Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 October 201316 October 2013

Hannalie Taute. Alweer Alice…

Nie alweer nie,  hoor ek sommige sug.  Hoe dan anders, net soos die ‘Cheshire kat’ bly sy haar verskyning maak?!

uit die cd omslag

“…en wat is skitter

Wat soveel meer is as in skyn?

Want word jy groter raak jy klein

Met soveel vrae

Met bittermin wat rym:

Dis al’s ʼn draaikolk in my brein….”

Uit: Winkellpoppe – Sonja Herlodt

Gister in die posbus vind ek ʼn brief van n goeie vriend met die cd “Reconstructing Alice” van Sonja Heroldt.

Uitstekende tydsberekening, want more eindig die “Alice in Wonderland” kuns-uitstalling by Longstreet Art Lovers 1932 onder leiding van Gordon Froud.  Die uitstalling is ter ere van Alice se 150ste bestaansjaar.  So vir diegene wat nog nie daar was nie, gaan maak gerus ʼn draai, of besoek die gallery se facebook blad hier.

My gunsteling kunswerk is sekerlik hierdie een:

DIANE VICTOR
“At 150 one could ask Alice almost anything”
380 x 270 mm
Etching
Edition of 25

Wat sou jy vir Alice vra?

Sy het al soveel illustreerders, kunstenaars, musikante en ander skrywers geinspireer, maar ek kan nie help om te wonder watter digters het al deurgeloop onder haar invloed? – al wat ek sover kon kry is hier.

Hier volg n stukkie uit

Kervansary

…..I play at Alice in Wonderland: grow larger and smaller

In front of all the travel doors of memory.

There was a time when I drowned in my tears: a tolling bell

Of parting, rejection, the end of a relationship,

Impelled the journey.  The ginger cat’s smile lingers….”

(uit: Visums by Verstek, H&R 2011) vertaal deur Charl JF Cilliers

In verskillende stadiums in my lewe is daar verskillende dele van die boek wat my aangryp.  Tans is dit die hoofstuk waar sy met die hertogin se baba te doen kry:

“Alice in Motherland” borduurwerk op rubber/binneband 2013

“and she began thinking over other children she knew, who might do very well as pigs….p70”

Ek het vir my seuntjie die storie begin lees.  Net jammer die vertaalde kinderboeke is so afgewater; maar na 150 jaar, wat kan mens verwag?

Veels geluk Alice en totsiens Sonja- tot volgende keer

“So trapped here in transition

Stuck in time and space

Should I sell my soul for silver

To try and save my face?

Within the myth and mayhem

Amidst this mindless malice

I’ll stand before the mirror

And I’ll reconstruct

This alice…”

Uit die liedjie Criminal logic – Sonja Heroldt

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Louis Esterhuizen. Wanneer digters spoor vat na die verlede
Hannalie Taute. Op soek na ‘n dieretuin. →

12e gedagtes oor “Hannalie Taute. Alweer Alice…”

  1. Marlise says:
    21 October 2013 at 10:29

    Hannelie, jy gaan sukkel om daardie 35-jaar oue romannetjie in die hande te kry. Ek vermoed dis net (ou) biblioteke wat dit sal aanhou. 🙂

    Reply
  2. hannalietaute says:
    21 October 2013 at 09:54

    Dankie vir die waarskuwing Leon. Ek lees enige iets, selfs koekoes idees van ander, afhangende van hoe dit geskryf is. Die enigste nadeel om in n klein dorpie te bly is dat hulle nie eers een boek wat geskryf is deur Gardner het nie, ook nie “Klipkus”! (Marlise jy het my nou nuuskierig oor hierdie roman)

    Reply
  3. Leon Retief says:
    18 October 2013 at 16:21

    Hannalie dalk net ‘n woordjie van waarskuwing: baie van Gardner se boeke is samestellings van sy Mathematical Games maar ander handel weer oor pseudowetenskaplike begrippe en mense met koekoes idees oor byvoorbeeld VVV’s, die hol aarde en so aan. Ek twyfel of jy my belangstelling in hierdie onderwerpe deel, so maak eers seker waaroor ‘n boek handel voordat jy dit aanskaf. Ek is seker jy sal Annotated Alice verslind en sien uit na ‘n inskrywing van jou hieroor!

    Reply
  4. Marlise says:
    18 October 2013 at 11:03

    Leon ek het destyds in my jeugjare die boek Annotated Alice gelees as navorsing vir my roman Klipkus – want ek het paralelle getrek tussen die Alice-gegewe en my storie(ook met Sappho, die Griekse digteres). Die Annotated Alice was inderdaad vir my ‘n merkwaardige informatiewe boek! Ek moet dit eintlik weer lees..

    Reply
  5. hannalietaute says:
    18 October 2013 at 09:29

    Wonderlik! Baie dankie Leon, ek sal uitkyk vir sy boeke.

    Reply
  6. Leon Retief says:
    18 October 2013 at 03:56

    Dankie vir die skakel na Kiefer se skildery. Ek kan die Annotated Alice baie hoog aanbeveel, sowel as enige boek deur Martin Gardner. Hy het vir AERO sowat 30 jaar die Mathematical Games rubriek in Scientific American hanteer en ek vermoed jy sal meeste van sy boeke interessant vind.
    Hypatia was ‘n geniale mens en beslis een van die grootste figure in die antieke wetenskap.

    Reply
  7. hannalietaute says:
    17 October 2013 at 22:10

    Leon ek het gehoop dat die boek oor Euklidius (ek weet nie of dit die regte Afrikaanse naam is nie) meer biografies is, maar dit wil my voorkom (na nog n ‘google’ sessie) dat dit meer teoreties is en heel moontlik bo my vuurmaak-plek. (Alhoewel dit in die ‘hel’ afspeel.) Ek het lank gelede gelees dat die wiskundige ‘Hypatia” vermoor was met oester skulpe en daarna verbrand was. Later het ek die indrukwekkende kunswerk van Anselm Kiefer getiteld “Hypatia” gesien. (http://www.artgallery.nsw.gov.au/collection/works/324.2005.a-c/)Ek wens ons was meer geleer oor die geskiedenis van Wiskunde, dan sou ek dalk meer belang gestel het op skool. Is wiskunde ook nie n kunsvorm? Om terug te keer na Alice, wat was jou indruk van “Annotated Alice”? Kan jy dit aanbeveel?

    Reply
  8. Leon Retief says:
    17 October 2013 at 19:51

    Hannalie ek het ongelukkig self nie die Annotated Snark gelees nie, hopelik kry ek dit eendag in die hande. Carroll was natuurlik in sy “regte” lewe ‘n wiskundige soos jy sekerlik weet, vandar die boek oor Euklidius (is dit die regte Afrikaanse naam van Euclid?)

    Reply
  9. hannalietaute says:
    17 October 2013 at 15:18

    Ongelukkig nog nie Leon, maar het dit nou ‘ge-google’ en dit is defnitief op my wens-lys vir kersfees! Op die wikipedia blad noem hul ook “The Annotated Snark” wat net so interessant lyk! In die voorwoord van my Alice boek is daar ook n boek “Rhyme and Reason (1883) en dan n ander wat hy onder sy regte naam geskryf het “Euclid and his Modern Rivals” (1878) waarvan ek graag meer sal van wil weet. Nou is dit net om dit in die hande te kry!

    Reply
  10. Leon Retief says:
    17 October 2013 at 13:43

    Hannalie, het jy al Martin Gardner se “The Annotated Alice” gelees?

    Reply
  11. hannalietaute says:
    17 October 2013 at 09:44

    Dankie Wicus! Ek hou baie van die aanhaling! Ek dink die Wit Haas is heeltemal reg. Dalk is hy die “man” met twee horlosies?

    Reply
  12. Wicus says:
    16 October 2013 at 21:52

    Het die skryfsel geniet. Ek het die volgende ‘quote’ vandag op Facebook ontvang (ek dink dit is ‘n teken – ek weet nie waarvan nie, maar nog steeds ‘n teken.):
    “Alice: How long is forever?
    White Rabbit: Sometimes, just one second.”
    – Lewis Carroll

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d