Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 December 201423 January 2020

Nuuswekker: Eredoktorsgraad vir Breyten Breytenbach

Die Universiteit Gent ken vanaand ‘n eredoktorsgraad toe aan Breyten Breytenbach. Dit vorm deel van die kongres oor die Afrikaanse lettere wat tans by dieselfde instelling aangebied word.

Goeie nuus is dat die verrigtinge direk via die internet gevolg kan word by hierdie skakel.

Die uitsending begin om 18:30, Suid-Afrikaanse tyd.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

13e gedagtes oor “Nuuswekker: Eredoktorsgraad vir Breyten Breytenbach”

  1. Susan Smith says:
    8 December 2014 at 22:30

    Hartlik geluk, Breyten, met hierdie mooi oomblik in jou lewe. Ons juig saam oor die eer wat aan jou betoon is, die erkenning van jou lewenswerk. Met jou vertelling oor die colloquium voel ek vanaand ‘n kruipende hartseer; dalk oor ons taal wat skraler begin staan, dalk oor die eer aan ons taal wat op eie bodem yler raak, die handjievol stryders wat minder raak. Dalk is dit die toenemende kraglose, liglose nagte wat met die gal werk.

    Nieteming, mag jy baie lig put uit die mooi ervaring!

    Reply
  2. Francis says:
    6 December 2014 at 17:49

    Baie dankie Breyten vir die toeligting oor die colloquium. Ek hoop ons kan op een of ander manier toegang kry tot van die bydraes wat gelewer is. Ek stuur hierdie boodskap terwyl die krag darem weer aan is hier op PB.

    Reply
  3. Buiteblaf Breytenbach says:
    6 December 2014 at 07:42

    ‘n Tikfout, Francis. En die effek van wingerdgriep. Wat ek waarskynlik na wou verwys is dat dit skielik so koud was dat mens gevrees het jy hoor hoe tik-tik jou bevrore aanhangsels soos hees Sinterklaasklokkies.

    Die colloquium was ‘n besonderse geleentheid – twee dae lank, bydraes van heinde en ver en selfs uit Cambridge – Professor Theresa Biberauer het ‘n briljante bydrae gelewer oor die (gedeeltelik) gekreoliseerde aard van Afrikaans (nog ‘n slim jong akademikus wat verlore gegaan het vir Suid-Afrika); Louise Viljoen was op haar gewone beste; Wannie Carstens het sy somber maar goed ingeligte lesing oor die stand van Afrikaans in die land met ons gedeel – hoe dit versand, hoe die vyandigheid opbou, hoe dit uitgefasseer word (hy sê die onlangse taalbeleidbesluit by Stellenbosch was die ergste dag van sy lewe); Luc Renders het ons ‘n diepsinnige insae gegee in die werk van Karel Schoeman, “‘n Mistikus in die Oranje-Vrystaat”… En nog veel meer koningskos. Daar was taalkundiges van allerlei gefluit (blykbaar ‘n vakgebied wat uitsterf in SA, ten minste wat Afrikaans aangaan). Daar was so hier en daar ‘n polities korrekte gewoffel – van Michael Le Cordier moes ons hoor hoe die goeie liewe Oubaas Mandela die poorte van die Paradys van Versoening vir ons ontsluit het met Afrikaans aan die regterhand op sy troon… En nog veel meer.

    Verstommend, hartverwarmend om te belewe dat hier soveel kundigheid is oor die taal en haar jakkalsdraaie, soveel toegewydheid, soveel werklike simpatie. Wa’, by watte’ joeniewersitie in Suip Efrika gaan jy nog ‘n klas vol derdejaars raakloop wat ywerig sit en aantekeninge maak oor die werke van Jan Rabie, Etienne Leroux, André Brink…? Waar sal jy belewe hoe deeglik die invalshoek van “magiese realisme” in die Afrikaanse letterkunde nagevors word?

    Eisj.

    Reply
  4. Francis says:
    5 December 2014 at 23:05

    “Behalwe dat die twee oorgeblewe woorde albasterstil werklui het”. Verduidelik seblief Breyten.

    Reply
  5. Buiteblaf Breytenbach says:
    4 December 2014 at 23:53

    Dankie, liewe mense. Die botteltjies, ek het hulle nie gesien nie. Dalk omdat hulle net nie van water in wyn verander kon word nie. Die geleentheid was vriendelik en aandoenlik. Net jammer ek kon toe nie die jas huis toe vat nie. Hulle het erken dat ek die ere-watookal gekry het omdat hulle by die alfabet begin het en Aucamp saliger is en Brink net na my kom. Elke institusie het die reg op ‘n ligte mistykie.

    Gent is ‘n allerlieflikste plek. Behalwe dat die twee oorgeblewe woorde albasterstil werklui het.

    BB

    Reply
  6. Engela Geyer says:
    4 December 2014 at 20:33

    Mooi so, Breyten; mooi so, Universiteit Gent!

    Reply
  7. Leon Retief says:
    4 December 2014 at 17:40

    Geluk van die kant af ook Breyten. Ongelukkig was die klank baie sag en ek kon groot dele nie hoor nie maar darem meeste van die gedigte wat jy voorgelees het. En daai botteltjies water het my ook opgeval. 🙂

    Reply
  8. cas vos says:
    4 December 2014 at 12:08

    Breyten, van harte geluk met jou bekroning. Die meetsnoere het vir jou in lieflike plekke geval. Jy verdien die genade. Voorspoed met die reis.

    Reply
  9. Marlise says:
    4 December 2014 at 11:22

    Geluk Breyten met hierdie groot moment in jou lewe! Ek het die skakel gevolg en dit was inderdaad ‘n baie mooi geleentheid. Die toga was pragtig! Die gedig oor Versveld het verruk. Die geskenk van klippe en boeke aards en so Afrikaans.

    Reply
  10. Francis says:
    4 December 2014 at 07:46

    Hartlik geluk Breyten met hierdie besonderse eerbetoning aan jou.

    Reply
  11. Louis Esterhuizen says:
    4 December 2014 at 07:16

    Jy som dit skitterend op, Waldemar. Einste daai ses botteljies het my deurgaans gefassineer. Besonders was natuurlik die trompetgeskal aan die begin en volkslied ten slotte. Soos dit hoort. Inderdaad ‘n geweldige moment in die lewe van Dhr. Breyten Breytenbach.

    Reply
  12. Waldemar Gouws says:
    3 December 2014 at 21:14

    Dit was ‘n geleentheid, mens kan maar sê, vir ‘n groot okkasie. Dankie vir Versindaba se “wie dit live wil meemaken kan alles volgen op …” met die blou webskakel. Eers het ‘n liewe Annelies die gehoor voorberei. Toe die ferm rektor, Anne De Paepe, met die verwelkoming, daarna die gladde Yves Tsjoen ligweg oor die “mondiaal karakter” van Breyten se “engagement,” en toe Breyten met sy geskenk van klippe en boeke aan die Universiteit van Gent. ‘n Eerbetuiging aan Mandela, biskop Tutu, en mev. Machel, gevolg deur die voorlees van ‘n gedig vir Marthinus Versfeld.

    Maar hier het ek die klank verloor. Wat eers weer bygekom het met Adriaan van Dis (‘n dikker man in ‘n pienk trui) se betekenisvolle, meelewende stuk oor Afrikaans en Breyten Breytenbach.

    Wat my opgeval het, was die sytafeltjie neffens die kateder of kansel, waarop ses botteltjies water staangemaak was vir ‘n soort middelklaskrisis, en waarop die diploma in die blou koker (so lank en so dik soos die swart hings in ‘n BB skildery se vrygestrekte geslag) aanvanklik neergesit was.

    Mens kan wens vir meerdere geleenthede soos hierdie.

    Reply
  13. Engela Geyer says:
    3 December 2014 at 09:24

    Baie dankie vir hierdie skakel – Versindaba is n wonder!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d