Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 July 20143 August 2014

Lykdig 53: Anna Johanna. Sylvia P

Sylvia P

Al Digter

 

 

”Sy het haar egste self nooit gewys

  behalwe vir die laaste drie van haar maande nie

  en voor dit één  keer

            kortstondig

  en oppad uit by die deur

  toe sy oor haar skouer drie lyne resiteer.

 

   Wat ek altyd kon voel het pas begin gebeur:

  Die vals personas wat ek vir ses jaar ken,

  die parasiete binne-in wat haar woorde monopoliseer

  verloor beheer

                       

en ‘n digter vind haar stem.

Dit skitter.

 

  Sylvia is ‘n stom mens wat skielik praat.”         

                                                                        Ted Hughes            1                                             

 

(i)

O om uit te stap in die spaanse mediterreen

of ou stad met keisteenplein

waar eeue mosserig nog

uit die klanke van ‘n kloktoring

drup

drup

– om weg te kom van hier:

 

Uit te stap in lug wat nie reeds lam

in haar longe kom lê nie.

Hy kla ook

– hierdie ingehókte bestaan,

vreemd tog

hoe hy haar eie wroegings

so in oormaat reflekteer,

en sy moet skryf

 

haar binne-ore toevou

die woorde van die predatoor binne haar wéghou,

sy is tog goed genoeg,

is sy nie?

 

Dan sal sy – rower! parasiet! –

nie meer klou

aan die wande van potensiaal nie

maar self word.

 

Uiteindelik self word.

 

            (ii)

Swart telefoon waaruit die verraad infekterend drup,

swart woorde waaruit die swart sweervog drup,

die swart druppende sweer deur die telefoondraad

 

–       hoe ontsmet sy die huis?

die tafel met die telefoon?

keer keer

 

God! Hierdie druppende sweer van sy verraad.

 

(iii)

Fitzroy str 23.

Yeats het hier gebly, Yeats! en hyself

het sy boek oopgeslaan by

ek berei

die woning en jy

die noenmaal en die wyn…kyk!

haar nuwe skryfkamer kyk vir die son

en saans kyk sy die maan

vanaf haar balkon – ‘n gedig ‘n dag mami

soggens voor ontbyt!

 

Maar die sneeu nou

die koue en die sneeu

onophoudelik

perk haar in

net soos hy

selfs al is hy weg, net soos hy.

 

Sy kan nie skryf nie,

selfs ‘n vasteland ver is te naby.

Woorde!                                                       2

Byle!                                                                   3

Dit deug nie meer nie ,                                            4

deug nie meer nie, uitgediende swart skoen!                   5

O haar baba met die helder oog!                                         6

                        Sakhorlosie,                                                      7

sy tik so goed

tik so goed,

euforie!

Dansend tollend

al op die rant                                                                             8

al op die rant,

o makker!

 

O minnaar!

O soet depressant!

 

 

1.Verwerking van die 1ste weergawe van sy voorwoord   tot The Journals of Sylvia Plath (1982)

                       

Notas:

Reëls genommer  2 – 8 verwys na haar laaste gedigte.

Die res van die inhoud is ‘n interpretasie en/of verwerking van haar notas soos gepubliseer in The Journals of Sylvia Plath (1982)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d