Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 June 2014

Breyten Breytenbach. betekenis en woordbetekenis

betekenis en woordbetekenis

(vir Hector Pietersen, 16 Junie 1976)

 

dat hy sat is van skrywe oor daardie oerte –

van gorillas en gatril en dwerge en fokkin vokale –

om woorde plat oor die blad

te maneuvreer, soos soveel swart betogers

vuis ten hemele op soek na brand hul dooies

begrawe en bly protesteer teen die seer

van lewe om lewe in so ‘n land

 

dat dit hom altyd weer tot opgooi bring –

dié walgbeelde op die aandnuus se skerm

van Botha se troepe boer en pandoer

wat met hond en sambok en huilgas en koeël

die kak uit die kaffers moer, en moor:

môre-oggend se tabel van suffel

gebokveld, en die gekermde gesange van duisende naastes

by aanskoue van die bloed so swart

soos drukkersink

 

brand, brand dié land swart!

‘n duisend woorde maak nie één koeëlgat dig!

 

dat hy geforseer word om weer die tou

boontoe te werp: enigiets om aan die wurg

van die woord te ontkom…

terwyl hy liefs gedigte sou wil maak,

‘n lyn sou wil bind om God se nek,

van bengelende beelde, van dolfyne

wat Saterdagaande te perd gaan vry

in grys gehemp soos silwerige soetwater

koelvloei oor die borste,

dat die doderyk ver agter die ervaringskim lê,

apart, in ‘n gelede vers, ‘n ander verlede

 

want ‘n duisend woorde maak nog geen hond gesond!

brand, brand tog hierdie hand ongeskonde…

 

as die dooie kinders net wil ophou skree vir Afrika…

 

 

(c) Breyten Breytenbach / 09.10.84

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Breyten Breytenbach. Dancing in other words: Die Nabetragting van ‘n Klein Reis
Resensie: vyf-en-veertig skemeraandsange (Breyten Breytenbach) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d