
Ek was verlede week by ʼn dokter vir ʼn volledige mediese ondersoek. Nee, daar is niks verkeerd met my nie; dit was bloot ʼn roetine-ondersoek, een van daardie waaraan mans van my jare hulself elke twee of so jaar onderwerp, om die illusie van hulle onsterflikheid ʼn bietjie te herlaai, of om die bewussyn van hulle weerloosheid wetenskaplik in toom te hou.
Vir ʼn uur lank word ons gewillig geobjektiveer en gereduseer tot ʼn reeks komponente, prosesse en funksie wat gemeet en klinies beoordeel kan word. Op 40 begeer jy niks meer as om weer en weer toegelaat te word tot daardie verbeelde gemeenskap van mans wie se tellings en mates nie afwyk van die saamgestelde figuur van soveel soortgelyke ondersoeke en kliniese proewe nie; die normale man, die gesonde gemiddelde, die ou wat gaan oorleef, nog ʼn paar dekades, nog ʼn paar jaar.
Ja, ek het gesê ʼn volledige ondersoek… bloedtoetse en ʼn EKG, Middeleeuse hamertjies en toe-oë balanstoertjies, ʼn geklop-klop op jou maag en ʼn liggie wat ín-skyn. En dan natuurlik die ongemaklike oomblik wanneer jy jouself in ʼn gekompromitteerde posisie vind, kaal op ʼn bed, op jou sy, met een been opgetrek en ʼn man wat vir jou verduidelik dat die ‘dipstick’ nog steeds die beste manier is om die grootte en vorm van jou prostaat te evalueer.
Dit was darem al ons derde afspraak.
Nou ja, ‘n ‘treadmill’ en EKG is nie heeltemal soos draf nie, en ‘n rektale ondersoek nie heeltemal soos seks nie. Maar mens wil ook nou nie ʼn gegewe hand aan die vinger byt nie, so ek het ontspan, ʼn veraf uitdrukking in my oë gekry en gedink: ‘Ek kán dit geniet. En teen R1,446 sál ek ook.’
Die letterkunde is immers vol van anale plesiere; en terwyl ek daar lê en die dokter sy handskoen aantrek, dink ek aan ʼn paar van my gunstelinge.
In die klassieke erotiese roman Fanny Hill, in die 18de eeu geskryf deur John Cleland, betrek een van Fanny se minnaars haar op ʼn keer van agter. Toe sy vir hom sê, Hei boet, jy’s besig om aan die verkeerde deur te klop, antwoord hy ewe kordaat: ‘my dear, any port in a storm.’
En dan natuurlik Milan Kundera. Lees hierdie aanhaling uit The Unbearable Lightness of Being: ‘He placed his hand on her moist genitals, then moved his fingers along to the anus, the spot he loved most in all women’s bodies. Hers was unusually prominent, evoking the long digestive tract that ended there with a slight protrusion. Fingering her strong, healthy orb, that most splendid of rings called by doctors the sphincter, he suddenly felt her fingers on the corresponding part of his own anatomy. She was mimicking his moves with the precision of a mirror.’
En hierdie, uit dieselfde roman: ‘She stood up from the toilet, flushed it, and went into the anteroom. The soul trembled in her body, her naked, spurned body. She still felt on her anus the touch of the paper she had used to wipe herself.’
Maar my onlangse gunstelinge, wat hierdie onderwerp betref, is die Amerikaanse romansier James Salter en die Brasiliaanse digter Carlos Drummond de Andrade.

Salter se A Sport and a Pastime is ʼn erotiese meesterstuk, en dalk omdat die narratief tot ʼn groot mate die verbeelding, en selfs die projekteerde fantasie van ʼn manlike verteller is wat nie direk deel is van die aksie wat hy ‘beskryf’ nie, vang Salter die geïdealiseerde, taboe-oorskreidende aard van anale seks as spesifiek ʼn hetero-manlike fantasie skitterend vas:
Hierdie byvoorbeeld: ‘They drive home at midnight. It’s not often they’re out so late. Usually their evenings are quite simple. A meal somewhere. A stroll from which they return after dark. The trees above them are rich with silence. From the radio stations of Europe music pours forth faintly in the cheapest rooms. Her portable is on the floor. The dial is illuminated. It glows mysteriously. Luxembourg is on. Geneva. The orchestras of the world beat softly. The muscle in her behind is tight. It feels like a string around the shaft. He pushed in slowly and then, at last, plunges, like the bottom dropping out. Anne-Marie moans, her head buried in her arms. After he was dead I thought often of these moments, of this one. Perhaps it is her moan, her face pressing against the sheet. He can feel her tight around him, like a noose. He closes her legs and lies there content, looking out the window, feeling the tender spasms.
“Es-tu contente?” he asks after a while.
Her voice, her very presence, seems summoned from afar. She answers quietly:
“Oui.”’
Wat Carlos Drummond de Andrade betref, ek het ʼn bundel Nederlandse vertalings van se nagelate erotiese gedigte verlede jaar in Amsterdam gekoop: De Liefde, Natuurlijk, vertaal deur August Willemsen en in 2015 uitgegee deur Uitgeverij Rainbow. Die oorspronklike het in 1992 verskyn. De Andrade besing die ‘billen’, die boude, soos ʼn mens van ʼn Brasiliaanse digter sou verwag. Maar sy erotiese belangstelling strek verder, of dieper, as bloot om ʼn mooi wegstap gade te slaan.
Hier is twee van De Andrade se gedigte:
Het was goed haar marmeren achterwerk te strelen
Het was goed haar marmeren achterwerk te strelen
en daarop mijn hele leven te ontcijfenren:
hartstocht, wellust, pijn, leven en dood, elkaar
kussend in blanke echt op onbegrensde welving.
Het was bitter op haar koele achterwerk de kleur
te voelen van een ander einde, het ronde afzien
van de hoop haar op een andere wijze te beminnen.
Alleen de billen bestonden, de rest was illusie.
Wanneer ander verlangens spreken
Wanneer ander verlangens spreken
en straffe begeerte zich verscherpt,
dan wijken de bloembladen van de anus
bij de trage gang van’t lange lid.
Het komt, het gaat terug, en maakt de enge
weg tot plaats van het meest zoet vertoeven.
Vrouw, tweevoudig vrouw, uw wezen bergt
Verborgen Ovidiaanse melodieën.

Lieflik, maar soos jy kan sien is daar ʼn ernstige tekortkoming in my anale argief. Toe die dokter uiteindelik, wel, by my ingaan (as ek vir ‘n oomblik Brinkiaans mag praat…), besef ek dat my verwysingsraamwerk redelik ‘gendered’ is: manlike fantasieë oor ‘n deel van die vroulike liggaam; en ook manlike representasies van verbeelde vroulike anale genot. Natuurlik, die manlike anus is ‘n genotsone in die uitbeelding van gay seks (dink aan Johann de Lange se gedig ‘Tongnaai’, en vele ander), maar veel minder so in die uitbeelding van heteroseks.
Trouens, penetrasie word gewoonlik as ‘n verleentheid, vernederend, selfs as verontmanlikend ervaar. Ek het die toneel uit The Unbearable Lightness of Being hierbo onvolledig aangehaal:
‘Even though, as I have pointed out, he had known approximately two hundred women (plus the considerable lot that had accrued during his days as a window washer), he had yet to be faced with a woman who was taller than he was, squinted at him, and fingered his anus. To overcome his embarrassment, he forced her down on the bed. So precipitous was his move that he caught her off guard. As her towering frame fell on its back, he caught among the red blotches on her face the frightened expression of equilibrium lost. Now that he was standing over her, he grabbed her under the knees and lifted her slightly parted legs in the air, so that they suddenly looked like the raised arms of a soldier surrendering to a gun pointed at him.’
Forced her down. Her frightened expression. Surrendering. A gun. Alles om sy anus van penetrasie te beskerm?! En dit terwyl hy waarskynlik genoeglik steun van genot elke keer wanneer hy ‘n ryp stoel passeer… Wat sou dit Tomas, Kundera se manlike hoofkarakter en oënskynlik ‘n fynproewer van seksuele genot en ligaamlike plesier, kos om hom oor te gee aan sy minnares se strelende, soekende, indringende vinger? Wat sou dit beteken?
Ek dink dit is ‘n belangrike vraag. Dit is dalk tyd dat ons die uitbeelding van heteroseks in die Afrikaanse letterkunde onderwerp aan ‘n roetine rektale ondersoek.
Desmond nee, ek het nie van saamstem gepraat nie, ek weet Maria en ek sal nie (en seker ook nie jy en ek nie) maar van tot ‘n vergelyk kom. Maar verder ja, gedurig saamstem is maar oorskat. As narkotiseur doen ek nie baie rektale ondersoeke nie maar wat my altyd amuseer is om na ‘n chirurg te kyk wanneer hy/sy ‘n rektale ondersoek doen: een hand (seker die denkende een waarvan Maria en Zwicky praat) so aan die vroetel, die ander hand op die pasient se been en so ‘n veraf uitdrukking op sy/haar gesig soos ‘n hond wat besig is om te skyt. Derrida het seker hieroor ook iets kwytgeraak. Of dalk iets soos dit kwytgeraak 🙂
Leon en Maria, saamstem word hoeka oorskat.
Leon, nee, ons gaan nie tot ‘n vergelyk kom nie, maar dankie, dit is absoluut heerlik om jou se kan te treiter met Mnr Jackie Derrida! Jy kap altyd terug met sulke verrassende empiriese feite en ander interessante bronne dat jy dit onweerstaanbaar maak om jou nie met hom te wil uitlok nie! So, ek hou die idee van die drink van daai kis wyn in gedagte! (Hoop dit kan hier in Suid-Afrika wees – dit klink te koud daar in Kanada.)
Desmond, dankie vir die verwysing. Soos Derrida duidelik maak, daar is niks buite die (metafisiese) teks nie, d.w.s. Derrida nooi ons inderdaad uit “beyond the rejection of phallocentricism”. Waar (falliese) rotse is, is klippe, en vice versa. Rotse is (van) klip, groot klippe wat uitstaan, en klippe is verbrokkelde rotse, om Derrida (se die een is die ander, net verskillend-uitgestel) in die taal van Leon se “Gedugte geoloë en gedigte Geologie” te praat.
Om ‘n mooi stukkie uit Jan Zwicky se gedig “The Geology of Norway” aan te haal en waar die skryf van ‘n teks/praat/”chat”/’onder-handel’ as ‘n “proses van kompressie” beskou kan word:
“The process of compression gives off thought.
I have wanted
the geology of light.”
Soos Zwicky* Seamus Heaney uit sy artikel “Crediting Poetry” aanhaal:
“I credit [poetry] ultimately because [it] can make an order.. . where we can at last grow up to that which we stored up as we grew. An order which satisfies all that is appetitive in the intelligence and prehensile in the affections. I credit poetry, in other words … for making possible a fluid and restorative relationship between the mind’s centre and its circumference … for its truth to life, in every sense of that phrase.”
‘n Vloeibare en opknappende en herstellende verhouding “sodat dit so na as moontlik vertoon soos wat dit oorspronklik was” (WAT) …
Zwicky weer – hier in die konteks van “roetine rektale ondersoeke”:
“The hand moving is the hand thinking:
what I didn’t know: even the continents
have no place but earth.”
Ons is VAN die aarde, gekontamineer met die aarde, “Die beginsel van stof” (Breytenbach) heers in ons, d.w.s. ons is nie suiwer nie, en dus self-teenwoordig nie en Freudiaanse glipsies gebeur dus nie net nie, maar niks tussen mense kan dus met enige finaliteit bereken word nie … Kiste en kiste wyn is nodig om sake tussen mense te besleg, nie bomme en die verplettering van plekke soos Palmyra nie …
* Bron: http://www.harvardphilosophy.com/issues/1999/Zwicky.pdf
Maria ek sal jou ode aan JD maar daar laat want ek dink nie ons twee sal maklik tot ‘n vergelyk kom nie, of dan nie hier op Versindaba nie. Dalk as ons eendag van aangesig tot aangesig ontmoet oor ‘n bottel wyn. Of dalk sal ons ‘n hele kis nodig hê .
‘n Anus en sy produkte is sekerlik nie die mees aantreklike aspek van die menslike liggaam nie maar soos enigeen wat kinders het en dus goed bekend is met doeke omruil en stêre afvee, mens raak vinnig gewoond aan daardie aspek van ouer wees. Nog meer so wanneer mens medisyne praktiseer en ligaamsprodukte nie meer vir jou iets is om oor te gril nie. As daar mense is wat die anus eroties vind, goed en wel vir hulle, elke diertjie het maar sy plesiertjie. Ek dink nie mense besef hoe afhanklik jy is van willekeurige beheer van jou sfinkters is nie
So paar jaar gelede lees ek “Music Through the Looking Glass,” die naam van die skrywer het ek nou vergeet, en kom ek af op Le Pétomane, skakel aan die einde.
Nog een kerm: enigiemand wat Darwin droog vind het duidelik nog nie “The Voyage of the Beagle” met aandag gelees nie. Beslis nie ‘n bruisende styl nie, ietwat Victoriaans en “ponderous” op plekke maar tog, in hierdie opsig, onderskat.
https://en.wikipedia.org/wiki/Le_P%C3%A9tomane
Maria, jy sal Jonathan Allan se Reading From Behind: A Cultural Analysis of the Anus (pas uitgereik; ek het dot nog nie gelees nie) dalk interessant vind…
http://www.zedbooks.co.uk/node/23394
“In a resolute deviation from the governing totality of the phallus, Reading from Behind offers a radical reorientation of the anus and its role in the collective imaginary. It exposes what is deeply hidden in our cultural production, and challenges the authority of paranoid, critical thought. A beautiful work that invites us beyond the rejection of phallocentricism, to a new way of being and thinking about sex, culture and identity.”
Uit Ernest Becker se boek The Denial of Death (1973:33-34, Simon & Schuster) kry ek die volgende pragtige passasie – ek kom nou daarop af via die soekwoorde “anus” en “mysterium tremendum” (as die moment waar “the person sees itself seen by the gaze of another”, te wete “‘the absolute highest being in whose hands we are, not externally, but internally’” in Patočka se woorde, soos Derrida (2008c:8) dit in The Gift of Death & Literature in Secret beskryf) toe ek die konsep van mysterium tremendum onthou as nog een van my gunsteling konsepte wat ’n spoor/trace van die (“trage”?!) tr. (“translation”) bevat:
“Excreting is the curse that threatens madness because it shows man his abject finitude, his physicalness, the likely unreality of his hopes and dreams. But even more immediately, it represents man’s utter bafflement at: the sheer non-sense of creation: to fashion the sublime miracle of the human face, the mysterium tremendum of radiant feminine beauty, the veritable goddesses that beautiful women are; to bring this out of nothing, out of the void, and make it shine in noonday; to take such a miracle and put miracles again within it, deep in the mystery of eyes that peer out — the eye that gave even the dry Darwin a chill: to do all this, and to combine it with an anus that shits! It is too much. Nature mocks us, and poets live in torture.”
Hier is Rudolph Otto (1869-1937) se uiteensetting van die Christelike nosie van mysterium tremendum et fascinans in sy werk Das Heilige (1917), vertaal as The Idea of the Holy (1923) deur John W. Harvey:
“Mysterium tremendum et fascinans” (fearful and fascinating mystery):
“Mysterium”: Wholly Other, experienced with blank wonder, stupor
“tremendum”:
awefulness, terror, demonic dread, awe, absolute unapproachability, “wrath” of God
overpoweringness, majesty, might, sense of one’s own nothingness in contrast to its power
creature-feeling, sense of objective presence, dependence
energy, urgency, will, vitality
“fascinans”: potent charm, attractiveness in spite of fear, terror, etc.
Bron: http://www2.kenyon.edu/Depts/Religion/Fac/Adler/Reln101/Otto.htm
Desmond, soos jy kan sien dink ek jou idee van “‘n roetine rektale ondersoek” van “die uitbeelding van heteroseks in die Afrikaanse letterkunde” is in vir ‘n ding!
Leon, jy vat iets goed raak daar met jou “Niks werklik nuut of insiggewend hier nie” – dit kan een van die aspekte wees wat party lesers vreemde dinge laat kwytraak. Wat Derrida probeer wys (d.i. daardie onvermydelike logiese paradoksale beweging – van bestaan VIA die ander/die toekoms/lewe/skrif [lg. n.a.v. die eeue-oue bevoordeling van spraak ten koste van skrif wat Derrida baie “telling” vind]) is so buitensporig algemeen en voor-die-handliggend dat dit juis dit is wat dit “nuut [en] insiggewend” maak. Ek leen die siening by Heidegger wat gesê het dat dit “by the simplicity of its essence” is dat “the thought of Being makes itself unknowable for us”, soos Derrida hom (baie “telling” in “Violence and Metaphysics” aanhaal.
Desmond, ja, Derrida kan die retoriese pap inderdaad soms baie dik aanmaak “en dan nog sommer te veel suiker ingegooi [het] ook” – hy speel konstant met die verhouding tussen vorm en inhoud. Hoe praat ‘n mens oor gebeurtenisse SOOS 9-11? Jy sal jouself mos net te buite moet gaan om reg aan sulke soorte gebeurtenisse kan laat geskied. Derrida is genadeloos met die leser – die leser moet hard werk…
Om dinge kort te probeer hou; ek is ‘n groot fan van wat Royle hier kwytraak:
“Literature has a peculiar but decisive role in all of this. We might recall, once again, Derrida’s succinct proposition that ‘deconstruction is a coming-to-terms with literature’ (Dec 9). Literature, as he suggests
in the 1989 interview with Derek Attridge, is ‘the most interesting thing in the world, maybe more interesting than the world’ (TSICL 47).”
Die dekonstruktiewe moment neem meermale ‘n buitensporige letter-kundige vorm aan as jy dit noukeurig lees, d.w.s. dit is ongehoord fyn gekonstrueer, d.w.s. daar is ongelooflik fyn gekies en gerangskik … die vorm en inhoud reflekteer mekaar, soos in gedugte gedigte! Soos byvoorbeeld hier met die alliterasie van die l in
“bij de trage gang van’t lange lid”! (Ek merk natuurlik ook die tr. van [die Engelse] “translation”, [die Franse] trace sowel as Husserl se tradisie [van geometrie, die wetenskap van wetenskappe] ook op?!)
Dit is mos mal verby, om nie te praat van vreeslik vrolik en lewe beamend nie! (Onthou, ek het die afgelope kwartaal baie hard gewerk om dinge soos alliterasie in graad 8 tot 11 kindertjies se koppe te dril!)
Dankie Desmond. Wys jou net, mens kan verskil en nog aan dieselfde kant van die vuur bly sit.
Sigeuner: dankie!
Leon, interessant, dankie. Ons praat later weer oor Freud… hy is een van daardie interessante figure wat, dink ek, belangrike filosofiese vrae oor die mens gestel het, of belangrike filosofiese vrae oor die mens op ‘n nuwe manier aan die orde gestel het, ongeag die status van sy ‘wetenskap’. So, mens sou hom wetenskaplik kan verwerp sonder om hom filosofies te verwerp. Of, dit is soms filosofies produktief om hom te lees, al is dit nie klinies produktief nie.
Wat Derrida betref: ek sal beslis nie elke woord wat die man geskryf het, verdedig nie. En soms het hy die retoriese pap te dik aangemaak en dan nog sommer te veel suiker ingegooi ook. Die 9/11-aanhaling is dalk ‘n voorbeeld… maar polities was hy eintlik nie way out nie; ‘n sosiale demokraat meen ek, en ek dink nie dit is as politieke denker dat hy sal oorleef nie. Daar is beter goed om te lees oor die pre- en post-9/11 wereld.
Selfs Maria gaan dit moet toegee 🙂
Wat kompleksiteitsteorie en biologie betref, ek dink heelwat daarvan kan sonder Derrida bedink en gedink word. Ek het maar bedoel: Derrida se idees kan op heel konvensionele maniere konseptueel aangewend word, buite die nou reeds vervelige gevegte oor ‘postmodernisme’. Maar ek weet te min van wat mense soos Hofmeyr doen.
Desmond my opmerking oor JD was deels om my geliefkoosde derroris te terg. Maria, ek vermoed jy weet van wie ek praat 🙂 Ek besef baie goed dat JD een van die belangrikste filosowe van die vorige eeu was en dat sy invloed wyd strek, asook dat hy beslis belangrike bydraes gelewer het op die gebiede van letterkunde en taalfilosofie, waaroor ek my nie kan en gaan uitlaat nie want ek is nie in ‘n posisie om so iets te doen nie. Ek beoordeel (dalk is beskou ‘n beter woord) hom egter nie uit die oogpunt van die natuurwetenskappe of die digkuns nie. Wat ek wel weet is dat heelwat dinge wat hy gesê het, duister soos dit dikwels was, beter deur digters gesê is. Waar my paadjie van syne skei (vir wat my mening nou werd is) is Freud. Ek het maar min respek vir Freud. Derhalwe ook vir JD se sienswyse oor hom maar dis nou weer ‘n heeltemal ander onderwerp en ek is nie nou lus om daarop in te gaan nie. Miskien eendag maar nie nou nie.
Ek stem ook saam dat van JD se dissipels soms uiters eienaardige dinge kwytgeraak het en dat mens hom sekerlik nie daarvoor kan verkwalik nie. Ek stem egter nie saam dat die Sokal-storie nie ten minste ten dele op hom van toepassing is nie – sien die skakel van Weinberg aan die einde. Sy antwoord op ek vergeet nou wie se vraag oor die sogenaamde Einsteinkonstante wat Sokal noem is gibberish – Weinberg het elders genoem dat hy wat Weinberg is moeite gedoen het om vas te stel wat die konteks van JD se antwoord was en en dat hy dit steeds nie verstaan nie. As Weinberg dit nie verstaan nie (en ek dink geen fisikus verstaan dit nie) dan is ‘n pleb soos ek in goeie geselskap. Verskeie van JD se dissipels het eierdanse uitgevoer om te probeer verduidelik hoe diepsinnig hierdie stelling nou eintlik is maar ek dink nie dat dit enigeen buite hul eie kring oortuig het nie. Maar okei, dis maar een stelling en soos jy genoem het, JD het eintlik nie veel te sê gehad oor die natuurwetenskappe op sig self nie en mens kan enigeen seker ‘n paar nonsensikale opmerkings gun. Ek meen, jy dink heel waarskynlik nou dat ek nonsens praat so gun my dit ook maar 🙂
Dit is wel so dat Sokal se artikel moontlik meer publisiteit gekry het as wat dit verdien het maar die indruk wat ek het is dat natuurwetenskaplikes al so gatvol was vir die stront wat postmoderniste oor hul vakgebied kwytgeraak het dat hulle dit maar al te gretig aangegryp en versprei het. Ek neem hulle nie kwalik nie en sou presies dieselfde gedoen het. Ek kry ook die indruk, reg of verkeerd, dat baie mense wat Sokal se artikel sonder meer afgeskiet het dit gedoen het ten minste deels omdat hulle nie genoeg van fisika geweet het nie.
JD se volgelinge, of dan ‘n stewige persentasie van hulle wat hulself op die gebied van die natuurwetenskappe begeef het – wel, dis ‘n ander saak. Mens dink aan die tragikomiese (daar is nie ‘n ander woord daarvoor nie) misverstaan van relatiwiteit deur byvoorbeeld Latour, asook sy stelling dat Ramses die hoeveelste onmoontlik TB kon gehad het omdat die mikrobe eers in die 1880’s deur Koch ontdek is. Daar is natuurlik ander maar ek laat dit nou maar daar. Nie iets wat mens nou direk voor JD se deur kan gaan lê nie maar as patriarg en grondlegger – ek weet nie of hy ooit iets geskryf het oor hierdie dissipels se fantasievlugte nie. Dalk het hy nie tyd of lus gehad nie wat seker heel verstaanbaar is maar darem. My vorige opmerkings in Versindaba, so ver ek kan onthou, was meer gemik op postmodernisme as op JD homself, so ver ek kan onthou. En dis in hierdie konteks waarin my opmerking gesien moet word.
Maria, JD oor trace/spoor: “It is also in this sense that the contemporary biologist speaks of writing and pro-gram in relation to the most elementary processes of information in the living cell.” En so aan. Niks werklik nuut of insiggewend hier nie.
Wat betref Jannie Hofmeyr se huldeblyk aan Paul Cilliers en sowel Desmond as Maria wat dit skynbaar eens is dat Derrida met vrug aangewend word in die biologiese en ander wetenskappe (en as ek julle nou reg verstaan wat nie ‘n uitgemaakte saak is nie): ek was bekend met Hofmeyr se werk, hy is of was ‘n ensiemkinetikus waaroor ek meer jare gelede as wat ek graag sou wou hê onbenullige werk gedoen het. Dat hy en Cilliers by stelsel biologie uitgekom het is geensins eienaardig nie want ensiemkinetika is ‘n vakgebied wat hom uitstekend leen tot hierdie modaliteit, voorts het stelselbiologie reeds in die min of meer 1950’s sy beslag begin kry sonder enige hulp van die kant van derroriste. Dit, sowel as kompleksiteit, het baie toepassings in eietydse biologie, onder andere ook in populasiedinamiek en genoomanalise. Die Santa Fe Institute is ‘n tereg wêreldberoemde instituut wat navorsing doen oor kompleksiteit en so van tyd tot tyd ontvang ek hul nuusbriewe. Soms sien ek die naam Derrida daar raak, maar hierdie is ene B. Derrida, ‘n wiskundige, en nie JD nie. Ek dink dis nogal heel ironies. Navorsing oor kompleksiteit kom heel goed oor die weg sonder JD.
My eie belangstellings in die natuurwetenskappe is in evolusie, molekulêre biologie, kwantumfisika en kosmologie. Vanselfsprekend kan ek (of enigiemand anders) nie sê dat ek op hoogste is met alle nuwe vorderings in hierdie vakgebiede nie, maar ek het nog nooit enige artikel wat deur kundiges geskryf is teengekom wat eers melding maak van JD of postmodernisme nie. Weinberg het heel tereg geskryf dat filosowe van die natuurwetenskappe geen invloed het op die praktyk van hierdie vakgebied nie om die eenvoudige rede dat geen natuurwetenskaplike nog ooit gaan sit en aan hom/haarself die volgende gesê het nie: “Hmmm… die filosowe skryf dit en dat, dus moet ek nou daarvolgens my volgende navorsingsprojek op hierdie manier kies en aanpak, dit sus en so benader en my resultate op hierdie en daardie manier interpreteer.” Dit gebeur net eenvoudig nie – natuurwetenskaplikes doen wat hulle doen, hulle resultate (reg en dikwels ook verkeerd) is wat dit is en oorleef (of nie) daaropvolgende verifikasie. En dis soos dit is – dis soos die natuurwetenskappe werk.
Dan sommer iets oor JD en 9/11, ek dink geen verdere kommentaar is nodig nie:
Borradori: September 11 [le 11 septembre] gave us the impression of being
a major event, one of the most important historical events we will witness
in our lifetime, especially for those of us who never lived through a
world war. Do you agree?
Derrida: Le 11 septembre, as you say, or, since we have agreed to speak
two languages, “September 11.” We will have to return later to this
question of language. As well as to this act of naming: a date and nothing
more. When you say “September 11” you are already citing, are you not? You
are inviting me to speak here by recalling, as if in quotation marks, a
date or a dating that has taken over our public space and our private
lives for five weeks now. …. For the index pointing toward this date,
the bare act, the minimal deictic, the minimalist aim of this dating, also
marks something else. Namely, the fact that we perhaps have no concept and
no meaning available to us to name in any other way this “thing” that has
just happened, this supposed “event.” An act of “international terrorism,”
for example, and we will return to this, is anything but a rigorous
concept that would help us grasp the singularity of what we will be trying
to discuss. “Something” took place, we have the feeling of not having seen
it coming, and certain consequences undeniably follow upon the “thing.”
But this very thing, the place and meaning of this “event,” remains
ineffable, like an intuition without concept, like a unicity with no
generality on the horizon or with no horizon at all, out of range for a
language that admits its powerlessness and so is reduced to pronouncing
mechanically a date, repeating it endlessly, as a kind of ritual
incantation, a conjuring poem, a journalistic litany or rhetorical refrain
that admits to not knowing what it’s talking about. We do not in fact know
what we are saying or naming in this way: September 11, le 11 septembre,
September 11. The brevity of the appellation (September 11, 9/11) stems
not only from an economic or rhetorical necessity. The telegram of this
metonymy-a name, a number-points out the unqualifiable by recognizing that
we do not recognize or even cognize that we do not yet know how to
qualify, that we do not know what we are talking about.
http://www.physics.nyu.edu/sokal/weinberg.html
En dan sommer vir die lekkerte:
http://maartenboudry.blogspot.ca/2015/03/bestaat-de-wereld.html
Hierdie is nie `n liggewig skrywe nie, alhoewel dit tong in die kies is. Oopkop en op die man af (en lankal nodig.
Die gedigte is manjifiek! Iemand behoort na dese `n gedig te skryf oor die onbegryplike anus. 🙂
Inderdaad Desmond. Soos Prof. Jannie Hofmeyer dit hier stel in sy huldeblyk aan Paul Cilliers en via sy konsep van “relational worldview” by implikasie verwys na daardie onder-hande-ling/wonder-werk [wat (logiesgewys) in sisteme (moet/sou moes) gebeur (het gesien dat ons hier is)] waaroor Derrida probeer skryf het/aan die lig probeer bring het:
“Much has been said and will be said about where Paul came from as philosopher and complexity thinker. However, to understand how a philosopher and a biochemist found common ground I must say something about where I come from. Very early on in my career as research scientist I started worrying about the extreme reductionistic way my discipline approached the study of living organisms. By necessity, in order to study life at the level of molecules, our first act was to kill our subject, thereby immediately losing the very thing we want to study and understand. Long before the metaphor became fashionable I said that we were pushing Humpty Dumpty off the wall and what was needed to put him back together again was glue, glue in the form of new theoretical frameworks. So I became what is now called a systems biologist. I used mathematical modelling and computer simulation to develop an understanding of how the myriad of components of the living cell work together in a harmonious and integrated way. Paul, with his engineering background and work at the Institute for Maritime Technology in Simonstown, had expertise in neural network modelling and we spent many evenings trying to see whether we could talk these two approaches to understanding systemic behaviour together. Despite the help provided by the numerous bottles of wine consumed during these late-night discussions, we did not succeed. We now know why. Both of us were still working within the constraints and limitations of what has come to be known as the Newtonian paradigm. Both of us needed a kick in the butt that would propel us over the fence, some would say to the “dark side”. Paul’s buttkick came when he switched to philosophy, discovered Derrida and other poststructuralist thinkers, and developed in his PhD-studies a platform from which to launch his unique take on complexity and complex systems. Mine came in the middle nineties when I walked into the little German bookshop in Andringa street and found a most unlikely book on the shelf: The theoretical biologist Robert Rosen’s book Life Itself: An inquiry into the Nature, Origin and Fabrication of Life. Rosen’s description of what he called relational biology, using a new type of mathematics called category theory, radically changed the way I looked at life from a biological point of view. Up to then biology had, in his words, thrown away the organisation of living systems and studied the matter, whereas, to understand life, we have to throw away the matter and keep the organisation. And with organisation he meant the nonlinear functional relationships between the components of the system. And it was with these ideas that Paul and I realised that we had within our grasp the stirrings of a common language, the beginnings of a new way of looking at the world, a view that we now call the relational worldview.”
(Bron: http://sun025.sun.ac.za/portal/page/portal/Arts/Departemente1/filosofie/personeel/In%20Memoriam1/Huldeblyk%20deur%20prof.%20Jannie%20Hofmeyr)
Materie versus organisasie, die een is die ander, net verskillend-uitgestel, d.w.s. twee kante van ‘n munt of vel papier, soos vorm en betekenis ook nie los van mekaar gemaak kan word nie/met mekaar onder-handel.
Nou kan ‘n mens maar net weer Heidegger se (baie filosofiese, wees gewaarsku) paragraaf aangehaal in Différance gaan lees wat begin: “to be the Being of beings is the matter of Being (die Sache* des Seins). The grammatical form of this enigmatic, ambiguous genitive indicates a genesis (Genesis), the emergence (Herkunft) of what is present from presencing (des Anwesenden aus dem Anwesen). […]”.
Uit beweging (“presencing”), verskyn dinge, soos sterre gebore word?
Dit bring ons volgens my terug by die (uiters dinamiese) stelling waarmee (die sensuele, erotiese?) Krog “skryfode” begin, naamlik “om te kan skryf moet ek myself binne kom / deur my te buite te gaan”, d.w.s. ‘n paradoksale self-separerende-geboortegewende verhouding met die self is nodig om te kan skryf/wees, oftewel ek is via my ander, byna soos daardie “fabelagtige ryk man” in DeLillo se Cosmopolis waarvan jy vertel wat so be-staan/is via sy “tydig[e] en ontydig[e] ‘medicals’ — sommer so in sy ‘limo’. Rektale ondersoeke ingesluit” en waarvan Leon sê hy ken ‘n paar!
die aarde kreun in die kleur van roes
die son sputter bros blou vure
waar is die woord [apartheid/separasie/se-cernere/”secret”/geheim?!] aanvanklik werklik veilig? (Krog 2000:67)
In “De Liefde, Natuurlik”!
“Zichtbaar, alleen”, om die woorde van Wouter van Heiningen te gebruik op wie se blog daar nog ‘n paar van De Andrade se gedigte te lese is hier by
https://woutervanheiningen.wordpress.com/tag/carlos-drummond-de-andrade/.
*Die Duitse woord Sache (n.) kan baie dinge beteken, soos byvoorbeeld ding, aangeleentheid, materie/stof/tema, subjek, oorsaak, geval, oorsaak, saak, besigheid, artikel van eiendom(/eiendom van artikel?), om Google translate se Engelse vertaling vinnig in Afrikaans te vertaal.
Maria, ek stem saam… hy is op ‘n manier ‘nie ‘n filosoof nie’, maar dan op ‘n ander manier as wat ek en Leon nie filosowe is nie. Oor 100 jaar gaan mense Derrida steeds lees, maar waarskynlik binne die filosofie — as iemans wat binne/buite die filosofiese tradisie gestaan het, maar juis op daardie manier deel geword het van die filosofiese kanon.
Wat biologiese en ander wetenskappe betref; daar is mense in daardie en ander dissiplines wat Derrida lees en vrugbaar aanwend (Jannie Hofmeyr by Stellenbosch bv.), maar ek bedoel net: Derrida kan nie beskuldig word daarvan dat hy valse empiriese uitsprake gelewer het, wat die hekwagters van ander dissiplines (hoe irriterend en kleinsielig hulle ook al is) kan kritiseer en uitwys as ‘intellectual fraud’ nie.
Derrida is nie op hierdie wyse ‘n intellektueke ‘fraud’ nie; sy kennis van die tekste en gebiede waaroor hy geskryf het, was enorm.
Dankie Desmond – en hoe het jy geweet ek het meer as een held? 🙂
Mag ek byvoeg – en bietjie van jou verskil – Derrida was beide ‘n filosoof en nie ‘n filosoof nie, en dus uiteindelik “one of a kind” (wat natuurlik mag wees wat hom so frustrerend maak vir party lesers). Want, deels doen hy op ‘n manier niks anders as om te wys wat daar staan (op plekke in filosowe en ander deurslaggewende denkers/skrywers se werke/sisteme) nie en waar ‘n noukeurge lesing daarvan, letterlik en figuurlik, verstommend is. Mens kan hierdie momente volgens my dan na regte ook eers ten volle begin waardeer as jy dit SELF probeer ontleed en daaroor probeer skryf, d.w.s. dit eerstehands ervaar. ‘n Goeie voorbeeld om mee te begin is byvoorbeeld Plato se skrywe oor khora (waaroor daar juis al so baie geskryf is, maar gaan beloer/ervaar dit vir jouself), of Levinas se skrywe oor die spoor/trace; die dele van Saussure en Heidegger wat Derrida byvoorbeeld in Différance aanhaal is ook baie goed. Met die lees van hierdie stukkies is dit dan ook nuttig om, soos met gedigte, te tel (a la Daniel Hugo), oftewel na die formele (argitektoniese) strukture te kyk. Die spel wat na vore kom is dan werklik ongelooflik, of meer presies enigmaties. Op ‘n sekere vlak kom dit dan ook neer wat ek van hou om in Kopano Ratele se woorde in There was this goat beskryf, naamlik as ‘n “verruklike verwarring” tussen intensie en intuïsie (Ricoeur), of tussen geloof en kennis (Derrida), of tussen blindheid en insig (De Man), ensovoorts, soos byvoorbeeld tussen die empiriese en die nie-empiriese/idealistiese.
Dit is dan ook hoe Derrida ‘n mens op ‘n manier terugbring by Levinas en daardie bereidwilligheid om van aangesig tot aangesig te gaan met die ander wat natuurlik iets is wat gedoen wil word.
Uiteindelik het mens volgens my, benewens ook besondere geduld, ‘n sekere monsteragtige sin vir humor nodig vir (wat) Derrida (wys), oftewel ‘n smaak om huis te kan hou met hom(/daarmee), d.w.s. hy(/dit) dwing op ‘n manier Nietzsche se Groot Gesondheid – daardie lag en dans buite die huis – op ‘n mens af.
Derrida en die empiriese biologiese wetenskappe is na regte uiteindelik dan ook nie so ver van mekaar af nie as ‘n mens sy opmerking in Of Grammatology (p.70) in ag neem rakende sy keuse van die nosie van die spoor/trace waaroor hy dit baie duidelik maak – nadat hy na Levinas, Heidegger, Nietzsche en Freud se skrywes daaroor verwys het – dat hy kennis geneem het van wat daaroor gesê word in die biologiese wetenskappe.
Dalk sou mens ook op goeie gronde kon sê – indien mens die sekere feministiese aspek in sy lesing van Levinas in “At This Very Moment in This Work Here I Am” in ag neem – dat Derrida ons terugbring by daardie (sekere arche-)vrou in Carlos Drummond de Andrade se “Wanneer ander verlangens spreken”, d.w.s. daardie sekere (self-)separasie van die “Vrouw, tweevoudig vrouw” wie se “wezen bergt / Verborgen Ovidiaanse melodieën”?! (Man, geniet ek die gedig – dankie vir die bekendstelling aan De Andrade!)
Ek is nie ‘n ‘Derridiaan’ nie, Leon, maar sy oorspronklikheid en belangrikheid as twintigste eeuse filosoof is ‘n feit. Nie net was sy intervensies in velde soos die fenomenologie (geniale interpretasies van Husserl en Heidegger), psigoanalise (hy is een van Freud se beste filosofiese lesers) en strukturalisme (de Saussure en Levi-Straus se mees kreatiewe leser) verhelderend nie, maar dit het die gang (en wat gangbaar is) in elk van daardie denkskole verander.
Of mens met elke aspek van sy intervensies saamstem of nie, daar is ‘n voor en ‘n na Derrida in die kontinentale filosofie — en soos die oppervlakkige mediagesprekke (deur beide diegene wat dit gepropageer en teengestaan het) oor ‘postmodernisme’ uit die geheue vervaag (en Derrida self was nie skuldig aan die oppervlakkige mediafilosofie nie), word daar ook toenemend op gewone ernstige en scholarly manier na hom gekyk in die analitiese tradisies. John Searle se protestering ten spyt, Derrida se lees van Austin en speech act theory was briljant en gaan nog lank reverbereer in die taalfilosofie.
Derrida was ‘n filosoof; hy kan nie vanuit die perspektief van die digkuns of wetenskap beoordeel word en dan ‘oorskat’ genoem word nie. Dan is Einstein ook ‘hoogs oorskat’ – as filosoof en as digter. (Dit is sekerlik so dat heelwat van Derrida se – veral Amerikaanse – dissipels, en veral in die comparative literature departemente, bygedra het tot ‘n karikatuuragtige beeld van die denker, asof dit als net werklikheidsontkenning en taalspeletjies is…)
Feit is, as jy vandag Husserl, Heidegger, Nietzsche, Freud, de Saussure, en vele ander, selfs Beckett en ander modernistiese skrywers, gaan wil lees, as filosoof, jy Derrida se kommentare en dekonstruksies moet konfronteer. En dit is wat ‘n groot filosoof doen: hy of sy word ‘n punt vanwaar die tradisie opnuut gelees en geinterpreteer word.
Ja, denkers in die toekoms gaan van Derrida verskil; gaan die tradisie op nuwe maniere opneem en aan kritiek onderwerp. Maar Derrida se teenwoordigheid en invloed kan nie ‘oorskat’ word nie. Dit is enorm. Daarbenewens tel sy beste boeke gewoon ook onder die mees fassinerende en kreatiewe tekste van die twintigste eeu se filosofie.
Laastens, Derrida was nooit skuldig daaraan dat hy kwasi-wetenskaplike uitsprake gemaak het in velde buite sy ekspertise nie. Daardie kritiek – die Sokal-storie – is dus nie van toepassing op hom nie. Hy het filosofiese en literere tekste gelees en daarop kommentaar gelwer – net bietjie beter as die meeste ander mense, tot so ‘n mate dat ‘n legioen nabootsers SOOS hy prober lees.
Hy het nooit die bevindinge van die biologie of fisika in twyfel getrek of iets daaroor geskryf nie.
(Maria, moenie later s^e ek verdedig nie jou helde nie… :-))
Natuurlik Leon, Derrida het nooit voorgegee om ‘n digter te wees nie. Hy het gedigte net op ‘n paar ongewone plekke raakgesien – of wat hy raakgesien het was vir hom soos poësie, net so dig en speels en eindeloos leesbaar soos poësie.
Ek dink Derrida sou van jou gunsteling sterwenswoorde hou, want wat hy o.a. probeer sê volgens my is juis hierdie ding van die dood wat nie so erg is nie, nie so finaal is nie, gesien juis hierdie ding van dat mens so styf is die volgende oggend – jy kan nie meer terug praat nie! Mens is dan uiteindelik finaal en absoluut in die hande en aan die genade van die ander oorgelaat, byna soos met ‘n rektale ondersoek?!
Maria ek dink digters het dit al beter (en vroeër) as die hoogs oorskatte JD gesê. Die beste sterwenswoorde waarvan ek weet (en ongelukkig vergeet ek nou wie dit gesê het) is: “Dying isn’t so bad, it’s just that you’re so bloody stiff the next morning.” Ek hoop ek is in staat om dit te kan sê wanneer ek eendag hierdie ondermaanse verlaat.
Leon, verskaf jy nou ‘n goeie voorbeeld vir die nuttigheid van Derrida, ‘n sekere Freudiaan (d.w.s. droomstorieleser) par excellence. Die mens en sy vrese en neuroses, oftewel die mens en sy verregaande interpretasies van/stories oor die lewe. Sekere fenomene is moeilik om oor te praat; mens sien en hoor dit, maar hoe kry jy dit klein? Dit is dan ook waar gedugte digters in die prentjie kom en hoekom mens hulle moet lees – hulle kan hierdie onbegryplikhede so goed vasvat.
🙂
Desmond nee ek ken nie die boek nie. Maar ken paar sulke mense 🙂
Leon, het jy al Don DeLillo se Cosmopolis gelees? Die hoofkarakter, ‘n fabelagtige ryk man met ‘n ernstige vrees vir siekte en dood, ondergaan tydig en ontydig ‘medicals’ — sommer so in sy ‘limo’. Rektale ondersoeke ingesluit. Dis nie maklik om jou sterflikheid te aanvaar nie!
Ek word nou herhinner aan die keer in 2011 toe ek ‘n verpligte mediese ondersoek moes ondergaan om hier permanente verblyfreg te kry. Gelukkig het dit nie ‘n rektale ondersoek ingesluit nie maar was skreeusnaaks…
… om daardie laaste sin te veralgemeen.
Maria, ek hou van daardie ‘always prefer life’.
Wat laaste woorde betref, Foucault se laaste woorde as dosent is vir my mooi. In die getranskribeerde laaste lesing van sy reeks, ‘The Courage of Truth’ (waarin hy die ou Grieke herbesoek), sê hy: ‘There you are, listen, I had things to say to you about the general framework of these analyses. But, well, it is too late. So, thank you.’
Die laaste woorde van die ‘things’ (‘n verdure argument van ongeveer 1000 woorde oor die ou Griekse begrip ‘parrhesia’) waarvoor hy nie tyd gehad het nie, as jy die geskrewe lesingnotas lees, is dit:
‘But what I would like to stress in conclusion is this: there is no establishment of the truth without an essential position of otherness; the truth is never the same; there can be truth only in the form of the other world and the other life.’
Hy maak hier ‘n baie spesifieke eksegetiese punt in die konteks van ‘n bespreking van Platonisme en die Cynici, maar ek voel altyd verlei om daardie laaste sin, oor die ander wereld en die ander lewe as die noodwendige vorm wat die waarheid aanneem.
Leon, Desmond, Derrida het so vreeslik rondgerits om tekste/spore reg oor die aardbol te lewer/te los/te laat/te maak, ek weet nie hoe en waar hy die tyd gekry het vir roetine mediese ondersoeke nie. Hy is op 74 dood aan kanker van die pankreas wat mos ‘n kanker is wat net altyd te laat opgemerk kan word, as ek reg verstaan. Vir eens was daar ‘n verskil in sy lewe wat nie lank uitgestel is nie, nie lank gevat het om te kom nie. Maar ek dink hy was reg vir hierdie ironie. Hier is sy laaste woorde, dit is vir my nie net baie mooi nie, maar veral ook ‘n uitstekende leidraad tot sy oeuvre (lekker ont-syfer daaraan):
“Jacques wanted no rites and no orations. He knows from experience what an ordeal it is for the friend who takes on this task. He asks me to thank you for coming and to bless you. He beseeches you not to be sad, to think only of the many happy moments you gave him the chance to share with him.
Smile for me, he says, as I will have smiled for you until the end.
Always prefer life and constantly affirm survival…
I love you and am smiling at you from wherever I am.”
Hallo Leon, en dankie, ek is geneig om met jou saam te stem, maar ek het gedog ek is sommer maar paranoïes en oorkrities op die medikalisering van alles en die ‘pasientifisering’ (eisj…) van almal in ons tye. Ek was nie van plan om volgende jaar terug te keer nie; ek het gedog ek sal maar weer gaan hoes wanneer ek 45 is. Maar ek sal jou alternatiewe voorstel sterk oorweeg.
Ons het nie veel kankers in die familie nie, meer kardiovaskulere kwessies — maar daarvoor het ek nie die full monty nodig nie.
Wat Derrida betref, hy’t op 72 of 74 aan kanker gesterf, maar ek weet nou nie watter intimiteite hy jaarliks met sy dokter gedeel het nie. Ek is seker Maria sal wel weet…
Desmond dankie, maar op ‘n heel ander noot: dis heeltemal onnodig vir ‘n gesonde persoon (ek neem aan jy is) om so ‘n jaarlikse ondersoek te ondergaan. Baie keer lewer so iets net op wat die Engelse ‘n “incidentaloma” noem, seker ‘n insidenteloom in Afrikaans. Oftewel dan, iets wat eintlik geen invloed op jou gesondheid of lewensverwagting gaan hê nie maar wat dan ‘n knop iewers vind of ‘n abnormale bloedondersoek en dan word die hele kaskade aan die gang gesit wat verdere ondersoeke en moontlike chirurgiese ingrepe tot gevolg kan hê. Ek het nogal sterk gevoelens oor hierdie saak. Meeste mans bo 70 byvoorbeeld sterf met prostaatkarsinoom maar nie as gevolg van daai kanker nie, eweneens het sowat 20% van mense tussen 50 en 70 pappilêre karsinoom van die tiroïed maar hulle gaan nie daaraan dood nie en het ook geen simptome nie. In ‘n groot reeks van 79 000 pasiënte wat so paar jaar gelede gedoen is is gevind dat 60% van hulle ten minste een abnormale resultaat van hulle bloedondersoek of EKG gehad het en in meer as 90% van gevalle het die dokters net mooi niks daaromtrent gedoen nie. Nie alle dokters het die insig om te besef dat mens nie dadelik moet optree nie.
As jy ‘n familiegeskiedenis het van ‘n maligniteit of ander siekte het wat tot ‘n mindere of meerdere mate erflik is soos byvoorbeeld prostaatkarsinoom (slegs 5-10% loop in families) of kolonkarsninoom (waar jy dan ‘n fekale bloedtoets of kolonoskopie kan laat doen – ja, ons is nou terug by die anus) of so iets, tree dan daarvolgens op. So nie, wag tot jy 50 is en kry vir jou ‘n bloeddrukapparaat waarmee jy tuis jy bloeddruk kan meet. Jammer, ek weet ek nitpiek nou maar ek weet hoeveel onnodige ondersoeke kos en soos ek genoem het, ek het sterk gevoelens daaroor. Weet nou nie wat Derrida daaroor te sê gehad het nie .
“Waar’s ek nou?” vra die man wat natuurlik toe al soos ‘n spoor verskyn het om te verdwyn, want ek het ‘gep(r)oe(p)s’ van die lag toe ek dit hoor! Dis ‘n oomblik wat ek nooit sal vergeet nie. Die vraag en stemtoon waarin dit gekom het was net te onverwags vir enige iets om ooit weer dieselfde te wees! Ek praat dan natuurlik ook nie van wat gebeur as ek iemand die vraag heel onskuldig elders in my lewe hoor vra nie.
Kortom, Desmond, ek dink jy het ‘n sekere tere tegn(olog)iese (dink Heidegger (en dus ook Derrida, om nie te praat van Plato se khora nie?!)) punt/plekkie hier aangeraak. Hoe kan ‘n man nie weet waar hy is as hy DAAR is in die geselskap van ‘n vrou nie – dis mos ‘n sekere singulere plek?! Wat se Derrida nou weer van Plato se khora: “Here is the passage beyond all ‘Platonic’ oppositions, toward the aporia of the originary inscription”. Of was die vraag maar net die ekspressie van ver-basing?!?
“Het komt, het gaat terug, en maakt de enge
weg tot plaats van het meest zoet vertoeven.”
Die soet sollisiterende oomblikke in ‘n mens se lewe kom soms onverwags en vlugtig oor jou pad, d.w.s. dit is alles behalwe roetine en verdien dus inderdaad ‘n “roetine rektale” ondersoek. Dalk word ons iets onhutsend wys.
Welkom terug! Ook aan Andries – Andries, jou blog het my juis aan Etienne Leroux se 18-44 laat dink, maar toe ek dit naslaan sien ek die parkie-ontmoeting met die “Rus” speel eintlik in Oranjezicht af – toe ek die boek gelees het, het ek die oop veldjie met die hoge bome daar in Vredehoek in my kop gehad??
Plesier(e), Gustav! En Andries: Claire ken Anton bietjie van Grahamstad af, so ons wil beslis na die uitstalling gaan kyk. Hania is darem seker nog nie lank genoeg om die skilderye van die muur te verwyder en te verwoes nie.
Oor jou verwysing na Brink en die Freudiaanse ondertone in jou blog: Anton Brink se uitstalling by die Breytenbach galery in Wellington is werklik iets besonders, veral die installasie van sy pa se studeerkamerdeur. Ek dink die uistalling is nog oop tot die einde van die maand. Ampie Coetzee het ‘n mooi stuk daaroor vir LitNet geskryf.
‘Agterdeur ingeglip’? Meer soos voordeur ingeskop en toe die inwoners mette grynslag agterdeur toe gelei .. 🙂
Kostelik .. dankie!
Andries, jy’t my geinspireer om by Versindaba se agterdeur in te glip en ‘n ‘comeback’ (sic) te maak. Wat is die Afrikaanse blogosfeer immers sonder ons?!
Desmond, ek is so bly jou blog-hiatus het ook sy gat gesien. Dis ‘n spreekwoordelike vingerlek lekker inskrywing hierdie.