Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 October 201315 August 2017

De Waal Venter. ‘n Huldeblyk aan Tranströmer

  

As huldeblyk aan Tranströmer (foto hier bo) het ek besluit om onderstaande gedig  (Die oggend in) te skryf so na as moontlik aan sy styl en ervaringswêreld.  Die gedig wat ek geskryf het, bring hulde deur as’t ware die digter se instrumente, sy stylkenmerke, te leen en ‘n gedig daarmee te skryf. Van die kenmerke van Tranströmer se styl is: oorgange tussen lig en donker, lewe en dood, bewussyn en onbewussyn. Dan ook die reis, landskapbeskrywing, onverwagte kombinasies wanneer metafore gebruik word en ingehoue emosie, asook ‘n mate van mistiek en religiositeit.

Hier kan jy ook die twee gedigte in Engelse vertalings lees.

 

I morgon

 

Mörkt i luften, flaggan reser över landskapet

 

 

Die oggend in

 

Donker in die lug, trek die vlag oor die landskap,

voëls word die lug ingehelp deur die rant van die son

die kaalkop dag.

 

Dis nag in die motor, die donker bos buitekant klou ‘n onbekende droefheid teen sy bors.

‘n Waterval van donkerte stort in die fjord af,

maar as dit die water tref, glinster dit.

‘n Vel skil af en onthul dowwe blou lig wat wegspat van die see se staal-oppervlak.

 

Nou brand die vlag, word triomfantelik deur die dag oor dorpe gewaai, dit steek die kruise op die rooi

dakke van kerke aan die brand,

dit brul in die ore van die winkeleienaars wat hulle winkels oopsluit,

vandag gaan hulle nog ‘n deel van hulle lewens verkoop.

 

© De Waal Venter / 2013

 

…

 

Kväll – Morgon

Månens mast har murknat och seglet skrynklas.

 

 

Aand  – oggend

 

Die maan se mas het verrot en die seil is opgefrommel.

Meeue swaai dronk weg oor die water.

Die pier se vierkantige tong is verkool.

Struikgewas verdrink in donkerte.

 

Uit met die trap. Die oggend slaan hou op hou

op die see se grou poort en die son skitter

naby die wêreld. Halfversmoord vroetel die somergode in die warm mis.

 

(Gedig deur Thomas Tranströmer, vert. deur De Waal Venter. “Aand- Oggend” kom uit sy versameling “17 Dikter” ).

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. Dink deur
De Waal Venter. Sal 1950 loslaat wat dit inhou? →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d