Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 December 2016

Gisela Ullyatt. Poet in the Mall: Pre-krismis blues.

Foto: Gisela Ullyatt. 2015.
Foto: Gisela Ullyatt. 2015.

 

Teen die eerste week in Desember tref die post-jaar blues die uwe elke jaar. Vanjaar, natuurlik geen uitsondering nie.

Die faktore wat gewoonlik die post-jaar blues in post-jaar rage omskep kan soos volg opgesom word:

#Een: ’n Beklemmende gevoel dat ek met ’n kartonbordjie op straat gaan moet bedel. Ek hou van Kersgeskenke koop. Die plek waar ek werk glo nie in die konsep van ’n bonus nie. Dus lê ek nagte wakker oor my pennies en pondjies. Januarie strek voor my soos die Knersvlakte.

#Twee: Jy kan nêrens aandoen sonder om deur  Jollie Katrollies met hul plastiektrollies teen jou hakskeen of agterstewe gekap te word nie. Boeta en Sussa gil besete soos karakters uit Nightmare on Elmstreet. Mammie & Pappie baklei oor of hulle vir sy gomgat-pêlle booze gaan koop vir Kersfees. Terwyl hulle dan besluit om vir almal shooter glasies by Checkers te koop.

Daar is die tailgaters wat op jou kom staan as jy in rus en kalmte na produkte wil kyk. Sy rek en strek óór jou: dié tailgater voel jy vat veels te lank en dat jy haar persoonlik van haar moet-hê krismisprodukte ontneem. Since yesterday wou sy dit mos hê en boonop is daar die allergrootste gevaar dat die winkel gaan verdwyn – op die daad – voor sy haar cheap x-mas biscuits gekoop het. Uit pure spite vertoef jy langer voor die rak.

#Drie: Ja, die muzak. Boney M was altyd my antagonis. Of Pan Pipe Kersfeestreffers. Maar deesdae het muzak ’n gevaarlike nuwe vlak bereik: die Warbling Diva. Soos Maria Carey, of enige ander “chick” wat hul eie klankregister gevaarlik uitdaag. Daar is meer kinkels in die Warbling Diva se stem as ’n pas in Lesotho. Elke winkel, hoe klein of hoe enorm, voel dit hulle persoonlike plig om die Warblers op hul klanksisteem uit te toets. Op ’n afgryslike hoë volume. Kla help niks, want le manager sal jou net met sulke dooie vis-oë aankyk en sê: dis ’n firm favourite met ons ander customers. Waar dit veral pla, is in restaurante en koffieplekke. En ja, die ander customers geniet dit blykbaar, want hulle praat so hard en so baie dat hulle blykbaar die Warbling Diva nié hoor nie.

Dan ruk ek my maar op: Bogger die muffin. Die koffie. Die melkskommel. Die vis & tjips in ’n pan. En dankie, Meneer Manager van die Koffiewinkel Chain, liefs drink ek maar my tee en eet my koek by die huis.

poet-in-the-mall
Foto: Gisela Ullyatt. 2016.

Ed Bremson se Poet in the Mall (2010) bevat onder meer 180 haikoes wat hy oor verskeie malls geskryf het. Alhoewel hierdie haikoes nie spesifiek oor Kersfeestye in malls geskryf is nie, is daar steeds raakpunte. Reeds as student is Bremson deur sy dosente as die “Walt Whitman of the mall” gedoop vanweë sy mall-gedigte. Hy dra ook Poet in the Mall aan Federico Garcia Lorca op.

Nie al die haikoes in die bundel is tradisioneel wat vorm aanbetref nie, maar laat eerder die indruk van ’n kontemporêre haikoe-vorm. Bremson gebruik die Amerikaanse mall as vertrekpunt en metafoor wat gelykertyd interessant maar ook ’n obstruksie is vir lesers wat nie malls in die VSA ken nie:  jy gaan nie sommer Spaans in een van ons malls hoor nie; ons het nie “animal crackers” hier nie en die kans dat twee ou mans die Tweede Wêreldoorlog gaan “rehash” is na aan onmoontlik.

Interessant is die herhalende motiewe en beelde wat Bremson utiliseer, byvoorbeeld die morbidly obese Amerikaanse publiek:

on a fat woman’s shirt

the slogan, “just do it!”

do what? Eat a pie?

Nog ’n deurlopende motief is die identifikasie van mall shoppers deur middel van kleur of klas:

young redneck

whacks his girlfriend hard

on the butt

big black guy

in a chartreuse shirt

and a chartreuse cap

four black guys

making eyes

at two white girls

young black woman

walking arm in arm

with an old white woman

Sommige van die haikoes het ook ’n “fascination with the grotesque”:

woman at the mall

eats corn kernels off the cob

one at a time

girl in the shoe store

using her long hair

to floss her teeth

girls

at Brookstone

checking out the vibrators

Laastens maak Bremson ook mildelik gebruik van die paradoks, die mees geslaagde poëtiese strategie in Poet in the Mall:

Mexican woman

eating

Japanese food

September 24

shopping

at the Christmas store

woman

sitting alone

on a kiddie ride

old muslim woman

resting with her head covered

and shoes off

Vier faux haikoes tydens die laaste jaargety

 

1.

en oral faux sneeu

Kersvader se glittering balls

wat saam met beurtkrag flikker

2.

spur mugg & bean

kfc wimpy

gee, gee, gee

3.

swart vrydag

verreken in rooi

kredietkaart: hoerkind

4.

i wish you a stille nag

sonder #hastags of insta-

gram of ’n very merry xmas

 

(Gisela Ullyatt. 2016)

Bibliografie

Bremson, E. 2010. Poet in the Mall. 180 haiku + 21 poems. New York: iUniverse.

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

2e gedagtes oor “Gisela Ullyatt. Poet in the Mall: Pre-krismis blues.”

  1. Gisela Ullyatt says:
    14 December 2016 at 20:44

    Marlise, jou sinoniem ‘malhuis’ klink goed!

    Reply
  2. marlise says:
    14 December 2016 at 10:38

    Goeie ‘analise’ van die mall, Gisela! Wat sou ‘n beter vertaling in Afrikaans wees vir mall, ipv inkopiesentrum? Dalk sommer net malhuis? Winkelkatnes? Molstad? 🙂

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d