Lykdig vir Wisława Szymborska (1923-2012)
The dead sit before us comically, as if on buttered bread
1. Laus
mozart van die poësie
beskermgees van die poolse siel
vereerde vrou van krakau
eredoktor van adam mickiewicz
nobelpryswenner goethepryswenner
draer van die orde van die wit arend
u met die tannie-perm die lornjet die ironiese lag om die mond
u wat die biologiese en historiese oorspronge van mense en π
verwoord in u taal met sy vier groepe konsonante, sonorante en sy aksente:
onderwerp koning dood predikaat wring direkte
voorwerp die gordiese knop met sy indirekte voorwerp hande
u word gehuldig in hierdie smartlap
2. Luctus
aan die klippe by bnin en krakau
wil ons gaan klop
oor jou moet hulle ook ween:
klippe, skeur oop en laat ons in
ons wil soos rubens se titanette
skeur aan ons boklere
en met askruise van plaszow op die voorkop
uitbreek in gedigte
ons hartseer instop
in gemeenplase en geykte frases
die dood maak van almal digtendes
broers en susters in die rym:
gaan jy my stem herken as ons mekaar raakloop in die hiernamaals
gaan jy my hand vashou
die tyd sal leer die tyd sal jou op jou knieë dwing
jou hart breek my hart breek
3. Consolatio
Here lies, old-fashioned as parentheses,
the authoress of verse. Eternal rest
was granted her by earth, although the corpse
had failed to join the avant-garde, of course.
kom lê op ons skouers ‘n troostende hand
beskerm ons teen die yeti
weet dat ons rou
dat selfs jou dood
nie die groen van die gras sal stopsit nie
troos ons
ons voel alleen gelaat soos katte in toegegrendelde woonstelle