Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 February 2015

Johann Lodewyk Marais. “Die Moruti”

DIE MORUTI

 

 

Die klein moruti met die horrelvoet

het sy eie motor en dra ’n swart pak;

sy vrou in damas groet beleefd.

Pa wys hulle die melkskuur

en uit die strooise op die plaas

kom vanmiddag ’n gemeente,

kom in hulle beste klere

en ruik na Sunlight-seep, Dubbin,

kom na die skuur en sit op die krip.

Ek gaan sit by Sloepek Mokwena

en luister hoe die man met die bril

uit die Testamente e Ntja lees

en oor die liefde van Christus praat;

en hulle sing met stemme

wat ek nie ken uit die kombuis nie

of as in die môre gemelk word

of klere gewas word by die handpomp

of hawer gesny word op die lande nie;

sing hard en soel ’n lied

wat die tik-tik van die sinkdak

in die middaghitte stil maak

en my laat vergeet van die hommelby

wat dreun en sy gat in die muur soek.

 

Bid dat God hulle sal help by die werk

en met die klein boerdery op die land.

 

Bid vir ons almal op die klipvloer.

 

 

(c) Johann Lodewyk Marais

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. “Dichter aan huis”
Johann Lodewyk Marais. Eugène N. Marais se dood →

5e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. “Die Moruti””

  1. Anita de Kock says:
    6 March 2015 at 10:12

    Aangryplike gedig. Dankie Johann

    Reply
  2. Heleen du Preez says:
    28 February 2015 at 16:13

    H van Rensburg – so een met alles.
    Johann Lodewyk Marais – eerlike kinder waarneming waaroop ons dikwels ons latere menswees grond.
    Dankie Johann

    Reply
  3. H van Rensburg says:
    28 February 2015 at 10:40

    Vanaf Umlaasweg maak die pad ‘n wye boog op weg na eMbumbulu, Plek van Misleiding. ‘n Ent voor die afdraai na Eston, in ‘n eens besige maar nou verlate slaghuis, met ‘n houtkruis bo teen die nok van die dak vasgetimmer, het ek ook so ‘n gemeente geleer ken.

    En geleer bid:

    “Baba wethu osezulwini,
    dankie vir die pampoen.
    Vir die bone wat opgekom het,
    lig ek U naam hoog op, Here.”

    So, dankie ook vir die gedig.

    Reply
  4. Myra Lochner says:
    28 February 2015 at 08:59

    Aan die voete van onthou, waar alles naby is en aards. Mens méns is. En God Gód is. En liefde stil is. Dankie, Johann!

    Reply
  5. carina van der walt says:
    28 February 2015 at 08:30

    Hoendervleis gee “Die Moruti”.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d