Lykdig vir D.J. Opperman
(1914 – 1985)
Diederik Johannes
Opperhoofman
van die veertigervers.
Gebore: 29 September 1914
op ‘n Natalse lentedag
in ‘n rebelliejaar.
Uit klipharde klip
het jy engele
vrygestel om in jou voetspoor
volgverse te vorm en
hulle vlerke ver te sprei
Bundels sekuur saamgestel
en dus skoliere verwonderd
aan poësie blootgestel;
tog moes jy
(soos vele voor en na jou)
hierdie lewe eiendomloos groet.
net jy
het twee maal gesterf
Negester oor Ninevé,
maar nege lewens het
ook jou ontwyk
Om ‘n dubbele keer uit kokonne te kruip
is jou misgun.
Dus het jy ‘n sterfdatum:
22 September 1985
