Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 January 201416 January 2014

De Waal Venter. Sal 1950 loslaat wat dit inhou?

Sal 1950 loslaat wat dit inhou?

 

Die sypaadjie bewe effens

onder my voete

soos die elektriese trem naderkom

op sy verbryselende staalwiele.

Uit die haarkappersalon

kom die nogal aangename reuk

van vars beesmis,

die reuk van die goed

waarmee hulle hare perm.

 

Ek het ‘n halfkroon

om vir Moeder daardie asbakkie

vir Kersfees te koop,

‘n glasboot

met ‘n blink metaalseil.

 

Ek verstaan dit nie;

1950 is ‘n jaar,

hoe kan dit iets “inhou”?

 

Die trem skuddemannetjie my

na die winkels,

kletterend, laat boodskappers

op hulle fietse wild wegswaai,

knars oor syspore.

 

Twee ousies in voorskote

gesels op die straathoek.

Ek is trots dat ek kan uitmaak

wat op die Vaderland se plakkaat staan:

“WAT HOU 1950 IN?”

 

Swart werkers in verweerde klere

loop op die sypaadjie,

geselsend, een lag in Zoeloe,

hulle word nie in die trem toegelaat nie.

 

Die trem stop reg voor die winkel.

“DADOO dry goods an acessories”.

 

Ek klim ondertoe met die spiraaltrap,

die kennisgewing sê:

“Do not excep … expecro … cate

on the stairs

Moenie spu op die trap nie”

Die een Engelse woord is te moeilik vir my,

maar ek sal al die woorde kan lees

in 1950 wanneer ek in standerd een is.

 

Ek sal selfs dan weet

hoe ‘n jaar iets kan inhou,

ek sal weet wat dit inhou.

 

 

© De Waal Venter / 2014

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. ‘n Huldeblyk aan Tranströmer
De Waal Venter. Pragtige vrou →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d