Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 July 20144 August 2014

Lykdig 40: Marius Crous. Lykdig vir Wisława Szymborska

 

Lykdig vir Wisława Szymborska (1923-2012)

The dead sit before us comically, as if on buttered bread

 

1.      Laus

mozart van die poësie

beskermgees van die poolse siel

vereerde vrou van krakau

eredoktor van adam mickiewicz

nobelpryswenner goethepryswenner

draer van die orde van die wit arend

u met die tannie-perm die lornjet die ironiese lag om die mond

u wat die biologiese en historiese oorspronge van mense en π

verwoord in u taal met sy vier groepe konsonante, sonorante en sy aksente:

onderwerp koning dood predikaat wring direkte

voorwerp die gordiese knop met sy indirekte voorwerp hande

 

u word gehuldig in hierdie smartlap

 

2.      Luctus

aan die klippe by bnin en krakau

wil ons gaan klop

oor jou moet hulle ook ween:

klippe, skeur oop en laat ons in

 

ons wil soos rubens se titanette

skeur aan ons boklere

en met askruise van plaszow op die voorkop

uitbreek in gedigte

ons hartseer instop

in gemeenplase en geykte frases

die dood maak van almal digtendes

broers en susters in die rym:

gaan jy my stem herken as ons mekaar raakloop in die hiernamaals

gaan jy my hand vashou

die tyd sal leer die tyd sal jou op jou knieë dwing

jou hart breek my hart breek

 

3.      Consolatio

Here lies, old-fashioned as parentheses,

the authoress of verse. Eternal rest

was granted her by earth, although the corpse

had failed to join the avant-garde, of course.

kom lê op ons skouers ‘n troostende hand

beskerm ons teen die yeti

weet dat ons rou

dat selfs jou dood

nie die groen van die gras sal stopsit nie

troos ons

ons voel alleen gelaat soos katte in toegegrendelde woonstelle

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d