Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 July 20166 July 2016

Jacobus van der Riet. Die H. Abba Josef (4de eeu n.C.)

Die H. Abba Josef (4de eeu n.C.)

 

Kompleet soos ‘n vaal en kopergeel kokerboom

tussen die kattekruid, kankerbos en kanniedood

hom kranig teen ‘n klipkop by Kamieskroon strek

en verruk met tak en blaar na die uitspansel reik,

 

tas jou sinne wyd na die kleed, die heilsame soom,

van Hóm wat wandel wanneer die aandwind stoot.

Wanneer die Diereriem statig deur die nagruim trek,

waak jy ademloos, totdat die drake weswaarts wyk.

 

Kyk, Hy is liefde en lig, ‘n onvoorsienbare Meteoriet

wat skielik silwerstralend deur die siel se sfere skiet.

Hy bring ‘n konflagrasie, ja ‘n allesverterende vlam.

Hy skroei die Skerpioen, die Leeu en Krap en Ram.

Waar jy onverskrokke bid, tot in die onmeetlike tuur,

word jy volkome, tot in jou verste vingerpunte, vuur.

 

(c) Jacobus van der Riet / Julie 2016

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Jacobus van der Riet. Twee gedigte vir Palmsondag
Nuwe Bundel. Jacobus van der Riet: Die heimlike heiligdom →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Anzé Bezuidenhout. Jy is klip
  • Betani Wiese. Invers
  • Digtersprofiel: Driekie Grobler
  • Marthé McLoud. Loutering
  • Pierce van Tonder. granaat-gebed in die Karoo

Nuutste kommentaar

  1. Clarence Botha on Joan Hambidge en Dietloff van der Berg in gesprek oor “Apofatiese lens”9 October 2026

    Baie insiggewende en leersame gesprek wat ek waardeer het.

  2. Amanda Ahave De Meillon on Anzé Bezuidenhout. Grense van die wentelbaan8 October 2026

    Ek voel jou woorde in my hart. Soos net jy kan!

  3. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. granaat-gebed in die Karoo8 October 2026

    Hierdie gedig beskryf n rou erkentenis van menslike swakheid en totale afhanklikheid. Puik gedoen Pierce!

  4. DIETLOFF VAN DER BERG on Nini Bennett-Moll in gesprek met Joan Hambidge7 October 2026

    Baie dankie vir wat jy vir ons letterkunde doen en beteken Joan.

  5. Prof M Labuschaigne on Nini Bennett-Moll in gesprek met Joan Hambidge7 October 2026

    Puik onderhoud, welgedaan!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d