Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 November 201321 November 2013

Hannalie Taute. Op soek na ‘n dieretuin.

Alles het seker begin by ʼn foto van Koala beertjies in ʼn Australiaanse dieretuin.  ʼn Vriend het dit op ‘facebook’ geplaas en dit het my laat kriewel, want ek is nie n groot aanhanger van dieretuine nie.

Kort daarna, (toevallig?) word ek uitgenooi om aan hierdie uitstalling deel te neem:

Uitnodiging na die uitstalling: ZOO

In die brief van die “Kurators” word Lauren Beukes se boek: Zoo City genoem.  Daar en dan het ek myself voorgeneem om dit te lees, maar o wee, dit was nie beskikbaar in ons kleine biblioteek nie.  Die gawe dames het dit aangevra vanaf ʼn ander biblioteek in die streek.  “Slangrivier” is die biblioteek se naam waar hulle toe n kopie opspoor.

Ek het die boek geniet, en wou dit nie neersit todat ek klaar gelees het nie.

Daarna het ek begin soek na gedigte wat handel oor dieretuine.  In my ‘google’ soektog gooi die rekenaar die naam : SJ Pretorius vir my uit. Op hierdie blad kry ek toe twee gedigte van hom. Die eerste een: “Die Kranksinnige” kon ek onthou.  Ons het dit behandel in matriek.  Dit was en is my gunsteling gedig.  ʼn Voorlesing daarvan is te vinde op Youtube, maar dit word verkeerdelik toegeskryf aan Koos Kombuis.  Die voorlesing is ietwat emosieloos na my smaak, maar nou ja, dit het my laat wonder hoe digters voel as ander hul gedigte voorlees. Die voorleser laat my ook dink aan ʼn leeu met maanhare; en dit bring my tot by die tweede gedig:

Leeu in die dieretuin deur SJ Pretorius

Sy sien die maanhaar op die grou beton,

Sy ore stomp, sy lang stert spitsgekwas,

Geel flikkerende oë in die son,

En wonder of hy soms nie in die gras

Waar Pappie Sondag ry graag sou wou speel:

Hoe wreed om tussen mure ingeperk

Te ly….mens voel asof jy hom moet streel

En argloos vat sy aan die traliewerk.

Toe storm hy met donderende gebrul

En gryp die vinger styf van vrees gekrul

En byt deur senings sonder mededoë

En skeur die vleis en been totdat die bloed

ʼn kabbelende stroom word en ver, soet

Groen vlaktes opdans voor sy droewe oë.

 Terwyl ek hierdie gedig lees kon ek dit nie verhoed om aan die Melissa Bachman sage, wat nou orals die rondte doen op sosiale netwerke, te dink nie. Ai.

Dit bring tot by hierdie volgende gedig en ʼn skets ter voorbereiding vir n nuwe werk:

Kirke se varke deur SJ Pretorius

As ons moet varke wees, laat ons dan deur

En deur vark wees:  gee ons alleen vol trôe

Met hope doppe en op-hitte-sôe

En modder om ons snoete deur te sleur

En slym en slyk genoeg om met plesier

Te rol in elke wellus van die dier

En laat ons als vergeet van die verlede,

Ons huise in die groot wit marmerstede,

Tempels en gode wat ons uit die tyd

Wegroep ver na ʼn grootste ewigheid,

Wis alles uit, die laaste heimweedrange

Wat al ons lus verlam met siek verlange,

Gee ons alleen die liggaam: spier en klier,

Niks as net die genot van nou en hier.

Skets ter voorbereiding vir n nuwe werk.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hannalie Taute. Alweer Alice…
Gedigte (A–L) →

2e gedagtes oor “Hannalie Taute. Op soek na ‘n dieretuin.”

  1. hannalietaute says:
    21 November 2013 at 09:12

    Dankie Maria. Goeie papier = goeie idee! Dankie ook vir die skakel. Ek het gisteraand deur die 496 kommentare op daardie blad gelees. BAIE interessant!

    Reply
  2. Maria says:
    20 November 2013 at 19:01

    ‘n Boeiende blog. Sou aanraai dat jy jou dink/sketswerk op goeie papier doen – die skets is al klaar pragtig!

    Melissa Bachman en haar leeu – die leeu lyk of hy dink oor krank-sinnigheid, ‘n ligte frons: http://www.nydailynews.com/news/national/tv-presenter-slammed-photo-lion-killed-article-1.1519039

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d