Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 November 20167 November 2016

Clinton V. du Plessis. Briewe van binne

brief-buiteblad

Briewe van binne

Jeremy Cronin skryf in sy tronkbundel, Inside: “Everytime they cage a bird, the sky shrinks.”

’n Paar maande gelede kry ek pos – opregte pos, deesdae ’n rare verskynsel. ’n Brief via lugpos uit die VSA. Met die hand geskryf. Die inleiding soos uit ’n goeie roman – berekend en op die man af :

“Dear mr. du Plessis

I write to you from death row, in prison in the state of Florida.”

Ek skryf terug en kry na ’n maand of twee weer ’n brief. Dié dra (nogal gepas) ’n seël met Maya Angelo se gesig en ’n uittreksel uit haar gedig:

“A bird doesn’t sing because it has an answer, it sings because it has a song.”

Sy naam is Stephen Todd Booker, tans 63. Op 20 Oktober 1978 is hy ter dood veroordeel, en wag al die afgelope 38-jaar op die voltrekking van sy vonnis. Oor die jare het hy vergeefs pleidooie vir begenadiging ingedien.

Maar, Booker is ook ’n digter (’n gepubliseerde digter) en dit is die rede vir sy skrywe aan my. Hy het al voorleggings aan plaaslike tydskrifte gemaak, maar sonder veel sukses. Kan ek miskien sy werk aanstuur? wil hy weet. Hy het my kontakbesonderhede by ’n Suid-Amerikaanse digter gekry. Ek kan ook van sy werk vertaal, sou ek wil.

In ’n 2004-onderhoud wat in The New York Times verskyn, raak hy die volgende oor sy skryfwerk kwyt:

“Writing is like a magic carpet or a time machine,” he said, before the guards cuffed his wrists again and led him away. “I go back in time to my own experience. I finally saw stars again, you know, when I was coming back from court or something. And they hadn’t changed. I got it right. So I can leave the cell in my poems.”

Is dit bloot toevallig wonder ek, want op dieselfde dag dat ek sy eerste brief in die posbus kry, skyf ek die volgende gedig.

Binne

Sel, slot en sleutel.

.

Dié lewe is ’n horlosie

wat hakkel-hakkel die minute aftel

hier is die dae véél korter

word die nagte een lang folterende hel

hier is brokkies son, wolk en hemel

vir ’n uur per dag, ’n luukse.

.

Pap, drie snye brood, flou koffie.

.

Jy maak somme, elke keer

is die antwoord

net drie opsies:

26, 27, 28,

jy besit nie meer

die holtes van jou lyf

jou gedagtes is gekaap

jy is in of uit

niks is jou eie

jy word gekoop en verkoop.

.

Verraad word gemeet

aan die

aantal vingers

aan jou hand

of die aantal tone

aan jou voet

hier bring bloed vir jou

’n paspoort, lidmaatskap, broederskap

brutaal, grusaam is die verhaal

die tweede vonnis word

hiér voltrek.

.

Bybel, boeie, bluf.

.

Jy moor makker en maat om opgang te maak

bevordering te kry, die leer te klim.

jy word rat of speek in die wiel

’n rot tussen vier mure. Beland

jy aan die verkeerde kant

kom die positiewe man met die virus

en blaas jou stadig soos ’n motorband

af.

.

Crap, coke en cat.

.

Buite is só naby,

nét ’n sleutel, nét ’n slot ver.

.

Hier is een van Booker se verse (vanaf die webwerf, Plume):

.

How Self-Consciousness Counts

.

Why in hell should anyone understand

Me now that I am fifty-eight old years?

They didn’t when I was a ripe young three,

Askin why if god’s so all-good he would

Let goldfish die, eyes never closin’ once,

And why you all always fightin, screamin,

Callin chother bad words, cryin? Why

Should anyone in hell understand why?

Used twice, I might seem to be emphatic

But ain’t shit, and no one spies me

Here conducting a death march. Through Hades,

I could probably go buttassed naked,

Not a soul noticing save one, somebody

Thinking, There’s a guy needing some lotion

On them ashy legs of his but oh he

Sure can skeedaddle, must be used to it.

 

clintonvduplessis-image
Clinton V. du Plessis

Clinton V. du Plessis publiseer verskeie dig- en kortverhaalbundels, waaronder geloofsbelydenis van ’n kluisenaar, curriculum vitae, in god’s country: no 2–21, Tussentydse verslag, Kort van draad en Brunch met twee. Van sy werk is ook in ’n hele aantal plaaslike en oorsese bloemlesings opgeneem en hy lees gedigte voor by kunstefeeste, insluitende die Twee tot Twaalf-fees in Nijmegen, Nederland.  Nadat hy drie en ’n half jaar as rekenmeester in Johannesburg gewerk het, is hy terug op Cradock en na ‘n dag van stoei met syfers, skryf hy nog af en toe.

{Clinton is een van Versindaba se gasbloggers vir Nov. & Des. -mj}

Bronne:

  1. http://murderpedia.org/male.B/b/booker-stephen-todd.htm
  2. Briewe van Booker aan my gedateer 5/1/2016 en 1/4/2016
  3. Boker se digbundels is: Waves of license, Greenfield Review Press, 1983; Tug, Wesleyan University Press, 1994; en Swiftly, Deeper, Mandrake Poetry Press (Poland), 1995;THE REHARKENING Black Mountain Press, 2014.
  4. http://plumepoetry.com/tag/stephen-todd-booker/

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

9e gedagtes oor “Clinton V. du Plessis. Briewe van binne”

  1. Leon Retief says:
    9 November 2016 at 18:29

    Doodreg Breyten, net gedink dat as daar ‘n misverstand is moet ek dit regstel. Wat my die meeste van die Donald ontstel is dit: ek het gehoop dat ‘n Demokratiese president die volgende twee vakatures in die VSA se hoggeregshof sal kan vul, na die dood van Antonin Scalia (sy posisie is steeds vakant) en Ruth Bader Ginsburg wat binnekort sal aftree of doodgaan. Nou gaan dit Trump wees en hy sal mense aanstel wat Eugene Terreblanche laat lyk na Helen Suzman…

    Reply
  2. Marlise says:
    9 November 2016 at 13:42

    Beslis ‘n skok wat in Amerika alles gebeur… https://decorrespondent.nl/5619/wakker-worden-in-een-nieuwe-wereldorde/1676161432836-18b141eb

    Reply
  3. Breyten Breytenbach says:
    9 November 2016 at 12:44

    Beste Leon – nog voor ek jou skakel oopmaak (vanoggend, met die sege van die vent met die dooie kat op die kop, as waardige opvolger van die cowboy akteur Reagan en Bobbejaan Bush, het ek so effens van ‘n kater)- ek wéét jy bepleit nie die doodstraf nie. Jammer as ek die verkeerde indruk geskep het.

    Reply
  4. Leon Retief says:
    8 November 2016 at 23:39

    Breyten ek het nie die doodstraf vir hom (of enigeen) bepleit nie en inderdaad bygevoeg dat wat met hom aan die gebeur is onvergeeflik is. Soos ook met Adam Capay. Die rede vir die jarelange tronkstraf dink ek egter moet liewer gesoek word in die regstelsel in die VS van A wat herhaalde apelle na die een hof na die ander toelaat. En daai regstelsel is ennieway verrot – nie weens die appelle wat telkemale aangeteken word nie maar om ander redes. Jy is sekerlik bewus van Project Innocence: http://www.innocenceproject.org/

    Reply
  5. Breyten Breytenbach says:
    8 November 2016 at 23:26

    Beste Leon,

    Dankie vir die agtergrondsinligting. Die moordenaar/verkragter moet werklik siek wees om so-iets te kon doen (‘siekte’ is nie ‘n verskoning nie): dis die soort van misdaad en menseskending wat, helaas, byna daagliks in Moerland gepleeg word.

    Maar die doodmaak van ‘n mens (om nou maar net van die mensespesie te praat)kan NOOIT ‘n oplossing of ‘n uitweg wees nie – en dat dit gewettig word deur ‘n sogenaamde regstaat maak dit net nog meer obseen. In hierdie geval: wat is die jarelange afwagting om doodgemaak te word anders as ‘n primitiewe vorm van wraak en ‘n verfynde marteling? En wie baat, of leer enigiets, by hierdie implisiete erkenning van onmag?

    Reply
  6. Marlise says:
    8 November 2016 at 18:27

    Ek is dit eens met jou Leon – die moord en verkragting op die vrou is eenvoudig onvergeeflik, verdien ‘n swaar straf daarvoor. Of jy nou ‘n digter is of nie. My eie ma is ook 94 en ek weet presies hoe weerloos, hoe broos so ‘n oumensie is. Maar ja, die straf klink onmenslik, op ‘deathrow’ te sit vir soveel jare? Vreemd. Ek kyk dikwels na sulke Crime stories in Amerika veral en die strawwe is ongelooflik swaar.

    Reply
  7. Leon Retief says:
    8 November 2016 at 17:35

    Hierdie man het ‘n 94-jarige vrou eers verkrag en toe vermoor. Dis nie iets wat mens per ongeluk doen (soos om ‘n stopteken mis te kyk) of in ‘n oomblik van verstrooidheid nie. Die verskoning van ‘n “rage filled by drugs and alcohol” en sy daaropvolgende veinsing van ‘n psigiatriese toestand is nie iets wat my beïndruk nie. Nietemin, selfs al is hy skuldig is hierdie gebeure onvergeeflik.
    Sulke dinge gebeur nie net in die VSA nie. Ek dink dat meeste mense sal saamstem dat Kanada ‘n redelik beskaafde land is, maar lees hierdie:
    http://www.macleans.ca/news/why-adam-capay-has-spent-1560-days-in-solitary/

    Reply
  8. Breyten Breytenbach says:
    8 November 2016 at 11:45

    Dankie, Clinton, dat jy hierdie tronkvoël se lied onder ons aandag bring: dit maak die lug sommer groter – en meer skrynend.

    Ek stem saam met Helize. Watter soort ‘medemenslikheid’is dit dié (om nie eens te praat van ‘Christelikheid’ of van geregtigheid nie) waar ‘n staat toegelaat word om dit aan ‘n mens te doen? Amerika gepuur tot sy mees aardse fascistiese instinkte.

    Reply
  9. helize van vuuren says:
    7 November 2016 at 12:25

    Skokkend en aangrypend, die Stephen Todd Booker-storie, Clinton – veral die aanhaling oor hoe hy na jare weer die sterre gesien het…
    Laat my wonder of hy dalk kontak met Barend Toerien kon gehad het – dié het jare lank (na hy by Unesco geloop het) in tronk-biblioteke gewerk. Erens is ‘n aangrypende gedig van hoe hy een van die jong mans vir ‘n naweek na sy plasie op die Catskills geneem het, ek dink in Plek op die land.

    38 jaar wagtend op die voltrekking van die doodsvonnis! onmenslik, onterend…

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d