Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 July 20144 August 2014

Lykdig 55: Kirby van der Merwe.Klein manifes van ’n reisiger

Klein manifes van ’n reisiger

vir George Weideman

2 Julie 1947 – 27 Augustus 2008

 

 

Ek het gisteraand gedroom van jou, George.

Ons het op ’n rivierwal onder ’n boom gesit terwyl die son kliplangs spring,

die blare roeiend in die wind. En jou oë

het geswem agter jou brille. En daar was bye

wat gekom het vir die koelte en die water en die soet

sonnigheid van die geelperskeboord daar oorkant.

En ek het hulle met my hand weggeklap, want hulle het teen ons vasgevlieg,

hard en grof en iesegrimmig. En toe sê jy, nee, bye is maar net boodskappers.

 

En ek sê vir jou, George,

hier moet ’n korf wees iewers bo ons koppe

in ’n uitgeholde mik of in die donker kol treurwilgers daar oorkant.

En jy kyk vir my

met jou rug teen die stam

op die klam molm op ’n flenterlap van droë eikeblare in jou chalk stripe kispak,

das, blink vasgerygde skoene.

 

En ek sê vir jou, George,

ek was in Onseepkans en toe het ek aan jou gedink.

Ek was op Pella en toe het ek aan jou gedink.

Ek was diep nag in ’n staning onder die sterre en ek het aan jou gedink –

ek was in die tuin van klip en vuur en ek het aan jou gedink.

 

En toe sê jy vir my, George,

kom ons doen iets met die eik. En ons saag dit met ’n treksaag en die boom

val in die koue duikpoel, sink tot op die bodem.

 

En toe sê jy vir my, George,

die boom week in stille waters,

dat die waters sap, son, siekte uit die selle loog.

En eendag gaan die boom op ’n sandbank uitspoel, sê jy, soos ’n geraamte, soos gebeente.

 

Ons loop versigtig deur die rivier na die oorkantste wal,

na die droë beenwit boom

op die witgewaste sand met die kantwerk van verkoolde takkies

uitgespoel na ’n bosbrand.

 

En toe tel jy ’n takkie van die sand af op, George,

en met die stukkie houtskool ets jy op die  wit gebleikte hout

jou klein manifes.

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

2e gedagtes oor “Lykdig 55: Kirby van der Merwe.Klein manifes van ’n reisiger”

  1. Marlise Joubert says:
    6 August 2014 at 10:01

    Stem saam met jou Louwene. Ek het besonder baie van hierdie ‘klein manifes’ van Kirby gehou! Die eenvoud van die gedig het my ontroer en ‘n baie presiese beeld gegee van George Weideman wat ek oor jare ook geken het.

    Reply
  2. louwene louw says:
    5 August 2014 at 22:06

    Hello Kirby, Baie geluk. Ek was terug op die bus na Brandvlei,waar ek vir die eerste keer met George Weideman kennisgemaak het.
    Anne Michaels skryf in haar Fugitive Pieces:
    The mystery of wood is not that it burns,but that it floats.
    So ook met die nalatenskap van GW.
    Groete
    Louwene.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d