Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 May 201515 May 2015

Nuwe publikasie: Boekstaaf (Nini Bennett)

Boekstaaf
Nini Bennett

Reeds met die omslagkuns, Another world is calling deur die skilder Liekie Fouché, word Boekstaaf geaktiveer as ’n digterlike bestekopname wat die bevryding van die verbeelding voorop stel. Die bundel besin oor die siklusse van die lewe, digterskap, liefde, verlies, familie en die dood. Binne die oënskynlik strak opgaaf van die bundeltitel leef ’n ryk skakering waarin liriese en elegiese poësie afgewissel word met natuurgedigte wat versny in ’n sober ekobewussyn. Enigmatiese historiese figure byvoorbeeld Leni Riefenstahl, J. Edgar Hoover, Alan Turing en John Nash word belig, en daar word intertekstueel met filmkuns geflankeer. ’n Wye register temas word noukeurig ondersoek en te boek gestel: só kom die digitale media, joernale, dossiere, geskrifte, epitawe en ander rekords  aan die bod. Die lotgevalle van slagoffers van oorloë, siekte en maatskaplike ellende word vanuit ’n spirituele hoek beskryf, terwyl die vaslegging van persoonlike belewenisse verwerk word tot tekstualiteit. Eindelik word die digter verbeeld as die magiër wat met die vrystel van die metafoor die omdigting van sy boustof bewerk.

 

Ars poetica

 

Die suiwerste poësie is sonder taal.

Dis die begeerte om stof tot stilte

om te dig, om digterwordend

die stilte te stoffeer, dis die metamorfose

van die metafoor as hout fossiele word:

steenkool vra om te brand, of water

hoogty in branders vlam; dis die friksie

van asem in fynhout

aangehits deur wind –

 

Die digter, die magiër van ouds,

dek die altaar en alles

neig van vooraf na vuur.

 

Biografiese besonderhede: Nini Bennett is in 1972 in Pretoria gebore. Sy behaal die MA-graad in Skeppende Skryfkuns (met lof) aan die Universiteit van Kaapstad (2001). In 2002 debuteer sy met ’n bundel kortverhale Stoornis, wat bekroon word met die UJ-debuutprys (voorheen die RAU-Mardéne Marais-prys). In 2008 wen sy die internasionale Room te Read-prys in die kategorie Afrikaans, en die jeugverhaal, Die storie van Vusi se orkes, sien die lig in elf amptelike landstale. In 2011 verskyn haar debuutdigbundel, Kodeks. Sy is tans besig met voorbereiding vir doktorale studie in ekokritiek, werksaam as skrywer en vryskut-resensent, en is ’n bekende digmentor. Sy woon in Kaapstad.

(Cordis Trust Publikasies, 2015; prys: R160; formaat: sagteband; 87 pp.; ISBN: 9 780992 205744)

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Nuwe publikasie: Boekstaaf (Nini Bennett)”

  1. Mellet Moll says:
    16 May 2015 at 10:21

    Baie geluk, liewe Nini, en ook aan die uitgewer en al die medewerkers. Dit is ‘n pragbundel.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d