Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 January 201723 January 2020

Nuuswekker. Jules Deelder skryf die geskenkbundel vir Poëzieweek 2017

Jules Deelder
Jules Deelder

Januarie is in Nederland en Vlaandere die maand van die digkuns, want nie net is Poëzieweek 2017 geskeduleer vir die week vanaf Donderdag, 26 Januarie, nie, maar die jaarlikse “geskenkbundel” deur ‘n genomineerde digter is vanaf vandag gratis beskikbaar by alle goeie boekwinkels. Tydens die Poëzieweek word die digkuns op vele (en alle) maniere gevier: van spesiale blootstelling in die media, tot bykans elke dorp of stad of gehuggie wat die een of ander poësieprogram of gebeurtenis aanbied rondom vanjaar se tema: Humor.

En wie beter is daar om vir hierdie geskenkbundel te nomineer, as die enigmatiese Jules Deelder (1944), wanneer humor ter sprake is. Op die amptelike webtuiste van Poëzieweek 2017 word dié keuse soos volg gemotiveer: “Humor en poëzie? Jawel, zegt Jules Deelder, die het Poëziegeschenk 2017 zal schrijven. Met het thema humor in de Poëzieweek 2017 komt er aandacht voor gedichten die op de lachspieren werken, uit hilariteit, herkenbaarheid of uit ironie. Humor is in Deelders poëzie in ieder geval geen curiosum. Deze Nederlandse dichter van een omvangrijk oeuvre staat in binnen- en buitenland bekend om zijn memorabele performances, waarbij de Beat Generation nooit veraf lijkt.”

J.A. (Jules) Deelder is immers bekend as performance poet  en sy loopbaan strek terug tot  1966. Na sy debuut, Gloria Satoria (De Bezige Bij), volg daar vele publikasies, waarvan die meer onlangses die volgende is:  Tussentijds (2008), Ruisch (2011), Het graf van Descartes (2013) en Dag en nacht (2014). Deelder ontvang vir sy oeuvre die Anna Blaman Prijs (1988), die Johnny Van Doorn-prijs vir voordragkuns (1999), en die Tollensprijs (2005).

Vir jou leesplesier volg een van sy gedigte.

*

Wonderland

 

Bij het pompstation
bleken acht van de negen
pompen super te leveren
en maar één normaal

Op m’n vraag of het geen
tijd werd de bordjes te ver-
hangen keek de pompbediende
mij niet begrijpend aan

Toen ik later in een
etalage op een bord las
dat men bij aanschaf van
vijf batterijen één

staaflantaarn cadeau gaf
begreep ik dat ik
in de omgekeerde wereld
was beland.

© Jules Deelder
Uit: ‘Interbellum‘ 1987.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Chris Coolsma. Jazz! (1)

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d