Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 November 201430 October 2014

Konstantinos P. Kabaphes : Vertaling in Afrikaans

Konstantinos P. Kabaphes: vertaal in Afrikaans deur Cas Vos.


 

Wag vir die Barbare

 

Vir wie wag ons, gespanne in die forum?

 

Die barbare is op ons drumpel.

 

Waarom buig daar stilte oor die senaat?

Waarom sit senatore sonder raad?

 

Omdat die barbare vandag kom met luister.

Watter wette kan die senatore nou verduister?

As die barbare eers kom, is wetgewing hulle plig.

 

Waarom het ons keiser so vroeg opgestaan,

en waarom sit hy by die stad se hoofhek

op sy troon, waardig, kroon op sy kop?

 

Omdat die barbare vandag hulle intog maak

en die keiser wag om hulle leier te omhels.

Hy het ’n boekrol voorberei as geskenk,

beskryf met titels, indrukwekkende name.

 

Hoekom het ons twee konsuls en pretors uitgekom

en hulle geborduurde, hulle skarlaken togas gedra?

Hoekom die armbande met soveel kosbare edelstene,

en ringe wat glans met manjifieke smarag?

Hoekom dra hulle elegante wandelstokke

sierlik gekerf, omvou met silwer en goud?

 

Omdat die barbare vandag kom met luister

en sulke dinge die barbare verbyster.

 

Waarom kom geeërde orators nie soos altyd na vore

om woorde te weef en oor harte te sprei nie?

Omdat die barbare vandag in aantog is

en leë woorde die barbare koud laat.

 

Waarom die skielike rusteloosheid, hierdie verwarring?

(Hoe vol erns is mense se gesigte nie geplooi nie.)

Waarom is die strate so leeg en die pleine so kaal,

drentel almal huiswaarts vol verskiete gedagtes?

Omdat die nag alles gevlek het en die barbare nie gekom het nie.

En sommige wat lamvoet van die grens teruggekeer het, sê

daar is geen barbare meer nie.

 

En nou, waarheen vlug ons sonder die barbare?

Hulle was, daardie mense, ’n soort oplossing.

 


(c) Cas Vos / Oktober 2014  Vertaling deur Cas Vos van

Konstantinos P. Kabaphes se Periménontas tous Barbárous

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marlies Taljard: Homeros se afdrukke in Afrikaans
Resensie: “Fragmente uit die Ilias van Homeros”, vertaal deur Cas Vos →

4e gedagtes oor “Konstantinos P. Kabaphes : Vertaling in Afrikaans”

  1. cas vos says:
    11 November 2014 at 06:53

    Melanie, baie dankie vir jou opmerking. Ek dink ook aan J.M. Coetzee se Waiting for the Barbarians. Dis ‘n tydlose gedig. Vir toe en nou.

    Reply
  2. Melanie Grobler says:
    10 November 2014 at 04:31

    Baie dankie Cas. Hierdie gedig laat my altyd dink aan J.M. Coetzee se Waiting for the Barbarians.

    Reply
  3. cas vos says:
    4 November 2014 at 13:48

    Anthony, baie dankie. Sommige gedigte rimpel deur eeue op troebel water.

    Reply
  4. Anthony Wilson says:
    4 November 2014 at 08:36

    Absoluut ‘n gedig vir vandag! Dankie!!!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d