Hennie Nortjé. Voorbeeld
Voorbeeld
Julle skandbeelde staan
nou knus saam-saam
weg gepakkamer
tot wie weet wanneer
of waar die malligeid
hom dalk weer herhaal.
Vir die blertsende meeu
en die skarrelende rot
verrys gelukkig binnekort
nuwe teikens om van
voor af te bemors.
Maar, o my liewe tyd, kyk:
iemand het Mandela s’n
bloosrooi gaan bespuit.
© Hennie Nortjé / 2015
Vaardig, Hennie, dis baie indrukwekkend.
Jou laaste strofe is ‘n kishou.
Lekker ene, Hennie!
Ek is mal oor jou vers – van die titel tot die slot!
Dit beeld die hele ou storie so raak uit en op so ‘n oorspronklike manier. Knap gedaan… weereens.
Ek hoop jy gaan dit in ‘n bundel opneem
Die vers is relevant en knap verwoord. Die slot is briljant!
Die hele ding het jy baie mooi en skerp geskets en neergepen!
Is nogals iets om oor te dink dat skandbeelde nou agter bly. Diep gedink en laat diep dink. Dankie
Mandela skaam hom bloedrooi vir die sinnelose beelde
Oorlog. Wow!
Sooooveellll talent! Dis pragtig! Baie geluk!!!
Wat ‘n heerlike ritme om voor te lees. Skielik wonder ek hoe sou John Vorster klink met al die lekker klanke.
“Malligheid”,ja, terwyl Rome brand.
Baie slim saamgevat. Doen so voort!
Skandbeelde..rooi gevlek
wat gaan ons nasie nog verwek?
great Hennie!Jy laat my diep dink
Pragtig!