Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 March 201610 March 2016

Nuwe publikasie: die bome reusagtig soos ons was (Hilda Smits)

Omslag

die bome reusagtig soos ons was

hilda smits

Hierdie verrassende debuutbundel is een van die eerlikste sienings in Afrikaans van die werklikheid van die emigrant of expat wat Suid-Afrika verlaat het, maar nog steeds worstel met identiteit in ’n nuwe omgewing. Die kinderjare van die digter word byna deurlopend gekontrasteer met haar nuwe lewe in die buiteland. Die herinneringe is skrynend eerlik en brose familiebande word sonder skroom ondersoek. Klein besonderhede kry reusegestalte in die herinneringe van haar kinderjare en staan skerp afgeteken teen die besef van nietigheid wanneer die ek-spreker in ander kontekste beland. Die belewenis van die grootstad Londen het soms ’n byna onwerklike en dromerige kwaliteit, asof die digteres sukkel om tot ’n vergelyk te kom met die verplaasde self. Afstand, afsondering en verlange word egter teengewerk deur vlugtige kontak met ander mense, objekte en herinneringe. Die stad met sy glas en beton word byna ook ’n persoonlikheid en word soms direk aangespreek, maar dit is veral die waarneming van die gewone lewe in teenstelling met die bekende toeristiese gesig van die stad wat uitstaan, soms morbied, onverskillig en smerig, maar dikwels ook warm en verwelkomend. Deurgaans is daar sprake van die spreker se kamera-oog wat objektief probeer waarneem en registreer, maar die ondertoon van melancholie verseker dat die gedigte die leser nie ongeraak laat nie.

Biografiese inligting:

Hilda Smits is ’n boorling van Potchefstroom, maar het haar nagraadse studie in Sielkunde in die VSA gedoen. Van haar gedigte het in Nuwe stemme 5 verskyn. Sy woon tans in Nashville, VSA. Sy lewer gereeld bydraes aan Versindaba.co.za   (Protea Boekhuis, 2016. 213 x 137 mm; Sagteband; 80 pp; ISBN (gedrukte boek): 978-1-4853-0640-5; ISBN (e-boek): 978-7-4853-0641-2, ISBN (ePub) 978-1-4853-0642-9)

.

een keer verdwaal ek was 6

julle almal lawaaierig huis toe

maar ek het op die swaai bly sit

om te dink

later het die park ’n geheime taal begin praat

die lig geluidloos soos deur Ma se sif geval

die gras stil geword

soos as stemme ophou praat

soos as mens jou ore moet prik

skemer toe staan ek op

want alles was anders toe stap ek verkeerdom op

in die pad verby die huise van vreemdelinge

slaphangheinings tuindwerge ’n ou Corvette op blokke sonder binnegoed

en al die tyd die lig wat opraak

vir Ma gesien soos ’n groot wit mot

sproei sy die gras in blink strale

en julle en die sproeier hol kaalbas oor die gras

en Ma met haar rooi lipstiffie en groot lag wat sê versiekind,

ek het gewonder waar jy was

.

[Uit: die bome reusagtig soos ons was, deur Hilda Smits; Protea Boekhuis, 2016]

.

Onderhoud volg binnekort. (Redaksie)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Onderhoud met Hilda Smits (die bome reusagtig soos ons was) →

3e gedagtes oor “Nuwe publikasie: die bome reusagtig soos ons was (Hilda Smits)”

  1. Engela Geyer says:
    19 March 2016 at 04:31

    Veels geluk, Hilda – hou baie van hierdie gedig!

    Reply
  2. JC says:
    17 March 2016 at 17:24

    Sjoe, dis een van die allerpragtigste gedigte wat ek al ooit gelees het! Mooi! Goeie voorskou van wat kom… Waar kan mens die bundel aanskaf? Sal dit beskikbaar wees by “Exclusive Books”? Ek het al verskeie bundels van onder meer Hambidge en Breytenbach daar aangekoop so die sal seker ook daar wees…?

    Reply
  3. carina vd walt says:
    11 March 2016 at 08:12

    Pragtig, Hilda! Ek kan nie wag om hierdie bundel met my oë te verslind nie. BAIE-BAIE geluk.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d