Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 July 20143 August 2014

Lykdig 54: Marie Bredenkamp. Gedeelde geen

Gedeelde geen:  vir NP van Wyk Louw

 

my voete tree met huiwering

oor die drumpel

waar jóú woorde in eie heiligdom

die stilte

is

die wande van die kluis

waarin alle seisoene

verhef tot liefdespoësie

en luike oopmaak

op wonders van die heelal

met skittering van son- en sterrestelsels

 

jy wat soveel nuanses van kleur

inskryf in wit

jou beelde in klipwerk en graniet

teen die lug laat beur

laat beitel en woordverfyn

tot jan-allemansbesit

en klank in desibel omskryf

dat die rimpeling van water

met klipgooi oor die dorp se dam

tintel deur gehoor én lyf

 

skugter sluit ek aan by naggesprek

oor liefde en vriendskap

oor volk en taal

oor golgota

oor kruis en katoliek

oor verraad en lojaliteit

 

en bedink kritiek en repliek

wonder vreemd hoekom die pluimsaad so ver

en wars sou waai

 

ek hoor die nuus dat jy gesterf het

‘n eerste keer op pad na amsterdam:

veertig jaar later wéét ek

die naelstring is nooit geknip

klein deeltjies van ‘n woordegeen

het uit die lae lande

in ‘n voorouer se are

na die nuwe heimat oorgeglip

 

jý

is die draer van ‘n ouer skeppersgeen

 

jy moes ook skryf

omdat jy móés

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d