Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 April 201514 April 2015

Hennie Nortjé. Twee gedigte

Sal ons die wingerd prys?

 

Wie hierdie blaar op die keper bekyk,

sien dalk in die gehawende rand

die buitelyn van ‘n gebroke hart

 

en vanaf die hoofaar nerwe vertak

om oor die groen soos families

al wyer uitmekaar te spat,

 

of dui só ‘n spinnerakdiagram,

bloot die noodlottige paaie aan

waarlangs gene slaafs moet gaan?

 

© Hennie Nortjé / 2015

 

 

 

*

 

Hottentots-Hollands

 

Selfvoldaan, ‘n reënboog van kleur,

staan die linies voëlverskrikkers,

maar ongeërg deur die beddings

wei swerms Europese-spreeus.

 

Tonge klap soos eens die sweep

as arbeiders in die aarbeiland

van vroegdag af moet bontstaan,

om den brode voort moet sweet.

 

Vir opkyk is daar weinig tyd

en die diep sugte gesug

is beslis nie oor die uitsig nie.

 

Slegs die verbyganger beleef

waarom hierdie plek

Mooiberge heet.

 

© Hennie Nortjé / 2015

 

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hennie Nortjé. Voorbeeld
Hennie Nortjé. Sy →

4e gedagtes oor “Hennie Nortjé. Twee gedigte”

  1. André le Roux says:
    23 April 2015 at 15:56

    Hierdie vers laat my mymer. Diep en karmosynmooi.

    Reply
  2. jane says:
    23 April 2015 at 12:05

    Ek is groot asb opsoek na gedig van weerwolf sjampoe? my dogter moet ‘n skool-taak doen = asb kan iemand help? jane

    Reply
  3. lindie says:
    23 April 2015 at 11:21

    Mooiberge..ongelooflik waar beskryf. wereens is beide gedigte treffers!

    Reply
  4. Linda Claassen says:
    23 April 2015 at 10:02

    Hierdie vers ontroer my. Dit sny diep, daar ek ook weet dat my hoofslagaar aan die sterwe is.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  2. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  3. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  4. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  5. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d