Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 April 201510 April 2015

De Waal Venter. “Drie-uur”

Drie-uur


Twee helftes

van die nag se swart vlies

trek weerskante toe,

weg van die snydende lem

van sy bewussyn.

 

Droë poeierlig

walm geluidloos van agter

die toegetrekte gordyne;

lyne bestaan nie,

net kolomme wisselende donkerte.

 

Dikkoppe klik ’n ent in die straat af.

Hulle besit nou die teerstraat,

die nag is hulle eiendom.

 

Hy luister.

Sy polsslag marsjeer in sy ore.

 

Baie ver ry ’n motorfiets

en hou skielik op.

Leef die ryer nog?

 

Leef hy nog?

Stadig bloei sy gedagtes weg

die nag in;

alles is tot die uiterste volgepak

met niks.

 
(c) De Waal Venter / April 2015

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. Huldeblyk aan Tomas Tranströmer (15 April 1931 – 26 Maart 2015)
De Waal Venter. “Voortstap” →

2e gedagtes oor “De Waal Venter. “Drie-uur””

  1. Myra Lochner says:
    26 April 2015 at 10:32

    Ek hou so hiervan, De Waal! Die bewussyn wat oopvlies agter toegetrekte gordyne: ‘n serebrale, maar private deurgang, wat die digter droogvoets laat loop deur die donker nagsee. Sterk elemente van biologiese tik-tak teenwoordig in die gedig: luisterend na eie stilte binne die stilte; eie reis binne die reis van die motorfietsryer; eie stilstand binne die abrupte stop van die motorfiets, wat lei tot die retoriese vraag: “leef ek nog?” Totdat die gedagtes wegbloei in die niks.

    Reply
  2. Heleen du Preez says:
    15 April 2015 at 14:28

    So werklik – almal was al daar.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Uitnodiging: DJ Opperman-gedenklesing
  • Anzé Bezuidenhout. Jy is klip
  • Betani Wiese. Invers
  • Digtersprofiel: Driekie Grobler
  • Marthé McLoud. Loutering

Nuutste kommentaar

  1. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Jy is klip9 October 2026

    Baie dankie Versindaba, ek waardeer die blootstelling en plasing

  2. Clarence Botha on Joan Hambidge en Dietloff van der Berg in gesprek oor “Apofatiese lens”9 October 2026

    Baie insiggewende en leersame gesprek wat ek waardeer het.

  3. Amanda Ahave De Meillon on Anzé Bezuidenhout. Grense van die wentelbaan8 October 2026

    Ek voel jou woorde in my hart. Soos net jy kan!

  4. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. granaat-gebed in die Karoo8 October 2026

    Hierdie gedig beskryf n rou erkentenis van menslike swakheid en totale afhanklikheid. Puik gedoen Pierce!

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Nini Bennett-Moll in gesprek met Joan Hambidge7 October 2026

    Baie dankie vir wat jy vir ons letterkunde doen en beteken Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d