Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 June 201625 June 2016

Rus in vrede, Adam Small (21.12.36 – 25.06.16)

Adam Small
Adam Small

Hartseernuus wat pas bekend gemaak is, is dat prof. Adam Small, digter, skrywer, akademikus en Hertzogpryswenner, vanoggend in die ouderdom van 79 jaar oorlede is. Volgens Netwerk24 se berig het hy gesterf weens komplikasies na ‘n ingewikkelde operasie gister.

Prof. Steward van Wyk, hoof van die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland, wat sy doktorale proefskrif geskryf het oor die werk van Small, word soos volg aangehaal: “(Adam Small) was lank die gewete van die Afrikaanse gemeenskap en het hom sterk uitgespreek teen ‘n maatskaplike onreg, diskriminasie op grond van ras en die geveindsheid van leiersfigure. Hy was ‘n groot vernuwer in die Afrikaanse letterkunde, veral met sy drama Kanna hy kô hystoe. Dit is sy nalatenskap waarvoor ons hom nog baie lank sal eer.”

In 2015 het prof. Small die Hertzogprys vir letterkunde vir sy oeuvre ontvang.

Einde 2015 is ‘n eredoktorsgraad deur die Universiteit Stellenbosch aan dié ikoniese skrywer toegeken.

Verdermeer is prof. Small vanjaar met erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer.

Graag betuig ons ons meegevoel aan sy vrou, Rosalie, en hul gesin.

*

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nini Bennett. Openbare vervoer as teater van sosiale protes.
Breyten Breytenbach huldig die ontslape digter Adam Small →

1e kommentaar op “Rus in vrede, Adam Small (21.12.36 – 25.06.16)”

  1. Webmeester says:
    29 June 2016 at 17:22

    Met vriendelike vergunning deur Tydskrif vir Letterkunde plaas ons onderstaande skakel na ‘n spesiale uitgawe wat in 2012 verskyn het en aan die lewe en werk van Adam Small gewy is. Dit het ten tye van sy 75ste verjaarsdag verskyn.
    http://www.letterkunde.up.ac.za/argief/49_1_eng.html

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d