Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 July 201529 June 2015

De Waal Venter. “Voortstap”

Voortstap

 

Die seun blaas

’n hees voëlgeluid

met die fluit wat hy gemaak het

van ’n gevoude grasstingel

wat ’n groen grasblaartjie vasknyp.

 

Op die horison

kook wit cumulus wolke

in die troposfeer.

 

Die fiskaallaksman druk

’n kaal voëltjie

met koue presiesheid

op ’n lang wit doring.

 

’n Dooie waterskilpad

se verlammende stank

nooi die honde uit

om daarin te rol en hulleself te beklee

met opwindende, vreemde persoonlikhede.

 

Die dag het onomkeerbaar

verby die middel gedraai,

terwyl die seun deur die gras aanstap –

geeneen van hierdie treë sal ooit

ooit weer gestap word nie.

 

(c) De Waal Venter / Junie 2015

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. “Drie-uur”
G.Brits. De Waal Venter, digter: ‘n Waardering, 2007 – 2015 →

7e gedagtes oor “De Waal Venter. “Voortstap””

  1. De Waal Venter says:
    4 July 2015 at 07:33

    Hallo Christine. As jy op een van die kommentare op “De Waal Venter” wat onderstreep is, klik, behoort jy by die webruimte uit te kom. Maar ek stuur in elk geval ook vir jou die skakel per e-pos.

    Reply
  2. Christine Barkhuizen le Roux says:
    3 July 2015 at 16:50

    De Waal – nou kry ek dit nie reg om by daardie skakel en daardie gedig uit te kom nie, en ek wil graag – heelwat van die gedigte uit my bundel “skynskadu” het te doen met hoe ‘n ma/moeder in ‘n mens bly leef. Onlosmaakbaar.

    Hoe kry ek die gedig te lese as ek nie hierop kan inkom nie?? Of kan jy dit stuur na my eposadres: ccoverseas@gmail.com? Sal dit baie waardeer.

    C

    Reply
  3. De Waal Venter says:
    3 July 2015 at 11:00

    Dankie vir jou kommentaar, Christine.

    Die gedig wys ons wel daarop dat ons nooit weer dieselfde pad sal loop nie, maar aan die anderkant – ons het tog die vermoë om die pad weer in ons herinneringe te loop. Dis ‘n groot voorreg.

    Die jongse gedig in my webruimte (klik op die skakel hierbo) handel juis ook oor hoe ons moeders in ons gemoedere bly voortleef.

    Reply
  4. Christine Barkhuizen le Roux says:
    3 July 2015 at 09:31

    De Waal – daardie laksman met die voëltjie – sjoe. En dan die anderkant van die munt: dat niemand ooit weer daardie selfde pad sal stap nie.

    Baie geluk met ‘n baie treffende gedig.

    Reply
  5. De Waal Venter says:
    2 July 2015 at 06:37

    Baie raak gestel, Myra. Die werklikheid kan nie geken of begryp word nie? Of bedoel jy ‘n ander vertolking van Kant se stelling? De Waal

    Reply
  6. Myra Lochner says:
    1 July 2015 at 13:46

    Ding an sich! x

    Reply
  7. Everline van Dyk says:
    1 July 2015 at 11:20

    Lieflike gedig. Ek was saam op die wandeling.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Uitnodiging: DJ Opperman-gedenklesing
  • Anzé Bezuidenhout. Jy is klip
  • Betani Wiese. Invers
  • Digtersprofiel: Driekie Grobler
  • Marthé McLoud. Loutering

Nuutste kommentaar

  1. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Jy is klip9 October 2026

    Baie dankie Versindaba, ek waardeer die blootstelling en plasing

  2. Clarence Botha on Joan Hambidge en Dietloff van der Berg in gesprek oor “Apofatiese lens”9 October 2026

    Baie insiggewende en leersame gesprek wat ek waardeer het.

  3. Amanda Ahave De Meillon on Anzé Bezuidenhout. Grense van die wentelbaan8 October 2026

    Ek voel jou woorde in my hart. Soos net jy kan!

  4. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. granaat-gebed in die Karoo8 October 2026

    Hierdie gedig beskryf n rou erkentenis van menslike swakheid en totale afhanklikheid. Puik gedoen Pierce!

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Nini Bennett-Moll in gesprek met Joan Hambidge7 October 2026

    Baie dankie vir wat jy vir ons letterkunde doen en beteken Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d