Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 June 20143 August 2014

Lykdig 17: fanie olivier. herdenking

herdenking                      

                   vir jan de bruyn

                          “Toe hy opkyk, sien hy by sy kop

                           roosterkoek wat op warm klippe

                           gebak is, en ‘n kruik water”

                                         l Konings 19:6

 

nog in die wind wat die berg

stukkend ruk die rotse soos albasters strooi

nog in die trilling iewers onder,

die skudding wat amper ongeërg

krabbers laat kantel die vuur laat prut

in die uitgediende pappot van die krater

nog in die orkaan wat aangedonder

kom in soveel leërmagte oor die see

nog in die droogte wat uitgeswerm swart

oor die geskroeide landskap sit,

was God

 

nog in die woede van die afsterf van die vlees

die skelet wat hom op die voorgrond druk

nog in die dapperdwaas hart

se geklop nog in die seer van die sluk,

die geskuifel van die voete, hees

oor grond, oor gras, oor plankvloer en tapyt

 

(nog in die hadida’s se skor gefluister, die mooi

mossies op die dak, die swaeltjies ver en wyd)

 

hoe hulpeloos het jy nog saamgereis

tot hier, die rand van die woestyn.

hoe hopeloos bly hoop, teen elke prys,

tot hier. vir oulaas het jy vasgeklou

en toe, half onverwags, laat los.

 

***

 

dalk wis hy van die besembos

die roosterkoek die koel kruik water

die grot die nag die stilte later

 

dat vyf perde en ‘n wa

van vuur hom sonder iets van pyn

loshand die hemel in sou dra.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d