Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 February 2015

Johann Lodewyk Marais. “Dichter aan huis”

DICHTER AAN HUIS

Den Haag, 1995

 

 

Die grys middag word uitgesluit: buite.

Deur die venster sien ek die kastaiings

wat begin verkleur: roeskleurig, helder.

Kaal eikehoutplanke sny oor die vloer.

 

Twee kerse brand teen die muur: nutteloos.

In die hoek staan ’n kaktus. ’n Meeu vlieg.

’n Swart kat kom skuur op hoë pote.

’n Los stoel wag. Die vrou lees ongesteurd.

 

Blomme klou aan die lig soos aan woorde.

’n Horlosie tik op die tafeltjie.

Die digter lees en lees haar gedigte

oor die maan: ’n hele ganse bundel.

 

Later vertel ek vir Ad Zuiderent.

“Ik weet het niet,” sê hy. “As ik zoek

naar maangedichten van haar, krijg ik nul.

Ik twijfel dus of je informatie klopt.”

 

Nogtans, ek was self daar en het gehoor

van die digbundel van Christine D’haen:

’n boek gevul met verse oor die maan,

maar sy het dié antologie verloor.

 

(c) Johann Lodewyk Marais / Februarie 2015

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: “Nomade” (Johann Lodewyk Marais)
Johann Lodewyk Marais. “Die Moruti” →

1e kommentaar op “Johann Lodewyk Marais. “Dichter aan huis””

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    6 February 2015 at 15:01

    Ad Zuiderent het intussen soos volg op die gedig gereageer: “Maar nu, Johann, vind ik die gedichten wel, zoals: ‘Rosse meimaan, verontrustend/ vloeiend altijd/ nieuwe maan, rusteloos/ oude, berustend’, of: ‘Maagdelijke maan hoe werd zo zwaar/ ooit van een onontwaakte slaper daar/ uw zwanger lichaam en hoe glanzend biedt/ gij vijftig dochters hem die ze nooit ziet?’ Allemaal te vinden in de bundel ‘Mirages’ en in de verzamelbundel ‘Miroirs’.”

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d