Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 June 201616 June 2016

Nuwe publikasie: Vloeibare middelpunt (Martjie Bosman)

Omslag

Vloeibare middelpunt

Martjie Bosman

Vloeibare middelpunt is Martjie Bosman se derde digbundel en volg op Toevallige tekens (2010) en Landelik (2003), waarvoor sy met die Ingrid Jonker-prys bekroon is.

 

Susan Smith skryf in haar keurverslag dat Vloeibare middelpunt handel oor ’n “gevoel van vervreemding en vreemdelingskap – nie net as reisende buite die grense van die bekende nie, maar selfs die bekende wat vervreemdend word.” Soos die bundeltitel voorspel, is daar sprake van ’n vloeibare in- en uitbeweeg na en van die veilige maar onvaste kern, en word verskillende bestaansmoontlikhede op verskillende plekke (hetsy fisiese of kopruimtes) verken. So handel heelparty gedigte oor woon in ’n stad (soos Pretoria, wat uitgebeeld word in Ryan Loubser se “Spookhuis in die reën” op die omslag) wat uitdagings aan die inwoners stel, maar ook ’n gevoel van behoort wek. Soos vroeër by die gedigreeks “Viervoud” uit Landelik, vind die Heideggeriaanse konsep van “woon” soos uiteengesit in sy referaat getiteld “Bauen wohnen denken”, sterk inslag, vandaar dat Bosman die Hölderlin-aanhaling as motto vir die bundel gebruik: “… dichterisch wohnet der Mensch auf dieser Erde”.

 

FOXTROT VAN DIE VLEISETERS

 

Satrae stop die BM’s en MB’s en 4-treks

voor die slaghuis, sein die T-hemde

die seisoene: ligblou, gestreep of groen en goud.

Daar binne gesorteer volgens die slagoffers

die tjops, die steaks, die sosaties, die worse

– Weens, Russies, Spaans, Duits, gerook, gekaas,

om nie te praat van die boeresoorte nie:

gawe, gemoedelike Grabouw, kameelhout,

rooikrans; skaap-, bees-, hoender-, lewer-,

en iewers ten duurste ook “oorspronklik”.

Agter loei die sae, spat die skaafsels,

genoeg om vegetariërs te laat verbleek.

Maar wat, ons koop ook die bykosse,

die braaipap, die dege uitgerys in hul plastieke,

die knoffelbrode en roosterkoeke in hul foelies,

die kase, die botters, die smere, gesofistikeerd

met pesto en soet sondroë tamaties, die wyne,

die olywe, die olies en balsamiese asyne,

die skyfies vir vooraf en die terte vir daarna.

Vanaand gaan die brikette brand, die rokies hang,

die biere skuim, die vroue vol belofte lag,

die kinders stry en op die sofas slaap.

Vanaand vergeet ons die verlede, die kwellings

van die week, die hoofpyn van die oordaad.

Vanaand dans ons die dans van die lewe.

 

OOR DIE OUTEUR

Martjie Bosman was van 2000 tot 2004 as Argivaris (Arikaanse radioprogramme) by die SAUK se Klankargief werksaam. In Augustus 2004 word sy as redakteur by Protea Boekhuis aangestel.Sy publiseer sedert 1990 gereeld gedigte in literêre tydskrifte en debuteer in 2003 met die bundel Landelik.

(Protea Boekhuis, 2016; R160.00 (BTW ingesluit), ISBN 978-1-4853-0584-2, E-boek: 978-1-4853-0585-9, ePub: 978-1-4853-0586-6; FORMAAT: 137 x 213 mm, Sagteband, BLADSYE: 80)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Martjie Bosman – vertaling in Engels
Resensie: Vloeibare middelpunt. (Martjie Bosman) →

3e gedagtes oor “Nuwe publikasie: Vloeibare middelpunt (Martjie Bosman)”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    15 June 2016 at 10:53

    My onderhoud met Martjie Bosman oor die bundel volg binnekort.

    Reply
  2. Adriaan Coetzee says:
    8 June 2016 at 18:18

    Geluk Martjie, ek sal ongetwyfeld moet dorp toe vir ‘n eksemplaar

    Reply
  3. Andries Bezuidenhout says:
    4 June 2016 at 10:50

    Geluk Martjie! Dis ‘n pragtige omslag.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d