Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 January 201415 January 2014

Louis Esterhuizen. Kwartet vir die einde van die tyd

Gestel dit is die nag van 15 Januarie 1941 in die Stalag VIIIA-gevangeniskamp in die Duitse dorpie Görlitz. In die oopte langs Barak 27 sit ongeveer 400 styf teen mekaar ingedruk. Met in die voorste ry, net so bibberend van die koue soos die geïnterneerdes agter hulle, die Duitse offisiere. Onder hul voete, in die modder en sneeu, lê tientalle van die kaartjies hierbo vertrap. Almal kry koud. Maar hulle is almal teenwoordig, ten spyte van die feit dat hulle uiters moeg is na die dag se harde handearbeid; ten spyte daarvan dat dit oorlog is en hulle uitgeteer van honger en vrees. Hoekom? Want vier van hulle het toestemming gekry om hulle te trakteer op ‘n musiekuitvoering en enigiets is beter as die gebruiklike uitsiglose stiltes in die gebruiklike skuiltes van bed en stank, is dit nie?

Daardie aand het die Franse kompoinis Olivier Messiaen (1908 – 1992) sy magistrale werk Quatuor pour la fin du temps (in Engels bekend as Quartet for the End of Time) met die hulp van drie makkers (tjello, viool en klarinet) met die wêreld gedeel op ou, afgeleefde instrumente. En vandag nog, 73 jaar later, is hierdie musiek van Messiaen sekerlik nog steeds een van die sterkste uitdrukkings van menswees en menswaardigheid.

Olivier Messiaen

In sy boek The Rest is Noise, skryf Alex Ross soos volg oor dié musiek: “The title does not exaggerate the ambitions of the piece. An inscription in the score supplies a catastrophic image from the Book of Revelation: “In homage to the Angel of the Apocalypse, who lifts his hand toward heaven, saying, ‘There shall be time no longer.’ It is, however, the gentlest apocalypse imaginable. The seven trumpets and other signs of doom aren’t roaring sound-masses, as in Berlioz’s Requiem or Mahler’s ‘Resurrection’ Symphony, but fiercely elegant dances, whose rhythms swing along in intricate patterns without ever obeying a regular beat.”

En ‘n paar paragrawe verder verduidelik hy waarom hy spesifiek hierdie musiek bó enige ander uitsonder: “Messiaen’s quiet answer to the ultimate questions of fear and faith stayed with me the longest, not because he was a greater composer than Bach or Beethoven but because his reply came out of an all-too-modern landscape of legislated inhumanity.’

Gaan lees gerus Alex Ross se artikel indien hierdie onderwerp jou interesseer; veral die gedeeltes oor hoe die vier musikante mekaar ontmoet het onderweg na die kamp en die tragiese verloop toe Karl-Albert Brüll, die Duitse offisier wat die hele uitvoering moontlik gemaak het, na die oorlog by Messiaen se deur aankom en laasgenoemde weier om hom te woord te staan … En toe hy hom uiteindelik bedink en probeer het om Brüll op te spoor, moes ontdek dat Brüll onder die wiele van ‘n motor gesterf het.

Kwartet vir die einde van tyd.

Ons totale menswees in die bestek van 8 bewegings, gespeel deur vier instrumente.

Vandag, 73 jaar gelede. In ‘n Duitse konsentrasiekamp.

By wyse van leesprikkel herinner ek jou graag aan Marlies Taljaard se wonderlike bespreking van besonderse gedigte deur Marius Crous; gedigte en bespreking waarin Messiaen dikwels betrek word.

Soos die een hieronder.

*

MESSIAEN

messiaen lig die katedraal

wat debussy laat sink het

soos ‘n hand vol skulpgruis

uit die see

debussy het hom laat wegsink

soos ‘n skatkis in die geelgroen slik

maar messiaen

voor die orrel

katrol hom stadig op

op

op

op

tot op ‘n piek in darien

© Marius Crous (Uit: Vol draadwerk, 2012: Protea Boekhuis)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marlies Taljard: That blessed place wherein the symphonies flow
Wenners van die lykdig-kompetisie! →

3e gedagtes oor “Louis Esterhuizen. Kwartet vir die einde van die tyd”

  1. Desmond says:
    15 January 2014 at 22:36

    Louis, Aimard is ‘n meester, veral wanneer dit kom by 20ste-eeuse musiek. Sy opname van Ligeti se Etudes is een van die beste CD’s wat ek besit. Sy onlangse Beethoven-opnames was vir my minder boeiend; en sy Debussy, alhoewel ‘n interessante korrektief op die oordrewe ‘waterirgheid’ van so baie opnames, het nie heeltemal oortuig nie. Te abstrak; nie visueel genoeg nie. Sy opname van Bach se Die Kunst Der Fuge is egter asemrowend; nog een van my gunstelinge. Maar luister die Ligeti; dit is fenomenaal.

    Reply
  2. Louis Esterhuizen says:
    15 January 2014 at 20:34

    Desmond, ek stem heeltemal saam. Maar so ook sy liedere, sy orrelmusiek, ens. ens. Wat my aangryp omtrent die ontstaan van die kwartet, is die ongelooflike toewyding wat dit moes geverg het om te midde van daardie haglike omstandighede in ‘n konsentrasiekamp musiek van daardie statuur te kon skep. So volledig IN die moment en/of situasie. Paul Celan se gedigte het byvoorbeeld later gekom, so ook ander kunswerke waaraan ‘n mens kan dink. Maar om daar te sit en jou tyd kreatief te verwyl?! Hel, dit wil gedoen wees … Nietemin, myns insiens is die beste opname dié van die groep “Chamber Music Nortwest” op die Delos-etiket. Saam met Messiaen se “Quatuor pour la fin du temps” is daar ook nog Bartok se “Contrasts” om te geniet … En dankie vir die Pierre-Laurent Aimard verwysing; Simfy het dit en ek sit nou hoeka te lekker en luister. Meesterlik, inderdaad.

    Reply
  3. Desmond says:
    15 January 2014 at 18:19

    Hierdie musiek is inderdaad ‘n 20ste-eeuse hoogtepunt. Sy werk vir klavier is ook ongelooflik: Pierre-Laurent Aimard het onlangs ‘n lieflike CD, Hommage a Messiaen, uitgereik, met onder andere ‘n klomp van die Preludes daarop. Gaan vanaand die Kwartet luister: dankie dat jy ons aan die datum herinner het, Louis!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d