
David Huerta
Hedendaagse Spaanssprekende digters
Deel 1
In die Spaanssprekende literatuur van Spanje en Latyns-Amerika was daar ook ’n groep “Sestigers” wat vernuwende werk gelewer het. In die naoorlogse jare het digters ’n styl begin ontwikkel vanaf ongeveer die middel van die twintigste eeu, wat weggebreek het van die vorige geslag s’n.
’n Groep digters het aan die einde van die sestigerjare vorendag gekom wat sterk gekonsentreer het op vormgewing, iets wat nie so belangrik was vir die voorafgaande “sosiale” digters nie. Verder was die nuwe digters ook geïnteresseerd in die “massakultuur” van film, “comics” en popmusiek en ander verskynsels eie aan daardie tyd. Hierdie digters het die groepnaam “Los Novísimos” gekry. Ten spyte van die groep-tipering het hulle in ’n verskeidenheid style geskryf.
In die tagtigerjare het die digters begin skryf in figuratiewe, metafisiese en irrasionele style. In die middel van daardie tydperk het ’n groep gevorm met die naam “La Diferencia” (Die Verskil). Hulle het literêre vryheid en onafhanklikheid voorgestaan en poësie wat op ervaring gebaseer is, teengestaan. Hulle het geglo dergelike poësie is te dominerend en beskermd. Nes die Spaanssprekende “Sestiger” digters het hulle ook baie aandag gegegee aan stilistiese oorweginge, veral ten opsigte van figuurlike taal. Die doelstellinge van hierdie digters was diversiteit en teenstand in ’n samelewing wat hulle gesien het as toenemend besig om eenvormig te word.
Vanaf 1990 het die metafisiese poësie verder ontwikkel. Daarenteen het Spaanse realisme weer begin aanklank vind. Dit was gefokus op emosies van moegheid en teleurstelling. Van die digters wat nou in hulle sestigerjare is, se style word bestempel as “neo-barok”.
In die nuwe eeu het ’n nuwe geslag digters weer eens besluit om ervaring-gebaseerde poësie te verwerp. Hulle het geglo aan “vry” skrywing sonder beperkings. En weer tref mens in hierdie groep ’n wye reeks style en uitgangspunte aan. Onder hulle is daar ekpressionistiese en eksistensiële digters. Baie van hulle skryf in ’n ernstige toon met onderliggende ironie. Streekstyle is ook ’n kenmerk van hierdie hedendaagse digters.
David Huerta
Die Meksikaanse digter, David Huerta, se kort gedig “Aural” is gelaai met verskeie betekenislae. Hier is die Afrikaanse weergawe.
Aural
Escarcha sucia del audio
en la penumbra nómada
del automóvil;
ungido por la música.
Klanke
Besoedelde ryp uit die luidspreker
in die nomadiese skemerte
van die motor;
’n moeras van klanke
waarin die naald van gehoor
skaars kan beweeg.
Skielik ’n Torch Singer
bars deur Wittgenstein
met die vurke van de Cante Jondo …
Hoe doen sy dit? Hoe
ontkoppel, ontbind sy tale,
laat die wêreld vloei – en bo en behalwe dit
voeg sy grasie
en tragedie by?
Die motor
gaan die nag in
gesalf met musiek.
Die gedig beskryf ’n motorrit waartydens die verteller in die gedig luister na die motorradio. Die radio word ingeskakel op verskeie stasies wat verskillende tipes musiek uitsaai. Eers hoor mens van ’n “Torch Singer” wat dan vervang word deur ’n Cante Jondo sangeres. Op hierdie punt verdiep die gedig meteens deur die melding van Wittgenstein. Dit is nou nie meer net ’n stemmingsvolle beskrywing van ’n motorrit nie – die digter vra nou die leser om te besin oor die aard en funksie van taal.
Om die werking van hierdie wending in fokus te kry, kyk ons kortliks na wat Cante Jondo nou eintlik is.

Cante Jondo
Uit Wikipedia:
“Cante jondo is a vocal style in flamenco. An unspoiled form of Andalusian folk music, the name means deep song (Spanish hondo = “deep”.) It is generally considered that the common traditional classification of flamenco music is divided into three groups of which the deepest, most serious forms are known as cante jondo. The name is spelled with a j as a form of eye dialect because traditional Andalusian pronunciation has retained an aspirated h lost in other forms of Spanish.”
Die digter wil klaarblyklik aantoon dat die sangeres van die Cante Jondo lied aspekte van Wittgenstein se persepsies kragtig aan die bod bring. Sy “bars deur Wittgenstein” en dan “ontkoppel en ontbind” sy tale. “Hoe doen sy dit?” vra die digter.
Voor ons gaan probeer verstaan hoe sy dit doen, laat ons eers kortliks ons geheues verfris oor party van die kernpunte wat Wittgenstein gemaak het in verband met taal.
Bron: Slate
The Limits of Language
Wittgenstein explains why we always misunderstand one another on the Internet.
By David Auerbach
For the sake of investigation, let’s consider what Pears’ interpretation might mean. It means that instead of a word having a fixed definition or referent, a word is an evolving entity that carries its own history with it through time, picking up new nuances and discarding old ones as practices (linguistic and life) shift. This is trivially true in a sense, as you can see from dictionaries grudgingly accepting that literally now also means “not literally” and me grudgingly accepting that begging the question will usually mean “raising the question” for the rest of my natural life and I should just start saying petitio principii instead.
So, language is quicksand—except it’s not. Unlike the parlor tricks of the deconstructionists who bloviate about différance and traces, there clearly are rules that shouldn’t be broken and clearly ways of speaking that are blatantly incorrect, even if they change over time and admit to flexible interpretations even on a daily basis. It’s just that explicitly delineating those boundaries is extremely difficult, because language is not built up through organized, hierarchical rules but from the top down through byzantine, overlapping practices. Some things can be pinned down with practical certainty, just not in isolation and without context.”
Die Cante Jondo sangeres met haar hartstogtelike uiting, demonstreer hoe taal, volgens Wittgenstein, van “bo na onder tot stand kom deur oorvleuelende bisantynse praktyke”.
Hier is ’n stukkie Cante Jondo liriek wat moontlik kan help om hierdie idee verder te belig. Dit is ’n lied wat Federico García Lorca aanhaal in sy drama “Mariane Pineda”.
Mariana Pineda
Pues si mi pecho tuviera
Wel, as my bors
gebrandskilderde vensters gehad het
sou jy opkyk en sien
dat trane van bloed gehuil word.
Die onwaarskynlikheid van ’n bors met gebrandskilderde vensters word ’n werklikheid in die milieu van die lied. Soos Wittgenstein dit stel: “It means that instead of a word having a fixed definition or referent, a word is an evolving entity that carries its own history with it through time, picking up new nuances and discarding old ones as practices (linguistic and life) shift.”
Wie is David Huerta?
Bron: Poetry Translation Centre
“David Huerta was born in Mexico City in 1949. He is one the leading poets of the generation that first came to prominence during the 1970s in Mexico. He published his first book of poems, El Jardín de la luz [The Garden of Light] (1972), while still a student in the Faculty of Philosophy and Arts at Mexico’s Autonomous National University (UNAM).
Aside from his poetry, David Huerta has translated works from Italian and English, and is an editor of the Mexican publishing house Fondo de Cultura Económica. He writes a column for the Mexican weekly Proceso, and teaches literature at the Universidad Autónoma de México. His latest book, El correo de los Narvales, is dedicated to the work of Pablo Neruda.
In 2006 David Huerta was awarded the prestigious Xavier Villaurrutia Prize for the new edition of Versión and for his lifelong contribution to Mexican literature. He is an active member of the Sistema Nacional de Creadores.”

Coral Bracho
Sy is in 1951 in Meksiko gebore en het tot op datum ses bundels poësie gepubliseer. Hier is twee kort gedigte van haar.
El canto del gallo
El canto del gallo
soltó su sol
a mitad del cuarto. Las llamaradas
entreabrían la cortina.
Die haan se lied
Die haan se lied
het sy son losgemaak
in die middel van die kamer. Die glans
het die gordyn half oopgewaai.
Bracho se poësie word deur sommige kritici as “hedendaagse neo-barok” beskryf. Die helder, eenvoudige, maar kragtige reëls laat mens amper na jou asem snak met die verrassende wending aan die einde.
“New World Poetics”
Op die webruimte “New World Poetics” is daar die volgende:
“The Neo Baroque does not comprise a group in the sense that the Generation of 98 or the Generation of 27 in Spain comprised a group; yet these poets have a family air, a congruous homogeneity in disparity. Their ages range from Gerardo Deniz, Rodolfo Hinostroza, Roberto Echavarren and myself being in our sixties, to a younger generation of poets in their forties and fifties, among whom I know and enjoy the work of the Mexicans David Huerta, and Coral Bracho.
Bracho writes about what goes on in the interstices and the subsoil, and not about actual political issues.”
Bracho se ander gedig onder bespreking, is ietwat langer.
Una avispa sobre el agua
La superficie del agua es tensa
para una avispa,
es un sendero múltiple fluyendo siempre
’n Perdeby op water
Die wateroppervlak is styfgespan
vir ’n perdeby,
dit is ’n netwerk paadjies, altyd vloeiend
soos die aanraking van die tyd
op die diep stilte
van ’n klein plekkie.
Kort is hierdie
drywende tydjie; kort
die malende entjie
met onophoudelike doolhowe,
onsekere maalpoele, vlamme,
en deursigtige
verwikkeldheid.
Deursigtige verwikkeldheid
Weer eens word mens getref deur die helderheid, die “deursigtigheid” soos dit in die gedig gestel word. Helder maar nie ooreenvoudig nie. In die paar reëls van hierdie gedig word daar heelwat gesê. Die perdeby kan op die water staan omdat die oppervlakspanning hoog genoeg is. Maar dit is ’n gedurig veranderende situasie, “’n netwerk paadjies, altyd vloeiend”. Die perdeby word ’n metafoor vir ons almal wat “net ’n kort tydjie” in die “deursigtige verwikkeldheid” van tyd en werklikheid lewe.
Die gedigte in hierdie essay is uit Spaans vertaal deur De Waal Venter
Die digter Coral Bracho
Bron: Poetry Translation Centre
“Coral Bracho was born in Mexico City in 1951. She has published six books of poems: Peces de piel fugaz [Fish of Fleeting Skin] (1977), El ser que va a morir [The Being that is Going to Die] (1981), Tierra de entraña ardiente [Earth of Burning Entrails] (in collaboration with the painter Irma Palacios, 1992), La voluntad del ámbar [The Will of Amber] (1998), Ese espacio, ese jardín [That Space, That Garden] (2003), and Cuarto de hotel (2007). Her poems were translated for the PTC’s 2005 World Poets’ Tour by Tom Boll and the poet Katherine Pierpoint.”
A selection from her first two collections was included in the definitive anthology of contemporary neo-baroque writing from Latin America, Medusario (1996), edited by Roberto Echavarren, José Koser and Jacobo Sefamí. Like many of the writers who operate in this line that runs from Luis de Góngora through José Lezama Lima, Bracho’s early poems marry verbal luxuriance with a keen intelligence and awareness of artistic process. Yet that artistic consciousness doesn’t lose sight of world. When she visited London in 2005 she described the way that her tour-de-force‘Agua de bordes lúbricos’ [Water of Jellyfish] operates: ‘It tries to get close to the movement of water’ with images that are ‘fleeting’; ‘you can’t grasp them, they are very fluid. What remains is that continuity of water.”

Dis ‘n mooi vertaling uit Engels wat jy gemaak het, Elza.
Dit word algemeen aanvaar dat daar verskillende vertalings van ‘n gedig kan wees en dat nie een van die weergawes noodwendig “verkeerd” moet wees nie.
In Huerta se gedig het McKendrick die Spaanse reëls vertaal as:
You shut the restless cube of the night
and a stream of shadow ramifies
Die oorspronklike Spaans:
Cierras el sonámbulo cubo de la noche
y un río de sombra se derrama.
“sonámbulo” se betekenis is nader aan “slapeloos” of “slaapwandelend”. Die “restless” is nogal baie vry vertaal, maar mens kan darem sien dat dit verlangs iets te doen het met “slapeloosheid”.
“cubo” kan vertaal word as kubus, maar dit het ook ‘n ander betekenis, naamlik “houer”, “emmer” of “bak”.
“derrama” is eerder “uitstort” of “oorloop” en nie eintlik “ramify” nie.
Ek sou die twee reëls soos volg vertaal het:
Jy maak die slapelose holte van die nag toe
en ’n rivier van skadu’s stort uit
Maar ek sê weer dat dit nie noodwendig ‘n beter vertaling is nie. Die leser besluit uiteindelik watter weergawe vir haar die bevredigendste is.
Interessante stuk oor Huerta deur De Waal Venter. Ek het nie Spaans nie maar het ‘n Engelse vertaling van gedig van ‘n hom deur Poetry Translation vertaal. Stuur dit as daar dalk belangstelling is. Elza
Vertaling van ‘n gedig deur die Meksikaanse digter David Huerta, oorspronklik vertaal deur Jamie McKendrick
Open and Shut
You open the blade of a flick knife
so it drips transparency.
You shut the restless cube of the night
and a stream of shadow ramifies
You open and shut the liquid diaphragm
of my heart – and at dawn I arrive
in the stately, tenfold
starlight of your hands.
@David Huerta
Oop en toe
Jy maak oop die lem van ‘n springmes
sodat dit deursigtigheid drup
Jy maak toe die rustelose kubus van die nag
en ‘n skaduweestroom vertak
Jy maak die diafragma van my hart
oop en toe – en met eerste lig arriveer ek
in die statige, tienvoudige sterlig
van jou hande.
Vertaal: E Lorenz
Baie dankie. 🙂 Dit is ongelooflik interessant en die gedigte is besonders.