Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 July 20143 August 2014

Lykdig 34: Alet van Heerden. Elegie aan Elisabeth Eybers

Elegie aan Elisabeth Eybers

 

Vanaf jou eerstelingbundel het jy,

jou woorde liggevlerk, harte gesteel,

met borrels van blyheid,  jou hart gedeel,

woorde weer hulle oggendblos laat kry.

Jy het vrouestemme laat ontwaak.

Met die kronkelpad van jou verbeelding,

oomblikke van ongeskonde skoonheid gebring,

oewerlose vrede, wat sieldiep raak.

Jy kon vlug in rym en ritme vaslê,

die littekens van eensaamheid besweer.

eindelik ook onderdak vind en floreer

in woorde, ‘n laaste toevlugsoord, belê.

Kosbaar was ‘n vertroude grootwordtyd –

om te droom was vir jou ‘n gegewe.

Al loer die bedreiger van die lewe,

was daar ‘n vooruitsien na eindigheid.

Selfs met ouderdom, al verslyt die hart

is balans en ewewig steeds herwin –

vreugde, moederskap, ‘n vrou wat bemin.

Temidde van eenlopenheid en smart:

…”het ek geleer om mens, om vrou te wees”

…”een uit die effe menigte” was jy!

Al sou daar begeertes onvervuld bly,

bring jy ons liefste dinge van die gees:

…” En deur die jare het sy self die slot

van die verhaal geword; haar stilte en krag

was skoner as die dinge waarop sy wag…”

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d