Jabès

“Claude Royet-Journoud is one of the most exciting poets of the new generation in France. Combining lyricism and narrative in a highly original way, his work is elegant, controlled and extremely moving.”
—Paul Auster

“To read Claude Royet-Journoud is to experience the elements of the telling itself. Less, for once, is truly more.”
—Michael Palmer

“…The force arcing between the contradictions of body/no body, speaking/the unspeakable, here becomes a driving force, heading toward fragmentation on the one hand and fusion on the other. It is between these two accuracies that the human subject, as voice, must establish itself… Keith Waldrop is the ideal translator for these works because…Waldrop’s own poetry undertakes related and equally intricate questions.”
—Cole Swensen, Poetry Flash

*

A CLEAR SENSE

dazzle
faced with the nature of the crime
a simulacrum depletes the soil

————————————————————————-

Having chosen  the  angle,  photographs  the muscle.
The image comes down.  We’re  outside.  Submitting
and   fallen.   The   voice   holds   the  back   up.  An
irremediable    geographical    confusion.   She    does
not realize how  close to her  this world  is.  She only
knows she treads over a dark viscous terror. A list of
infinitives prolongs the accident.

————————————————————————-

on the floor
alphabet with ancestor

is it a lake
this free-lance eye ?

the body slips in there
from a word to demolish

constrains the beast
to shift about and about

————————————————————————-

the numeral is to the left of the construction
they loom up
in restless movement
for space they have lightness

————————————————————————-

repetition is moving back
from the visible brink

the voice conceals
a state of weightlessness

she cannot interrupt its flight

around this stain
the day of the numeral, of the strangulation
the wrist burns the old way
name poised on the lips
they come together

————————————————————————-

“A language they have not thought in.” A childhood
quenched  in  the  ruckus.  She no longer improvises.
(No offering,  hardly a stir.)  She  situates  the knife-
edge,   unsteadies   the   wound.  The  center  of  the
room a cloth of linen.  He locks in loss, forces child-
hood down and bears the image to its term. Framed
stealthily, the landscape merges with the eye.

————————————————————————-

Like an unappeasable rage. Each blow reinvigorates
him. The fall gauges the distance gone. Fragility  of
a sense “containing  four  simple  bodies.” Without
recognizing  them,  she  takes up with  them  again.
Only  the  numeral  resists.  Sends  her  back to her
mine.

 

© Claude Royet-Journoud (Uit: Theory of Prepositions, 2006: La Presse)

Vertaling deur Keith Waldrop

Bookmark and Share

13 Kommentare op “Louis Esterhuizen. Gedigte van anderkant die stilte”

  1. Buiteblaf Breytenbach :

    Louis, mens doen dit teësinnig… maar af en toe moet mens darem heftig protesteer en sê (dis nie teen jou gerig nie – jy gee op insiggewende wyse die informasie aan), soos Uilspieël sou gedoen het, dat die hierdie bogaande opgeblasenheid oor “the ineffable grace of the Real…” en dergelike, ‘n pot gruwelike onuitspreeklikheid is. Hoe minder ons dit begryp, hierdie sinneloosheid, hoe meer is ons beïndruk en hoe meer wil ons dit laat blyk dat die donkiepraat geheimnisvol vol betekenis is! Moet ons nou so parogiaal die leegheid napraat? Dis mooi gedigte op ‘n goeie outydse manier – en dis nie nodig dat dit so besnert hoef te word nie.

  2. Louis Esterhuizen :

    Inderdaad, Breyten, inderdaad. So dikwels wanneer ek van hierdie opgehemelde oorsese digters raaklees, wonder ek maar net of hulle ooit ‘n uitgewer sou kon vind indien hulle in Afrikaans gedig het. Maar dan onthou ek weer iets wat Charl-Pierre Naudé by geleentheid gesê het: “Wat ons nodig het, is nie soseer meer opwindende digters nie, maar meer opwindende lesers.” En dan wonder ek maar – wat de hel mis ek?! Want dis asof die norm van ‘hoe meer geaffekteerd, hoe beter’ tans wêreldwyd geld. Ag ja, en natuurlik veralgemeen ek nou iets allerverskrikliks en dankie tog daarvoor, nè. 🙂

  3. Desmond :

    Breyten, nee, nou dwing jy mý weer om te protesteer: wat het jy dan nou teen ‘die onaffe grasie van die Riel’?! Daai lakônieke ritme… dis mos doodsbeswerende ek-en-djy-saans daai. Hoe kan jy die Franse nou blameer as hulle verlei word deur ons eksotiese uitvoerprodukte?

  4. Buiteblaf Breytenbach :

    Jammer mense – maar af en toe loop die emmer oor. Dis darem nie NODIG vir plaaslike digters en lesers (natuurlik meer digters as lesers) om alles vir soetsnoek op te eet solank dit maar onverstaanbaar is en herlei kan word na Lacan of ‘n ander Franse charlatan nie. (Rym nogal – die ‘charlatan’ en ‘Lacan’.) Dit wys soms regtig die mate waartoe ons kleindorps is, eindeloos beïndruk deur goed wat ons in feite weet leeg is. Daar is sekerlik baie te geniet aan die heer (byna sê ek laventelmeneer – maar die klakkelose na-lopery is seker nie sy skuld nie) se gedigte. Dis die verpakking wat my omkrap. Bygesê – as mens dan taal as ding wil ervaar – hoekom kyk en vergelyk ons nie met wat die Dadaïste gedoen het, of die oertaal, Orghast, waarby Ted Hughes uitgekom het nie? Is ons dan regtig gedoem om sommer so van naÏef na ‘n kritieklose gekwyl oor lawwigheid te beweeg sonder selfs die lekkerte van sofistikasie en dekadensie?

  5. Desmond :

    Breyten, ek het eintlik saamgestem met jou, en wou eintlik maar net ginnegrap oor die Lacanese pretensie (die Real wattie rêrig is nie)… maar in die proses dink ek nogal my verinheemsing van die begrippe is goed en kan dalk selfs algemene munt word in die Departement Afrikaans by UCT. My verinheemsing van ‘jouissance’, veral, maak ‘n bydrae, juis omdat ek die Self-Ander dialektiek op die voorgrond plaas en boonop daarop aandring om in dit in rasegte Kááps te vertaal.

  6. Buiteblaf Breytenbach :

    Ek het dit so raakgelees, Desmond. Dankie. Mens sou grense kon help versit met hierdie ‘ver-ta-lings’ (saadskietery). “Sans” op Frans dra ook die begrip van ‘sonder’, selfs oordag. Mens sou kon dink aan die vergestalting (die uitbeelding) van ‘n sonderlinge sondeling as Joey Sonder. By geleentheid het ek self lyf probeer gee aan hierdie teleskopering van Jy en Ek; dit het toe Jek geword. Maar dit het gou gebleik dat Jek Ekkejysie sommer so sonder die metafoederasies van agterstevoorskryf maar gou verbleik tot ‘n kommin jerk, die siddering van helder lyne ten spyt. (Jy sal my nou nie glo nie – maar dis alles goed wat ek onthou van laatnag gesprekke lank gelede met N.A. Liebenberg.)

  7. Buiteblaf Breytenbach :

    Mens behoort bly te wees UCT het darem nog ‘n Afferkaanse Departement – al is dit noodgedwonge seker ook maar askieserig-dat-ek-nog hier is. Darem het hulle nie stert tussen die bene geharakierie nie. (In die begenadigde land slaan mens jouself mos sommer met die kierie van skuldsonde dood.) By julle, lyk dit my, word dit al hoe meer ‘n geval van Kôps en Robbers.

  8. Desmond :

    Breyten, ek het toevallig hierdie week in een of ander Afrikaanse koerant (kan nie nou onthou watter een nie, Donderdag s’n of Woensdag s’n…) ‘n berig gelees oor die stand van die Afrikaans-departemente by die verskillende universiteite, en dit lyk vir my dit gaan baie goed by Stellenbosch wat betref voltydse personeel en studentegetalle. Ek vermoed nie hulle is onder druk nie; maar ek kan natuurlik nie namens hulle praat nie.

    Die koerantberig was oor reaksies op die afskaling (of sluiting?) van die Departement Afrikaans en Nimmerlands by UKZN. Mense is reg om te protesteer, maar hulle sien wat by UKZN gebeur te gou as ‘n aanval op Afrikaans spesifiek. UKZN wil ontslae raak van AL die ‘onwinsgewende’ geesteswetenskappe (insluitende die tale, argeologie, filosofie, ens.); dit is inderdaad ‘n full frontal attack op die wese van die universiteit. Dus moet die protes nie net gaan oor die terugeis van ons plekkie aan die universiteit nie, maar oor die terugeis van die universiteit as sodanig.

    Makgoba is interessant: hy beliggaam daardie perfekte simbiose van etniese- en neoliberalistiese ‘transformasie’. Dit is jammer, want die poging om Zoeloe as akademiese taal te bevorder aan daardie universiteit, was aanvanklik ‘n opwindende gedagte. Terloops, Makgoba is ook die voorsiteer van taakspan wat nasionaal na transformasie in die universiteitsektor moet omsien.

  9. Buiteblaf Breytenbach :

    Desmond: Lyk my jy maak kôpsie teen my Transvoëlse uitspraak…?

    Wat die kulturele skisofreen, Makgoba, aangaan: is hy dan nie die graaddief wat onder ‘n swart wolk (by wyse van spreke) weg is by Wits nie? Dat hy voorsiteer vir die nasionale transformasietaakspan is seker ‘n verdere gevoelige pynlikheid vir Jannie G se tokkelosse.

    Maar ons sal ons daaraan troos dat Afrikaans maar net één van die offers is wat oor die Bluff gegooi gaan word. Soos jy sê, dit laat mens amper lekker voel wanneer jy doodgemaak word dat dit nie teen jou persoonlik gerig word as Europese verderflikheid nie.

  10. Desmond :

    Breyten, heilige beeste en noways, ek praat nie van boedel oorgee of troos soek in die hoekie van die afgelegdes nie. Ek dink nie dinge by UKZN is so eenvoudig soos ‘Hulle straf nou weer Afrikaans’ nie, en dus is dit takties belangrik om die groter oorlog te verstaan, eerder as om net die sluiting van ‘n departement in ‘n paar mediavrystellings te ‘betreur’.

    Interessant genoeg, die einste Makgoba het destyds, toe hy begin agiteer het vir die uitbou van Zoeloe as akademiese taal, retories nogal geleun op die akademiese suksesse van Afrikaans. (Want daar was voorspelbaar genoeg baie teenkanting vanuit wit Engelse geledere.)

    In elk geval, daar kom nog baie fights by UKZN. Die hoof van die skool vir geesteswetenskappe is nogal ‘n Me. Potgieter(maar klaarblyklik is sy mak vir Makgoba; hy duld in elk geval glo nie enige kritiek nie).

  11. Susan Smith :

    Desmond en Breyten, ek het pas julle gesprek raakgelees, of altans die deel oor die stand van Afrikaans by die onderskeie universiteite (nie die artikel onder oë gehad nie).

    Net vinnig ter inligting, by die Universiteit van Fort Hare het Afrikaans aan die einde van 2004 gesluit (op die Alice-kampus, maar begin 2005 het ek die voorreg gehad om ‘n nuwe departement tot stand te bring op die Oos-Londenkampus – het begin met ‘n skamele 9 studente en gegroei tot oor die 120 en vanjaar drie voltydse personeellede. Dit moet veral gesien word binne die konteks van ‘n oorwegend Engelse omgewing. Ons doen goed, ons is geliefd in die Afrikaanse gemeenskap en word veral deur ons Xhosasprekende kollegas ondersteun, wat identifiseer met die kwellinge rondom die ‘oorname’ van Engels. En daar is ‘n groot behoefte aan Afrikaanse onderwysers in die omgewing – dit is waar die departement ‘n belangrike rol speel. Ook ‘n groeiende komponent nagraadse studente.

    Aanvanklik was die Departement met versigtigheid gadegeslaan, ek was letterlik per uur aangestel en geen sekerhede oor sluiting al dan nie. Deur harde werk en vasbyt is ons wa deur die drif en word ons nou as een van die “pockets of excellence” by die universiteit gesien.

    Ook betrokke by die Universiteit se taalbeleid, waar Afrikaans binnekort naas ixiXhosa en Engels sy regmatige plek sal inneem as een van die amptelike tale van die universiteit. Ons leef in ‘n omgewing waar daar werklik al ‘n pad gestap is met skouers skuur en mekaar tegemoet kom – daarop is ek baie trots. Sodra die finale handtekeninge op papier is, vertel ek meer! 🙂

  12. Buiteblaf Breytenbach :

    Bravo! En veel sukses van harte toegewens. Dit sou die norm moes wees aan alle universiteite. As hulle/ons maar kon wéét en erken (en daarvolgens optree) dat die saamsnoerende en energie-ontketenende mag van omvorming kom uit die viering en die uitbou van ons diversiteit – nie net aan die ‘universiteit’ nie maar in die groter samelewing (saam-lewing) – natuurlik indien ons die etiek van begrip en verdraagsaamheid toepas, én die realisme van ‘n weerspieëling te wees van die samestelling en daarom die verwagtinge van jou omgewing – wat anders gaan wees in Kwazulu-Natal as in die Kôp.

  13. Ampie Coetzee :

    Die Randse Afrikaanse universiteit het geword die University of Johannesburg. Wits het nie meer ‘n Departement Afrikaans nie. Hier was N P van Wyk Louw, Ernst van Heerden en Ernst Lindenberg hoofde van die Departement.
    As dit nie iets sê oor die stand van Afrikaans op universiteite nie dan moet diegene wat dink Afrikaans groei wéér dink.

    Daar is ook diegene wat begin wonder waarom Breyten so besorg is oor Afrikaans om dit te ‘red’. Miskien omdat hy glo dat die marginalisering van Afrikaans nog altyd as gevolg van die Boere se wandade in die verlede is. Paul Celan het aanhou skryf in Duits binne die wandade van die Duitse Reich: omdat dit sy moedertaal was, en ook omdat hy geglo het dat Duits ‘deur die duisend donkertes van doodmaakwoorde moes breek’.

  •