Carina van der Walt. Met zingen is de liefde begonnen Beyond Borders
Die Nasionale Poësieweek in Nederland duur vanaf 29 Januarie tot 4 Februarie. Die tema is Met zingen is de liefde begonnen. Onder hierdie tema word voorlees- en besprekingsaande oor poësie en nuwe bundels landwyd gereël. Elke stad wat sy sout literêr werd is, skraap sy digters bymekaar vir ’n optrede. In Tilburg is dit nie anders nie. Martin Beversluis, één van die stad se digters, het nog ’n tema bo-op die nasionale tema geplak: Beyond Borders. Daarby het hy ’n klompie digters uitgenooi. Vir my het hy gevra om spesifiek my nuwejaarsgedig voor te lees plus nog iets. My nuwejaarsvers in Nederlands is tematies vermoedelik ’n goeie mengsel tussen die nasionale tema en die stadstema. Nieuwjaarsvers 2015 was ’n projek van die huidige stadsdigter Jasper Mikkers. Sekerlik is ’n Suid-Afrikaanse Afrikaanstalige digter wat soms oor die kunswêreld skryf ’n vreemde skeppie (Beyond Borders) bo-oor die bekende: Nederlands.
Die inspirasie vir nieuwjaarsboodschap van Dali aan Venus was ’n kombinasie van Dali se installasie Coat Hanger Watch (1971), sy The Persistence of Memory (1931), die Duitse kunstenaar Anselm Reyle se Venus (2011) en Die geboorte van Venus van Sandro Botticelli (ongeveer 1483).
nieuwjaarsboodschap van Dali aan Venus
naakt slapend op haar rug
met een blos op haar gezicht
ontvangt ze de tijd van het nieuwjaar
in de schelp van haar open hand
gisteravond nog heeft de satijnen jurk
haar blote schouders in afscheid gekust
haar lichaam verlaten & is om haar enkels
beland als een stilgezette klok
toen heeft haar kale schouder
als een lege chromen hanger
tegen een andere hanger aangetikt
& is de tijd weer in gang gezet
het oudejaar was reeds ontkleed
gereed om een nieuwjaarsboodschap
in haar open hand te schrijven:
alle tijd is genummerd vlees
Die Afrikaanse gedig dobber & droom is met betrekking tot taal Beyond Borders. Die ruimte waarin die gedig egter afspeel, is ’n baie bekende omgewing vir alle inwoners van Tilburg, naamlik die bos by die universiteit. Die inspirasie vir hierdie gedig kan herlei word na één kunswerk: Pas encore mon histoire (2008) van die Fransman Vincent Olinet. Beide Olinet se werk uit 2008 en Reyle se werk uit 2011 was uitgestal in die vierjaarlikse Lustwarande-tentoonstellings in die Oude Warande langs die universiteit in Tilburg. Dit is die enigste sterrebos in Nederland.
dobber & droom
Vincent Olinet dra sy hemelbed
gewoonlik ongestoor
die vywer of fontein in
waar dit onverstoor bly dobber
in Oude Warande
– stokou sterrebos om my nuwe stad –
wens ek dat ek & jy deel
van hierdie droom mag wees
dat ons vir één dag
die glansende bed mag beslaap
waar hemel & aarde mekaar raak
bedags sal ons ronddobber tussen waterlelies
van Monet
aandagtig in pastelle vasgeverf op die dam
skemertyd sal ons saggies praat oor die omringende
rododendrons
wat vir só lank hulle uitgeswelde beloftes in knoppe kan vashou
snags sal die maan onverstoorbaar op die water dobber
sal ons vingertoppe mekaar se blinde silhoeëtte lees
& ek sal vir jou vra om die Suiderkruis te gaan haal
want hoog bo die bed speel hy wegkruipertjie met ons
sonder lêplek in die noorde gly hy weg uit die baldakyn
weg uit die hemel
om middernag
sal ons slaperige rodorendronknoppe wees
sal ek droom van my wegloopSuiderkruis
tuis tussen ons eie onderdakse sterremos
& sal ek die kompaskruis nog één keer uitgooi
as ’n dobber in die donker vreemde water
om stil-stil die diepte van ons drome te peil
Pas encore mon histoire (2008) Vincent Olinet
(c) Carina van der Walt / Januarie 2015
Carina,
in mijn hoofd zit al een tijd een poesie – kunstvoorwerpen [ beelden, schilderijen etc] project.
Jouw gedicht zet me weer aan het “hardopdenken”. Zal er toch een keer van moeten komen.
“& sal ek die kompaskruis nog één keer uitgooi as ’n dobber in die donker vreemde water”. Dankie, Carina. Geniet die Poësieweek!
‘stokou sterrebos om my nuwe stad’: hiervan hou ek, Carina!
Dankie Theo, Hilda en Gisela. Die eerste weergawe van “dobber & droom” is in 2008 as ‘n soort prosagedig met ‘n heeltemal ander titel geskryf. Daarna is dit talle kere herskryf. Ek het ophou tel by nommer 20. In die eind “sprint” het ek onverwags ondersteuning gekry het van iemand wie se poësie ek nogal bewonder. Of die persoon tevrede is met wat hierbo te lese is, weet ek nie. Uiteindelik moet ‘n mens 100% verantwoordelikheid vat vir jou gedig en jou eie kop volg. Dis één ding om dit te weet, ‘n ander ding om dit ook toe te pas.