Lykdig 32: Jerzy Koch. Bybellandse reise

Bybellandse reise

vir Totius

 

I

 

bo die land en sy harde klippe die wind

wat alles skroei

 

is sy asem

 

 

II

 

bo mens, blom en skerpioen die son

wat oor alles waak

 

is sy oog

 

 

III

 

aan hierdie land van klip en rots

aan hierdie God met sy wraak

toorn en liefde behoort jy

 

totus tuus

 

 

IV

 

deur die rits in die hemel

deur die huil van die reën

het die woestynland hierdie jaar

al sy beloftes groen gemaak

 

daar kan nuwe boeke geskryf word

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •