Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 March 201526 February 2015

Jacobus van der Riet. Twee gedigte vir Palmsondag

Die Heilige Profeet Dawid,

die Psalmdigter (ong. 1040-970 v.C.)

 

Waar woon wysies wat niemand meer neurie nie,

en waar melodieë voor iemand hul speel op ‘n lier?

Waar skuil die woorde voor versugting of melankolie

hul met veer en ink laat blink op perkament of papier?

 

Op watter noot en snaar moet die musiekleier bid?

Hoe klink tog die “Die Duif van die ver Terebinte”?

– ek sien hom teen skemer hoog op sy takkie sit

omgeef van die laaste son se goud en rosige tinte.

 

O Dawid wat sillabes soos ronde rivierklippies tel

en alef, gimel en dalet soos troepe in slagorde skaar,

jou tong is mos sekerlik ‘n sing-singertjie, ‘n slingervel,

 

waarmee jy op maat van “Die Hert van die Dageraad”

trefseker profeteer hoe leeus en honde onder mekaar

‘n gesalfde se klere verdeel, die lot werp oor ‘n gewaad.

 

*

 

Palmsondag

 

Klaptong klop die donkie se hoewe op die kei

waar die Gesalfde stamp-stamp dwars op sy rug

in deur die goue sandsteenpoort van Jerusalem ry.

 

Die klippe basuin dit geluidloos in klippetaal uit,

al pruil die Fariseërs weer stroef afkerig en stug;

ook kinders en eenvoudiges sing oproerig en luid:

 

“Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Heer,

wat sy kleed in wyn, sy gewaad in druiwebloed was,

wat duiweverkopers en wisselaars uit die tempel weer.”

 

‘n Esel staan in die pad, en bepeins weer die dag:

hoe onverwags sag, hoe onbeskryflik lig tog die las,

hoe onvergeetlik daardie geseënde, Godsalige vrag.

 

Streel ek sy kakebeen en ore, gewaar ek wolkies stof

en onmiskenbaar, die droesemdonker kruis oor sy skof.

 

(c) Jacobus van der Riet / Februarie 2015

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: Die onsienlike son (Jacobus van der Riet)
Jacobus van der Riet. Die H. Abba Josef (4de eeu n.C.) →

2e gedagtes oor “Jacobus van der Riet. Twee gedigte vir Palmsondag”

  1. Everline van Dyk says:
    29 March 2015 at 18:02

    ‘n Vriendin het my aandag op jou gedigte gevestig omdat ek ook gebruik gemaak het van “Die duif van die ver Terebinte” in een van my verse. Ek hou van albei jou gedigte vir Palmsondag, veral van die eerste een van die Psalmdigter.

    Reply
  2. Carin Lawrie says:
    29 March 2015 at 09:39

    Aangrypende gedigte.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Uitnodiging: DJ Opperman-gedenklesing
  • Anzé Bezuidenhout. Jy is klip
  • Betani Wiese. Invers
  • Digtersprofiel: Driekie Grobler
  • Marthé McLoud. Loutering

Nuutste kommentaar

  1. Clarence Botha on Joan Hambidge en Dietloff van der Berg in gesprek oor “Apofatiese lens”9 October 2026

    Baie insiggewende en leersame gesprek wat ek waardeer het.

  2. Amanda Ahave De Meillon on Anzé Bezuidenhout. Grense van die wentelbaan8 October 2026

    Ek voel jou woorde in my hart. Soos net jy kan!

  3. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. granaat-gebed in die Karoo8 October 2026

    Hierdie gedig beskryf n rou erkentenis van menslike swakheid en totale afhanklikheid. Puik gedoen Pierce!

  4. DIETLOFF VAN DER BERG on Nini Bennett-Moll in gesprek met Joan Hambidge7 October 2026

    Baie dankie vir wat jy vir ons letterkunde doen en beteken Joan.

  5. Prof M Labuschaigne on Nini Bennett-Moll in gesprek met Joan Hambidge7 October 2026

    Puik onderhoud, welgedaan!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d