Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 May 201431 May 2014

Philip de Vos. Vir later se onthou

Vroeër vandeesweek kry ek ‘n telefoonoproep van Joan Hambidge en sy vra: “Wanneer kan ons weer foto’s neem?”

En dit is toe afgespreek vir Dinsdag by dieselfde restaurant in Kaapstad soos die vorige vier keer sedert 1998.

En op my selfoon kry ek haar SMS-boodskap terug: sien @ twee jh xx

Dié middag was ek al vroeg reeds gereed toe ek weer ‘n SMS ontvang: Vasgebrand by die werk kan ons om drie nm ontmoet.

En om vyf voor drie reeds het ek buite in die tuin van die restaurant gesit – op ‘n koel Kaapstad wintersdag met ‘n paar mense wat die buitelug trotseer.

Om vyf oor drie het Joan ingestap en ons het weer net soos verlede jaar ‘n plek gekry by dieselfde hoektafeltjie naby die balkon met die leë groen botteltjies wat buite hang.

En toe na ‘n rukkie uit die bloute vra sy my: “Wat het jy gedink van Hennie Aucamp?”

En my enigste antwoord: “Ek weet nie hoe om te antwoord nie. In Hennie se teenwoordigheid het ek eintlik ‘n bietjie dom gevoel  en het altyd gedink hy is veels te slim vir my. En dit is miskien die rede waarom ek nie skrywersvriende het nie. Ek is altyd bang hulle gaan my slim vrae vra wat ek nie verstaan nie. Vir Hennie onthou ek daarom eintlik maar net uit die foto’s wat ek oor die jare geneem het.”

En dit is presies waaroor hierdie blog-inskrywing vandag is.

Christopher Isherwood het in sy book Goodbye to Berlin geskryf:

“I am a camera with its shutter open, quite passive, recording, not thinking. Recording the man shaving at the window opposite and the woman in the kimono washing her hair. Some day, all this will have to be developed, carefully printed, fixed.”

En al wat ek persoonlik kan byvoeg: Ek het ‘n kamera en ek druk so nou en dan die knoppie. Niks meer nie,

Hier is dus ‘n paar foto’s wat ek oor die jare van Hennie Aucamp geneem het:

 

 

En op Dinsdagmiddag 27 Mei het ek en Joan by die hoektafeltjie gesit.

En as iemand my eendag vra: “Wat dink jy van Joan Hambidge?” kan ek dalk alleen maar sê:

“Ek het haar ‘n paar keer oor die jare altyd  in dieselfde restaurant ontmoet en so nou en dan ‘n knoppie gedruk. ‘n Nice vrou met ‘n mooi stem, nogal formidabel, maar miskien was sy te slim vir my.”

En toe ons aan die einde van die middag tot siens sê onthou ek dat ek vergeet het om die beloofde kopieë van twee Fellini se rolprente  vir haar saam te bring.

En miskien kan ek dieselfde oor Fellini sê : “Ek verstaan nie eintlik wat aangaan nie, maar ek hou tog daarvan om die beelde op die doek voor my te sien.”

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Philip de Vos. Tyd vir jou om weg te gaan
Gisela Ullyatt. Vir ’n pa. →

4e gedagtes oor “Philip de Vos. Vir later se onthou”

  1. Jacqui says:
    3 June 2014 at 08:16

    Hierdie was vir my baie kosbaar..

    Reply
  2. dicky longhurst says:
    1 June 2014 at 08:53

    FaBliss !!

    Reply
  3. Joan Hambidge says:
    31 May 2014 at 20:28

    Miskien is dit nou die hoogste tyd om weer ‘n boek uit te bring soos jou indertydse Milieu (2006). ‘n Foto – veral geneem deur ‘n goeie fotograaf – vang iets op wat buite woorde beweeg.Hierom ookal ‘n teregstelling genoem (Sontag). Ek en Philip gaan indertyd altyd na dieselfde plek: Café Paradiso om die veranderinge te registreer. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit mos dieselfde …

    Reply
  4. Johann du Plessis says:
    31 May 2014 at 20:14

    oh WOW!
    Dankie!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d