Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 June 20143 August 2014

Lykdig 11: Solet Scheeres. In Zuid-Afrikahuis is u nie dood nie

In Zuid-Afrikahuis is u nie dood nie

Vir Elisabeth Eybers

 

In die tydelike bewaarkamer

van u werkplek

staan ek met ‘n uitgestrekte hand,

dik stilte

stofdeeltjies wat ’n melkweg skitter

in die oggendson,

met die hoop om iets vas te vat

vir myself te kry.

Hier u boekery,

tikmasjien en jas

wat argeloos aan die kapstok hang.

So lyk die dood dus:

asof u weggeglip het om

even naar buiten te gaan,

miskien om ’n warme broodje bij de bakker te haal

dalk om belastingskuld aan Meneer de Laar te betaal.

 

Ek het u nooit ontmoet nie

oermoeder van alles wat ek

van Afrikaanse digkuns af weet.

Ek ken maar net die oorbekende

swart-wit-foto met die

droewige oë en vasberade mond.

In u woorde het ek die

maan sien loskom

Die teerheid van my

slapende kinders aanskou

En later, hier in Nederland,

u gedigte soos ’n skild teen

die verlange bly hou.

Voetjie vir voetjie word mens immigrant

Toevallig uit, toevallig tuis

Gestrand.

 

Stuur seblief u muse vir my aan,

ek dink dit is ‘n redelike versoek,

U sal my maklik kry, hier waar ek nou woon,

want bo ons hoofde was dieselfde ster

en in ons harte dieselfde droom.

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d