Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 November 201514 November 2015

PEN Afrikaans. Die diktaat van Open Stellenbosch (Breytenbach)

Beste lid van PEN Afrikaans

Die Universiteit van Stellenbosch skenk tans oorweging daaraan om Engels die verstektaal in hul aktiwiteite te maak. Afrikaans en Xhosa sal as doseertale gebruik word as daar studente is wat dit versoek. Die universiteitsraad moet op 30 November die finale besluit oor dié nuwe taalbeleid neem.

Ons plaas hierby die reaksie van een van ons lede, Breyten Breytenbach, op die voorgestelde nuwe taalbeleid. Ons sien daarna uit om van ander lede te hoor.

Die Bestuur: PEN Afrikaans

*****
Die diktaat van Open Stellenbosch

Breyten Breytenbach. Coraldraw van 'n foto geneem deur Johan Kotze.
Breyten Breytenbach. (CorelDraw digitale verwerking van ‘n foto geneem deur Johan Kotze.)

Dit maak eintlik nie saak hoe die rektor se bestuurspan se aanbeveling/besluit betreffende die Universiteit van Stellenbosch se taalbeleid ingeklee, bewimpel of opgedollie word nie. Dit maak ook geen saak dat dié wat reeds oorgegee het nog praat van ‘n beleid wat deur die Raad bekragtig moet word nie. Dis beledigend om te wil voorgee hierdie besluit is geneem (en is waarskynlik al ‘n geruime tyd onafwendbaar) met enige sin of begrip van wat ‘n universiteit behoort te wees en die waardes wat dit veronderstel is om te inkarneer, of dat dit geneem sou wees met die belange van die studente in gedagte of selfs met die oog op die belange van die land nie. Dis beledigend en aanstootlik dat ‘demokrasie’ soos ‘n vrot vis voorgehou word om die stank van die karkas wat hierdie hele proses is te probeer verdoesel.

Die beleidsbesluit is geneem deur ‘n aantal opportuniste wat geen sin of begrip het van wat ‘n taal beteken en dra en verteenwoordig en ontsluit en waar dit vandaan kom nie – énige taal, selfs Engels. En dit is geneem onder druk van ‘n groep mense wat in feite ook niks voel vir wat ‘n universiteit, énige universiteit, veronderstel is om aan te bied nie.

Daar sou ten minste ‘n greintjie eer kon gered word indien die universiteitsowerhede erken dat ‘n taal maar net ‘n kommunikasiemiddel is, hoe eenvoudiger hoe beter, dat hulle in feite nie omgee vir etiese oorwegings of begrippe soos ‘geskiedenis’ of ‘meervolkigheid’ of ‘identiteit’ of toegang tot kennis, of dat daar enige aanspraak op verantwoordelikheid teenoor die Afrikaans van die Bruin meerderheid in die Weskaap is nie. Dit sou al help indien die universiteitsowerhede rondborstig wou erken dat dit nog altyd deel was van die bestaansvesel van die Universiteit van Stellenbosch om die poitieke hegemonie van die dag na die mond te praat –  en dan die karkas van dom lafhartigheid en sinisme te bewimpel in die kleed van akademiese oorwegings, of finansiële haalbaarheid, of om die onaanvaarbare toe te smeer onder voorwendsels van ‘bestuur’. Mens sou byna die beginselvasheid kon bewonder. Mens sou dit objektief kon bejammer as die jakkalsdraaie van ‘n instinktiewe fascisme as dit nie so treurige skouspel was nie.

Nouja, daar sal seker nie ‘n vlag gehys word nie, selfs nie eens die wit vlag nie. Dis nie nodig nie. Maar hierdie Vrydag die dertiende sal onthou word as die dag waarop die onverantwoordelikheid, gemaksugtigheid, domheid en ruggraatloosheid van die universiteitsowerhede vir ‘n oomblik in die geskiedenis duidelik was vir almal om te sien, insluitende dié wat nou hulle ‘oorwinning’ vier. Dis ‘n skande wat onthou sal word.

Breyten Breytenbach

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Yves T’Sjoen. Dichters des Vaderlands in de West-Kaap
Pen Afrikaans. Oor: Meertaligheid en moedertaalonderrig as die uitgangspunte van ‘n bemagtigende Suid-Afrikaanse onderwysstelsel, en die beplande wysiging van die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid →

7e gedagtes oor “PEN Afrikaans. Die diktaat van Open Stellenbosch (Breytenbach)”

  1. Leon Retief says:
    16 November 2015 at 18:27

    Ooooo… nou sien ek dit uiteindelik. Dankie.

    Reply
  2. marlise says:
    15 November 2015 at 22:16

    Leon, kyk na die einde van hierdie blog voordat jy by die kommentaarblokkie kom. Daar staan Share this. En net onder dit: Like this. As dit nie daar is nie, is jou rekenaar moontlik op pad siekeboeg toe….

    Reply
  3. Leon Retief says:
    15 November 2015 at 21:03

    Waar Marlise? Ek sien dit nie hier by my nie.

    Reply
  4. marlise says:
    15 November 2015 at 18:15

    Leon Retief: daar is ‘n ‘laaik’ knoppie! Kyk weer.

    Reply
  5. Engela Geyer says:
    14 November 2015 at 22:30

    Uitstekend, Breyten. Ai, my hart is swaar.

    Reply
  6. Leon Retief says:
    14 November 2015 at 15:37

    As daar ‘n “like” knoppie was het ek dit gedruk.

    Reply
  7. Waldemar Gouws says:
    14 November 2015 at 13:07

    Die universiteits-owerheid van Stellenbosch het nou eensydig omgeval en op hul knieë die besluit geneem om van volgende jaar klasse slegs in Engels aan te bied – sommer namens al die Afrikaanssprekendes in die land en ook namens die gedoemde nageslag.

    Praat van ‘n Bibbertas-koor wat uit vrees die koorsige massalied sing!

    Afrikaans is ‘n beskawingsbate, maar vir die welgevoede, professioneel-versorgde onwyse raadslede van 2015’n lastigheid.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d