Douglas
In memoriam: Ingrid Jonker (1933 – 1965)
Uitgestrekte vlaktes,
dog knus met koppies omring;
‘n vaal pad, hoofaar, wat versoenend sing.
Grysgebrande koppies groet jou,
bakens begelei jou:
die ware pad huis toe.
Van bossieveld tot by die see,
het jy geleidelik vorentoe getree.
Uitlating van dit wat binne-in druis,
skets in woorde jou daagliks kruis.
Met bloeiende hart gereeld getugtig
en met konflik deurdrenk,
is jou papie-tot-skoenlapper-reis
bittersoet gedenk.
Met kompulsiewe gedagtes kon jy nie meer
onuitgesproke emosies daagliks bly keer.
Jou finale reis bring jou na Drieankerbaai;
dalk het jy in die eensame kilte
van jou laaste oomblikke
weer die engele in Douglas hoor sing …
Kom terug, my kind, beskerm teen die bittere kou’
word jy hier in liefde omvou.

Jy sien die storie afspeel. So mooi gestel
Ongelooflik mooi geskryf!! Hou so aan, jys ‘n inspirasie vir ons almal!!!
Pragtig geskryf !