Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 October 201610 February 2020

Marcelle Olivier. Nuusflits uit Brittanje: National Poetry Day

Screen Shot 2016-10-06 at 14 40 55

Nuusflits uit Brittanje: National Poetry Day

‘n Nasionale dag vir die digkuns. ‘n Lekkerte, want orals loop jy verse raak. Liriese verse, storieverse, kort odes, speelse limirieke, gepen deur nuwe digters, geesgedane digters, digters wat nie digters is nie. Op groot en klein radiostasies word verse gedeel, in toegewyde programme en sommer so tussendeur die normale skedule, en mense kan inbel om ‘n gedig te nomineer of selfs een voor te lees. Daar is ‘n paar poësiekykgoed op televisie, en ook die koerante dra elk ‘n gedig of twee, ‘n bietjie geskiedenis, of dalk ‘n kommentaar oor die stand van of toekoms van Britse digkuns.

Daar is iets om te lees op treinstasies terwyl jy vir jou trein wag, en by die Botaniese Tuin vind ek ‘n paar plantaardige woorde het wortelgeskiet; in die verlede sien ek selfs ‘n plakkaat met ‘n gepaste versie in die venster van die poskantoor. Die boekwinkels stal ekstra poësiebundels uit, die biblioteek is vol digkunsplesiere, en ‘n hele paar koffiewinkels met belese en entoesiastiese eienaars sal vir jou ‘n gedig met jou drankie voorsit. Uiteenlopende skrywes, en wydverspreid deur die land. Dis altyd ‘n voorreg om hierin te kan deel.

Twee skakels:

Vir ‘n vinnige lees, loer of luister, volg die dag op: https://twitter.com/PoetryDayUK

Vir ‘n rustiger slingerloop tesame met jou namiddag koppie tee, is daar allerhande helder woorde hier te vinde: http://www.bbc.co.uk/programmes/p049fjpm

Ek deel ook graag my gekose gedig vir vandag. Weliswaar nie ‘n Britse digter nie (blameer maar my onpatriotiese onderbewussyn), tog, die Europese eggo lê vlak.

 

All in green went my love riding

e.e. cummings

 

All in green went my love riding

on a great horse of gold

into the silver dawn.

 

four lean hounds crouched low and smiling

the merry deer ran before.

 

Fleeter be they than dappled dreams

the swift sweet deer

the red rare deer.

 

Four red roebuck at a white water

the cruel bugle sang before.

 

Horn at hip went my love riding

riding the echo down

into the silver dawn.

 

four lean hounds crouched low and smiling

the level meadows ran before.

 

Softer be they than slippered sleep

the lean lithe deer

the fleet flown deer.

 

Four fleet does at a gold valley

the famished arrow sang before.

 

Bow at belt went my love riding

riding the mountain down

into the silver dawn.

 

four lean hounds crouched low and smiling

the sheer peaks ran before.

 

Paler be they than daunting death

the sleek slim deer

the tall tense deer.

 

Four tell stags at a green mountain

the lucky hunter sang before.

 

All in green went my love riding

on a great horse of gold

into the silver dawn.

 

four lean hounds crouched low and smiling

my heart fell dead before.

 

 

© marcelle olivier / 6 Okt. 2016

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Wenners van die lykdig-kompetisie!
e.e. cummings.Vertaling in Afrikaans →

1e kommentaar op “Marcelle Olivier. Nuusflits uit Brittanje: National Poetry Day”

  1. Louis Esterhuizen says:
    6 October 2016 at 18:46

    Watter wonderlike inisiatief! Dankie hiervoor, Marcelle. En die gedig is aangrypend.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d