Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 April 201510 April 2015

De Waal Venter. “Drie-uur”

Drie-uur


Twee helftes

van die nag se swart vlies

trek weerskante toe,

weg van die snydende lem

van sy bewussyn.

 

Droë poeierlig

walm geluidloos van agter

die toegetrekte gordyne;

lyne bestaan nie,

net kolomme wisselende donkerte.

 

Dikkoppe klik ’n ent in die straat af.

Hulle besit nou die teerstraat,

die nag is hulle eiendom.

 

Hy luister.

Sy polsslag marsjeer in sy ore.

 

Baie ver ry ’n motorfiets

en hou skielik op.

Leef die ryer nog?

 

Leef hy nog?

Stadig bloei sy gedagtes weg

die nag in;

alles is tot die uiterste volgepak

met niks.

 
(c) De Waal Venter / April 2015

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← De Waal Venter. Huldeblyk aan Tomas Tranströmer (15 April 1931 – 26 Maart 2015)
De Waal Venter. “Voortstap” →

2e gedagtes oor “De Waal Venter. “Drie-uur””

  1. Myra Lochner says:
    26 April 2015 at 10:32

    Ek hou so hiervan, De Waal! Die bewussyn wat oopvlies agter toegetrekte gordyne: ‘n serebrale, maar private deurgang, wat die digter droogvoets laat loop deur die donker nagsee. Sterk elemente van biologiese tik-tak teenwoordig in die gedig: luisterend na eie stilte binne die stilte; eie reis binne die reis van die motorfietsryer; eie stilstand binne die abrupte stop van die motorfiets, wat lei tot die retoriese vraag: “leef ek nog?” Totdat die gedagtes wegbloei in die niks.

    Reply
  2. Heleen du Preez says:
    15 April 2015 at 14:28

    So werklik – almal was al daar.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Andries de Beer
  • Digtersprofiel: Anita van der Walt
  • Digtersprofiel: Gerhard Barkhuizen
  • Hennie Maartens. geboorteplek
  • Uitnodiging: Imprimatur

Nuutste kommentaar

  1. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

  2. Charl-Pierre Naude on Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)7 July 2025

    Hierdie is 'n teleurstellende en ongeinspireerde resensie deur 'n resensent van wie mens veel meer verwag. Dit lyk meer na…

  3. Bernardus Johannes Odendaal on Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans5 July 2025

    Ek stem met Daniel saam!

  4. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Baie dankie, Joan!

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)3 July 2025

    Skitterende digter! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d